NG Gemeente Fichardtpark

NG Gemeente Fichardtpark God roep die NG Gemeente Fichardtpark om, onder leiding van die Heilige Gees, 'n verskil in alle mense se lewens te maak.

Stoepstories was ń lekker-lag, heerlik-eet, saamkuier geleentheid. Die kuns van storievertel het herleef vir ń paar ure ...
31/05/2026

Stoepstories was ń lekker-lag, heerlik-eet, saamkuier geleentheid. Die kuns van storievertel het herleef vir ń paar ure in die kerksaal en gesorg vir vermaak uit die boonste rakke. Dankie aan die bobaas storievertellers wat die koue verdryf het met hul kwinkslae, die organiseerders en komitee met die skep van ń warm atmosfeer en aandag aan elke detail, en die Vrouediens en helpers vir die smaaklike ete. ń Voortreflike geleentheid,voorwaar!

22/05/2026
Paassondag en Pinkstersondag omvat die oudste en belangrikste seisoen in die kerkjaar. Daar is oorspronklik na die hele ...
17/05/2026

Paassondag en Pinkstersondag omvat die oudste en belangrikste seisoen in die kerkjaar. Daar is oorspronklik na die hele seisoen, eerder as net die laaste dag, as Pinkster verwys. Die woord vir Pinkster in Engels, Pentecost, is afkomstig van die Griekse woord pentekoste wat “vyftigste” beteken, en na dié seisoen verwys.

Op Pinkstersondag vier die kerk die uitstorting van die Heilige Gees ná Christus se hemelvaart. Die Heilige Gees het in die vorm van vuurtonge, en die gawe om in tale te praat, oor die dissipels gekom.
Dankie aan die Rut Vrouediensgroep wat die simboliek en boodskap van Pinkster week só treffend uitbeeld.

Sien die program vir Pinkster week tot Donderdag en Pinksterfees Sondag.

Hemelvaart Die betekenis en belangrikheid van die Hemelvaart kan nie vir gelowiges onderskat word nie. Hemelvaartsdag ve...
16/05/2026

Hemelvaart
Die betekenis en belangrikheid van die Hemelvaart kan nie vir gelowiges onderskat word nie. Hemelvaartsdag verwys na die viering van Jesus se hemelvaart aan die einde van sy lewe op aarde. Op Hemelvaart is Jesus hemel toe om sy plek aan die regterhand van God in te neem. Hierdie viering is een van die hooffeeste in die Christelike kerkjaar.

Dankie aan die Rut Vroudiensgroep vir die besonderse uitbeelding om ons daaraan te herinner.

Geseënde Moedersdag.🍂🍁 Die Maria Vrouediens werkgroep het die kerk en voorportaal in herfskleure getooi om die passie,wa...
10/05/2026

Geseënde Moedersdag.🍂🍁 Die Maria Vrouediens werkgroep het die kerk en voorportaal in herfskleure getooi om die passie,warmte,beskerming en liefde van die moeders in ons gemeente te uit te beeld.
Teologiese student, Sarahné Dreyer, het ń boodskap uit Joh.9:1-9 gebring wat ons herinner aan Jesus wat die blinde man se oë genees het,waarna hy in die Siloam bad gewas het. Siloam beteken: " een wat gestuur is". Die man het anders gekyk en anders gelyk ná die genesing. Ons as Christene moet ook anders " kyk en lyk", want ons is ook genees deur die doop.

Heerlike Herfsmark - kom geniet pannekoek,worsbroodjies en koop sommer ietsie oulik vir Moedersdag🍁🍂🧤🧣🎈ook Wit Olifant t...
08/05/2026

Heerlike Herfsmark - kom geniet pannekoek,worsbroodjies en koop sommer ietsie oulik vir Moedersdag🍁🍂🧤🧣🎈ook Wit Olifant tafel en hope "pre-loved" klere!

📌Moet dit nie misloop nie, ons eie “StoepStories” in Bloemfontein.
04/05/2026

📌Moet dit nie misloop nie, ons eie “StoepStories” in Bloemfontein.

Gemeentebraai 25 JanuarieTerwyl die opknappings aan die braai area by die saal in wording was, het ons ń lekker braai by...
07/02/2026

Gemeentebraai 25 Januarie
Terwyl die opknappings aan die braai area by die saal in wording was, het ons ń lekker braai by die Kanselkoffie kuier area gehou. Die uitdrukking: "Nou gaan ons braai" 😁was beslis waar, ons het gebraai 🥩en gebraai in die hitte🌞🥵want geen verskoning is goed genoeg vir ń gesellige saam kuier en braai nie!
Afgesluit met ń koel lafenis🍦🍧alte lekker om só saam te kuier!

Address

Altonasingel 16 , Fichardtpark
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Fichardtpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Fichardtpark:

Share