28/05/2020
***NB***
Ons hou aan bid en vertrou God in hierdie tyd...
Woord en Lewe Boksburg Kampus - 28 Mei 2020
In lig van President Cyril Ramaphosa se aankondiging vroeȅr die week rakende “kerk is essensieel”, kan ons solank die volgende inligting aan julle deurgee:
By alle byeenkomste (maksimum 50 persone) sal Covid-19 regulasies toegepas word:
“Social distancing” 1,5m
Gesig maskers
Sanitasie
Persoonlike temperatuur kontrolering
Register beheer
Sondagdienste vanaf die 7de Junie:
So graag as wat ons weer dienste wil hervat is dit ongelukkig nie tans sinvol en veilig om dadelik weer te begin nie. Die beperking van 50 persone maak dit ongelukkig nie vir ons moontlik om nou al normaal te kan funksioneer nie.
Die volgende essensiele bedieninge kan wel voortgaan:
Pastorale Versorging - https://bit.ly/wnlpastor
CONNECT-groepe - https://bit.ly/wnlconnectme
Berading - https://bit.ly/wnlcounselling
Oggend Bidure:
Maandae tot Vrydae 6:00 - 6:30 (in die onderste saal asook aanlyn).
Vanaf Sondag 7 Junie sal maksimum 50 persone (insluitend die orkes, produksiespan en skoonmakers) saamkom om te bid in die onderste saal tussen 7:00 - 8:00 en dit sal ook uitgesaai word op Google Meet. https://bit.ly/wnlpray23
Feed-a-Family projek - https://bit.ly/wnlgive
REACH - https://bit.ly/wnlreach
Begrafnisse (maksimum 50 persone) - https://bit.ly/wnlpastor
Nasionale Dag van Gebed 31 Mei 2020:
Hierdie Sondag is uitgesit as ‘n nasionale dag van gebed. Dit gee ons hoop om te weet dat ons land se mense steeds gebed belangrik ag. Ons nooi jou uit om Sondagoggend tussen 7:30 en 8:30 tydens ons aanlyn biduur saam te bid vir ons land.
Google Meet Link: https://bit.ly/wnlpray23.
Jy kan ook saam luister op ons aanlyn radio stasie: https://bit.ly/wnlradio.
Ons hoop dat julle die inligting goed ontvang en ons is dankbaar vir jou aanhoudende ondersteuning. Indien jy enige verdere inligting benodig kan jy die kerk kantoor skakel op 011 913 4567 of gaan na www.woordenlewe.com
Christelike groete,
Pastoor Ronnie Barnard en die Woord en Lewe-span.