Sonstraal Gemeente

Sonstraal Gemeente Sonstraalgemeente is ‘n gemeente binne die kerkverband van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.

Sonstraal erediens  │ 13 September 2026 │ 09:00  │ Ds. Mia Oliver
13/09/2026

Sonstraal erediens │ 13 September 2026 │ 09:00 │ Ds. Mia Oliver

Gebede uit die Bybel – Die Priesterlike SeënDie Here se Seën📖 Numeri 6:24-26Die Here se seën is nie net mooi woorde nie....
10/09/2026

Gebede uit die Bybel – Die Priesterlike Seën
Die Here se Seën
📖 Numeri 6:24-26

Die Here se seën is nie net mooi woorde nie. Dit is Sy belofte.

✅ Hy beskerm jou.
✅ Hy is genadig met jou.
✅ Hy hoor jou gebede.
✅ Hy gee jou vrede.

Vandag mag jy weet: God is by jou, voor jou en rondom jou.
🙏 'Die Here sal julle seën en julle beskerm.'

🌸👟 LENTESTAP – WEL GEDOEN! 👟🌸Wat ’n heerlike oggend! Ons Lentestap is verby, en dit was wonderlik om soveel mense die 5 ...
10/09/2026

🌸👟 LENTESTAP – WEL GEDOEN! 👟🌸

Wat ’n heerlike oggend! Ons Lentestap is verby, en dit was wonderlik om soveel mense die 5 km saam te sien aanpak - hardloop, stap, gesels, lag en sommer net die mooi oggend geniet. 💛

Aan elkeen wat deelgeneem het: WEL GEDOEN! 🥳

’n Groot dankie aan ons organiseringspan en almal wat agter die skerms gewerk het om seker te maak alles verloop vlot. Julle moeite en harde werk word raakgesien en waardeer. 🙌

En dan ’n spesiale dankie aan ons marshalls! 🚦👏 Julle het op elke draai en hoek gestaan en gesorg dat niemand verdwaal nie en almal geweet het waarheen om te gaan. Julle was goud werd!

Nou is dit tyd om terug te kyk, die foto’s te geniet 📸 en natuurlik te sien wie het die 5 km eerste die verskillende kategorieë voltooi het! 😉

👇 Hier is die resultate van die Lentestap asook 'n paar fotos:

Wel gedaan, Sonstraal! 🌸💛

10/09/2026

Sonstraalminuut, 30 Augustus:
God se liefde vir jou is nie iets wat net om jou gebeur nie — dit is iets wat met jou gebeur.
In Genesis 17 herinner God vir Abraham: “Ek is die Almagtige God.”
Hy belowe: Ek sal vir jou ’n God wees.
Sy liefde en trou is nie iets om goedkoop te maak of as vanselfsprekend te aanvaar nie. Dit vra van ons om daarop te reageer en saam met Hom te leef.
Leef jy vandag vanuit die wete: God is jóú God?

Kom sluit aan by een van Sonstraal se Waagmoedige Gesprekke oor relevante en kwellende vrae in ons samelewing.Tema: Hoe ...
09/09/2026

Kom sluit aan by een van Sonstraal se Waagmoedige Gesprekke oor relevante en kwellende vrae in ons samelewing.

Tema: Hoe lank moet ons nog oor ons Apartheidsverlede praat?

Paneel/Sprekers: Lindie Koorts, Ds Riaan de Villiers, Quinton Adams
Datum: Donderdag, 17 September 2026 om 18:30
Plek: Kerk
Koste: Gratis
RSVP: Teen 15 September by die Kerkkantoor 021 - 976 1236 / [email protected]

By braaivleisvure en werksplekke vra ons dikwels: "Hoe lank moet ons nog boete doen vir ons verlede? Kan ons nie nou vir eens en vir altyd die verlede agter ons sit en vorentoe beweeg nie? Hoekom moet Apartheid alewig in ons gesig gegooi word? Ons is moeg om te hoor dit is Apartheid se skuld!” Hoe d**k en praat ons as Christene oor hierdie gelaaide stellings en opmerkings? Ons drie paneellede gaan elk ’n kort inset lewer waarna ons die gesprek gaan oopmaak vir vrae en reaksie. Ons glo dat die gesprek ons met ’n beter begrip vir mekaar sal laat.

Somer eredienstye - ons begin weer 09:00. -
04/09/2026

Somer eredienstye - ons begin weer 09:00. -

Kopiereg © 2026 Sonstraalgemeente/ Regte voorbehouJy ontvang hierdie nuusbrief omdat jy 'n lidmaat van Sonstraalgemeente is, of omdat jy self daarvoor geregistreer het. Jy kan jou registrasie hieronder verander.Ons adres is: Hoek van Hebron- en Tulipstraat, Amanda Glen, Durbanville, 7550Telefoonnom...

Address

Tulip Street
Durbanville
7550

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27219761236

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sonstraal Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share