17/03/2026
Ons is bevoorreg om hierdie Sondagoggend 22 Maart 09:30 vir IVOR SWARTZ by ons te hê. Ivor is 'n familie-man, prediker, skrywer en vele ander. Die belangrikste is egter dat hy 'n kind van God is wat die Evangelie met baie erns verkondig.
Kom draai Sondagoggend by Vredelust Churchadventure, hierdie een gaan uiters spesiaal wees!
Mag Christus vanjaar ons lewens verander om al meer soos Hy te lyk, sodat ons kan uitgaan en ook ander se lewens en gemeenskappe kan help verander. Maak vas jou sitplekgordel!