NG Kerk Harmonie Gemeente Kimberley

NG Kerk Harmonie Gemeente Kimberley NG Gemeente in Kimberley

Sondag | 13 September 2026 | 09:00Prediker: Ds Estian MentzTeksgedeelte: Samuel - Bang, tog geroep...
11/09/2026

Sondag | 13 September 2026 | 09:00
Prediker: Ds Estian Mentz
Teksgedeelte: Samuel - Bang, tog geroep...

Bybelsondag 2026Die Bybelgenootskap hou elke jaar Bybelsondag, waartydens geld ingesamel word vir die verspreiding van B...
11/09/2026

Bybelsondag 2026

Die Bybelgenootskap hou elke jaar Bybelsondag, waartydens geld ingesamel word vir die verspreiding van Bybels. Ons neem elke jaar deel aan hierdie wonderlike inisiatief deur ’n muntlegging, ’n Bybelvasvra-kompetisie vir die kinders en ’n gemeentestap te hou.

Hierdie jaar het ons R2 285,90 se munte ingesamel, wat ons aan die Bybelgenootskap oorbetaal het.

Ons is baie opgewonde om deel te kan wees van die wonderlike werk waarmee hulle besig is om die Woord van God te versprei.

Harmonie Wynveiling 2026Die Wynveiling was ’n reuse sukses en ’n heerlike aand!Baie dankie aan Pick ’n Pay Rhodesdene vi...
10/09/2026

Harmonie Wynveiling 2026

Die Wynveiling was ’n reuse sukses en ’n heerlike aand!

Baie dankie aan Pick ’n Pay Rhodesdene vir die heerlike versnapperings, en aan Bella Cardi Wedding Venue vir die pragtige saal.

Baie dankie aan musikante van Kimberley Academy of Music (KAM) vir die wonderlike klassieke musiek tydens die funksie.

En laastens 'n groot dankie aan almal vir julle ondersteuning. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie!

Ons waardeer elkeen se bydrae en ondersteuning.

Blomplantdag 2026Ons Kinderkerk boodskap vir lente was: God voorsien. Ons kan nie ’n blommetjie laat groei nie; alles is...
10/09/2026

Blomplantdag 2026

Ons Kinderkerk boodskap vir lente was: God voorsien. Ons kan nie ’n blommetjie laat groei nie; alles is in Sy hande.

Ook so kan ons nie die reën keer nie. Die weer het veroorsaak dat ons kindertjies nie buite kon plant nie. Maar nietemin het dit hulle nie gekeer nie!

Ons kindertjies het dit vreeslik geniet om meer te leer oor die proses van hoe om ’n plantjie te plant, hoe om dit te versorg en wat die Here se rol is in die natuur.

Ilne Fourie  se optrede as die Verkleurvrou­tjie beloof om skreeusnaaks te wees – ’n oggend vol lag en lekker kuier wat ...
07/09/2026

Ilne Fourie se optrede as die Verkleurvrou­tjie beloof om skreeusnaaks te wees – ’n oggend vol lag en lekker kuier wat jy beslis nie wil misloop nie!

Moenie wag nie – bespreek jou kaartjie vandag en bring ’n vriendin saam!

Ons sien uit daarna om saam met julle te kuier!

📅 Saterdag, 12 September 2026
🕤 09h00 vir 09h30
📍 Bella Cardi, N12, Kimberley
🎟️R200 per persoon

Erediens opname | 6 September 2026
07/09/2026

Erediens opname | 6 September 2026

Prediker: Ds Christo JonckTema: Eli se roeping - stel God eerste i...

Psalm 23:6Net goedheid en troue liefde sal my volgal die dae van my lewe,en ek sal terugkeerna die huis van die Here,tot...
01/09/2026

Psalm 23:6
Net goedheid en troue liefde sal my volg
al die dae van my lewe,
en ek sal terugkeer
na die huis van die Here,
tot in lengte van dae.

01/09/2026

🌸 ’n Oggend-vol-Kleur met Ilne Fourie🌸

Kom geniet ’n heerlike oggend saam met ons by Bella Cardi, met ’n besondere gas wat stories en vermaak op ’n unieke manier kombineer.

Ons is bevoorreg om ’n bekende draaiboekskrywer en aktrise, bekend vir Faksie op RSG, as ons spesiale gas te verwelkom.

📅 Saterdag, 12 September 2026
🕤 09:30
📍 Bella Cardi, N12, Kimberley
🎟️R200 per persoon

Mans én dames is hartlik welkom om hierdie besondere oggend saam met ons te geniet. Verversings is ingesluit.

Bespreek jou plek by Bianca: 060 940 2533.

Moenie hierdie kleurvolle oggend misloop nie, ons sien uit om saam met julle te kuier!

Erediens opname | 30 Augustus 2026
31/08/2026

Erediens opname | 30 Augustus 2026

Prediker: Ds Christo JonckTema: Gideon se roepingsverhaal - een da...

Sondag | 30 Augustus 2026 | 09:00Prediker: Ds Christo JonckTeksgedeelte: Gideon - 'n dapper twyfelaarMuntlegging - ontho...
29/08/2026

Sondag | 30 Augustus 2026 | 09:00
Prediker: Ds Christo Jonck
Teksgedeelte: Gideon - 'n dapper twyfelaar

Muntlegging - onthou om kleingeld saam te bring vir ons muntlegging tydens die diens.

Bybelvasvra-kompetisie - Gr1-11 neem deel aan die vasvra tydens die erediens.

Bybelstap - Onthou om jou tekkies aan te trek, ons stap Sondag as gemeente om die kerk.

Address

30 Kekewich Drive
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 08:00 - 10:00

Telephone

+27538327722

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Harmonie Gemeente Kimberley posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share