Simondium Familiekerk

Simondium Familiekerk Simondium Familiekerk is ‘n klein, groeiende geloofsgemeenskap wat as gesinskerk funksioneer met fokus op eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid.

“Wat ons as Simondium Familiekerk laat aanhou betrokke bly by Huis Andrew Murray, is die geleentheid om op ’n betekenisv...
09/08/2026

“Wat ons as Simondium Familiekerk laat aanhou betrokke bly by Huis Andrew Murray, is die geleentheid om op ’n betekenisvolle en langtermyn manier deel van kinders se lewens te wees,” vertel Nadia Muller aan Mariëtte Odendaal.

Dankie vir die storie Kaapkerk!

Lees verder👇🏻

“Wat ons as Simondium Familiekerk laat aanhou betrokke bly, is die geleentheid om op ’n betekenisvolle en langtermyn manier deel van kinders se lewens te wees,” vertel ds. Nadia Muller. Ons hoor dikwels uitdrukkings soos “It takes a village to raise a child” of “Umntu ngumntu ngabantu”...

Die koue bring sy eie mooi!
09/08/2026

Die koue bring sy eie mooi!

In more se VrydagNuus van Kaapkerk is daar ’n baie mooi artikel, “Hoe Simondium Familiekerk by ’n kinderhuis familie gew...
05/08/2026

In more se VrydagNuus van Kaapkerk is daar ’n baie mooi artikel, “Hoe Simondium Familiekerk by ’n kinderhuis familie geword het.”

“Ons hoor dikwels uitdrukkings soos “It takes a village to raise a child” of “Umntu ngumntu ngabantu” (’n mens is ’n mens deur ander mense); gesegdes wat die belangrikheid van ’n kind se vormingsjare beklemtoon en die onontbeerlike rol wat ons as volwassenes daarin speel. Maar hoe gemaak as ’n kind se menswees en selfwaarde sonder hierdie ouerleiding moet ontwikkel? Wie versorg, beskerm en is die kompas vir hulle in hierdie jarelange proses wat van soveel kardinale belang is? Daarom is dit van onskatbare waarde as gemeentes soos Simondium Familiekerk by kinderhuise soos Huis Andrew Murray (HAM) betrokke raak.”, skryf Mariëtte Odendaal.

Indien jy nog nie die VrydagNuus ontvang nie, teken hier in vóór more!
https://kaapkerk.co.za/kry-die-VrydagNuus-elke-week

👭SONDAG SE KINDERDIENS🤩PREDIKER: Nadia MullerTEMA: Vol van ChristusLaasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral w...
11/04/2026

👭SONDAG SE KINDERDIENS🤩

PREDIKER: Nadia Muller
TEMA: Vol van Christus

Laasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral was daar leë paaseiers – en soms voel ons self ook ’n bietjie leeg. Maar Jesus leef, en ons is gevul met sy volheid.
Wat beteken dit? Hoe lyk ons lewens dan? En hoe kyk ons nou na ander?

Efesiërs leer ons dat Christus alles in almal vervul. Maar as dit waar is … hoe verander dit die manier waarop ons leef?

Kom ontdek dit Sondag saam tydens die kinderdiens – ons gaan saam speel, ontdek en leer. Daar mag selfs ’n verrassing wees vir al die skoolgaande kinders.



OMGEE MAMMA OF PAPPA (HAM)

Huis Andrew Murray (HAM) is ’n kinderhuis in Wellington wat sorg en opvoeding bied aan 155 behoeftige kinders in die Boland. Simondium Familiekerk ondersteun 13 seuns in Huis Lourier, tussen die ouderdomme van 6–16 jaar. Ons help met sakgeld, verjaarsdae, uitstappies en nuwe klere twee keer per jaar (winter en somer/Kersboks).

Die Omgee-mamma- en -pappa-program is ’n inisiatief waar ons vir hierdie kinders individuele aandag, tyd en liefde gee. Ons gaan kuier, hou verjaarsdagpartytjies, help met klere-inkopies en deel saam in spesiale geleenthede soos die Omgee-oggend in Maart.

Kontak gerus vir Lizél (+27834426746) indien jy betrokke wil raak.



HUISGELOOF

Onthou dat ons nou, in plaas van kategese, Huisgeloof met ons kinders doen. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir ouers en kinders om saam nader aan God en mekaar te groei. Maak asseblief erns hiermee.

Daar is steeds kinderdienste, en ons wil ouers aanmoedig om seker te maak dat hul kinders dit bywoon. Daar is ook gereelde kontaksessies (kuiers met geloofsinhoud) vir hoërskooljeug.

Die gemeente en ouers dra ’n gedeelde verantwoordelikheid vir die geestelike vorming van ons kinders – kom ons eer hierdie vennootskap.



OESFEES

Hierdie week is die laaste kans om te bespreek vir ons Oesfees. Ons moet teen Donderdag 13:00 finale getalle hê asb.

