10/06/2026
[ Goeiedag almal ]
Ons tweelingseuns is 16 jaar oud en wil graag die Julie-skoolvakansie produktief benut.
Hulle is tans in 'n vaardigheidskool waar Marno sweiswerk studeer terwyl Mornรฉ hom in instandhouding bekwaam.
Mornรฉ se droom is om eendag as 'n dieselwerktuigkundige te kwalifiseer.
Die seuns is gretig om te leer en bereid om enige werkgeleentheid aan te pak โ groot of klein.
Hulle is hardwerkend, betroubaar en nie bang om hul hande vuil te maak nie.
Hulle het ook 'n groot liefde vir diere.
Ons huis voel soms soos 'n klein dieretuin, daarom sal hulle ook graag help met troeteldieroppas, die versorging van diere, of enige soortgelyke werk.
Indien iemand weet van 'n geleentheid waar hierdie jong manne gedurende die vakansie ervaring kan opdoen of 'n ekstra hand kan wees, sal ons dit opreg waardeer.
Hulle word in 'n Christelike huis groot en beskik oor goeie waardes, respek en 'n positiewe werksetiek.
๐ฑ WhatsApp my gerus indien daar enige geleenthede beskikbaar is:
076 153 4146
Vriendelike groete
Arnel