11/09/2026
Hier waar ons so al hoe nader aan die einde van die jaar kruip en waar ons lewens ook maar besig is, dan kan ons baie vinnig oorweldig en uitgeput voel. Hierdie Sondag 09:00 kyk ons as gemeente saam na Jesus se uitnodiging in Matteus 11 : 28 – 30 “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is”. So as jy moedeloos is, het jy hierdie troos ook nodig.
Ons het ook weer Kleuterkerk vir al ons "Lidmaatjies" en die katkisasie is met les 19 besig. Onthou ook van ons Lofprysingsdiens Sondagmiddag 15:00 waar ons die Here gaan prys en ook gaan luister Lanie en na die Alberton Mannekoor! 😊
Baie sterkte met die res van jou naweek en mag die Here jou ryklik seën