Onthou asseblief om vir Maryna ’n WhatsApp te stuur wanneer jy ’n betaling gemaak het. Dit is die enigste manier waarop ons kan weet hoeveel en watter kaartjies jy gekoop het.

Erediens: 09:00 (koffie vooraf vir dié wat vroeg kom)
Ete: vanaf 11:15

Volwassenes: R180 per persoon
Kinders: R70 per kind (onder 13)

Besprekings by Maryna by die kerkkantoor: 062 089 2022 / [email protected]



VERJAARSDAE

13 Apr. – Jack Veldsman
15 Apr. – Anne-Marie du Toit; Daniël Coetzee; Adriaan Pretorius; Muller Ritchie; Warrick Ritchie; Maresa Willers
17 Apr. – Ria Human

Baie geluk aan almal wat hierdie week verjaar. Indien jou naam nie op die lys verskyn nie of foutief is, kontak asseblief die kerkkantoor.

09/04/2026

Kom kuier saam op Sondag, 19 April, by die Bergrivier Oord.

Erediens: 09:00 (koffie vooraf vir dié wat vroeg kom)
Ete: vanaf 11:15

Broodtafel, Vrugte, Skaapboude , Hoenderpastei, Soet Patats, Braai Aartappels, Brokkoli en kool met kaassous ,Gegeurde rys, Brownies, Ouma Rooi Koeksisters

Volwassenes: R180 per persoon
Kinders: R70 per kind

Besprekings by Maryna by die kerkkantoor:
062 089 2022 / [email protected]

Dit is amper Paasnaweek!Die tema wat ons in 2026 aanpak is ANGS - nie om dit weg te verduidelik nie, maar om dit reg in ...
31/03/2026

Dit is amper Paasnaweek!

Die tema wat ons in 2026 aanpak is ANGS - nie om dit weg te verduidelik nie, maar om dit reg in die oë te kyk. Ons sit met ons eie angstigheid. Ons sit ook met dié van Jesus, op pad na Golgota. Dan is daar ook die huilendes om Jesus.

Die naweek ontvou só:

Donderdag 18:00 - Meditatiewe Laastemaal
Vrydag 09:00 - Goeie Vrydag diens (Nagmaal)
Sondag 09:00 - Opstandingsdiens

As benoudheid, hartseer of kommer tans 'n gewig op jou skouers is - hierdie naweek bied jou 'n veilige plek om dit neer te sit. Nie om antwoorde te kry nie, maar om dit te mag voel waar jy nie alleen is nie.

22/03/2026

Ons hoef nie angstig vas te klou aan ons status by God nie, want ons is Sy kosbaarste besitting. Ons is die "erfporsie" van die Skepper van die heelal.

Die opname, opsomming en dieper-delf vrae van vanoggend se diens:

Klein Zian Möller is vandag gedoop. Dit is die seël dat die Heilige Gees, hom ‘n kind van God die Vader laat wees.
22/03/2026

Klein Zian Möller is vandag gedoop. Dit is die seël dat die Heilige Gees, hom ‘n kind van God die Vader laat wees.

Ons jaarlikse OESFEES is om die draai - en dit is een van die hoogtepunte elke jaar!Kom kuier saam op Sondag, 19 April, ...
21/03/2026

Ons jaarlikse OESFEES is om die draai - en dit is een van die hoogtepunte elke jaar!

Kom kuier saam op Sondag, 19 April, by die Bergriver Resort.

Erediens: 09:00 (koffie vooraf vir dié wat lekker vroeg kom)
Ete: vanaf 11:15

Broodtafel, Vrugte, Skaapboude , Hoenderpastei, Soet Patats, Braai Aartappels, Brokkoli en kool met kaassous ,Gegeurde rys, Brownies, Koeksisters

Volwassenes: R180 per persoon
Kinders: R70 per kind (hot dog, koeldrank en lekkergoedpakkie)

Besprekings by Maryna by die kerkkantoor:
062 089 2022 of [email protected]

Jy weet jy wil dit nie mis nie.

15/03/2026

Die hoop waartoe ons geroep word, is nie iets wat ons iewers buite onsself moet gaan soek nie. Dit is die besef dat die koninkryk van God reeds hier is en dat daardie "stukkie hemel" in elkeen van ons leef. Wanneer die oë van ons harte verlig is, sien ons nie net ’n verre droom nie, maar ’n lewende werklikheid. Ons uitdaging is om hierdie hoop in ons harte te koester en die wêreld met verligte harte aan te pak. Hoop is die lens waardeur ons die lewe anders begin sien - nie as ’n wagkamer vir die dood nie, maar as ’n aktiewe deelname aan God se nuwe skepping.

Address

R45
Franschhoek
7670

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Simondium Familiekerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Simondium Familiekerk:

Shortcuts

Share

Category