29/08/2026
🌿 KICK Ontwikkel – Suid-Kaap 🌿
Wat ’n heerlike dag het ons vandag in die Suid-Kaap beleef! ❤️
Dit was ’n voorreg om saam met die gemeentes in die Suid-Kaap-area te kon wees en hulle toe te rus met die nodige materiaal, hulpmiddels en praktiese kennis om ’n sukses van hul kinderbediening te maak.
Baie dankie aan elkeen wat die moeite gedoen het om daar te wees. 🙏 Ons het ’n wonderlike groepie gehad en elke oomblik saam met julle geniet! Dit is altyd besonders om mense te ontmoet wat met soveel liefde en passie in kinders se lewens belê.
Mag die Here elke gemeente, elke kinderwerker en elke kind wat deur julle bediening bereik word, ryklik seën en gebruik tot uitbreiding van Sy Koninkryk. 💛
Ons sien uit na alles wat die Here deur julle gaan doen! 🌱✨
KICK Suid-Kaap – toegerus om ’n verskil te maak! ❤️