Vredelust Emosionele Groei & Genesing

Vredelust Emosionele Groei & Genesing Struggling with emotional baggage ?

We will support you with Growth & Healing for everyday problems, Divorce, Death of loved ones & help for children with problems

Vredelust Vriende het hierdie week die laaste sessie van ons UnshakABLE reeks voltooi.Wat ‘n voorreg om so as vriende di...
09/05/2026

Vredelust Vriende het hierdie week die laaste sessie van ons UnshakABLE reeks voltooi.

Wat ‘n voorreg om so as vriende die beloftes van God te kan hoor en te kan uitleef.

Mag ons elke dag onthou wie ons in God is:

- Ek is ‘n kind van God
- Ek is geseënd
- Ek is begaafd

En nog soveel meer!

Ons het Dinsdagaand 23 Maart ons reeks UnshakABLE afgesluit met ‘n heerlike feesmaal.Ons sê vir elke persoon wat hierdie...
30/03/2026

Ons het Dinsdagaand 23 Maart ons reeks UnshakABLE afgesluit met ‘n heerlike feesmaal.

Ons sê vir elke persoon wat hierdie kurses bygewoon het baie dankie. Dit was ‘n vreugde om julle oor hierdie 4 weke te leer ken.

Mag julle emosionele tuine blom en vrug dra. En mag julle altyd weet God is vir jou en nie teen jou nie. Jy is gekies. Jy is geliefd. Jy is genoeg. Jy is geseënd. Jy is genees. Jy is beskermd. Jy is vergewe. Jy is UnshakABLE!

Laasweek Dinsdag het ons heerlik gesels oor hoe ons ons emosionele tuin kan herbeplan.Dit behels dat ons wysheid en kenn...
23/03/2026

Laasweek Dinsdag het ons heerlik gesels oor hoe ons ons emosionele tuin kan herbeplan.

Dit behels dat ons wysheid en kennis verkry, dat ons positief ingestel sal wees, dat ons grense stel en dat ons gehoorsaam is aan God se stem. Onthou - jy is sterker deur die krag van God!

Môreaand sluit ons hierdie reeks af met ‘n heerlike fees! Ons kan nie wag om julle te sien nie.

Kan julle glo ons is al halfpad deur hierdie seisoen van UnshakABLE?! Die leuens wat die vyand vertel kan soos onkruid g...
16/03/2026

Kan julle glo ons is al halfpad deur hierdie seisoen van UnshakABLE?!

Die leuens wat die vyand vertel kan soos onkruid groei in jou emosionele tuin. En soos ‘n tuinier moet ons gereeld die onkruid uit ons tuine haal. Maar God gee ons die krag om dit te kan doen en hy gee vir ons Sy waarheid in die Woord waarvolgens ons die leuens kan identifiseer en kan wegwerk.

Ons sien uit om jou môreaand te sien vir Deel 3. Almal is welkom!

"God wants you to KNOW today that you have the AUTHORITY to change the way you THINK" - Louie GiglioJy kan die manier wa...
07/03/2026

"God wants you to KNOW today that you have the AUTHORITY to change the way you THINK" - Louie Giglio

Jy kan die manier waarop jy d**k verander. Die duiwel mag dalk onkruid saai, maar dieselfde God wat uit die dood opgestaan het, leef in jou. En daarom het jy die krag om jou gedagtes te verander - deur Hom. Jy kan en jy mag!

Ons het Dinsdagaand heerlik bymekaar gekom en gejourney oor hoe ons emosionele tuine lyk en hoe ons graag wil hê dit moet lyk.

Komende Dinsdagaand gaan ons bietjie kyk na watse onkruid in ons tuin groei belemmer. Jy wil dit nie misloop nie.

Jy is die tuinier van jou eie denke
Dinsdagaand 10 Maart 2026
18:30 - 19:30
Vredelust Gemeente

Vir meer inligting - kontak gerus vir Diedre: 073 545 5821

Is julle reg vir komende Dinsdagaand?Hierdie rondte se UNShakeable wil jou help om jou denke reg te bestuur. Het jy gewe...
27/02/2026

Is julle reg vir komende Dinsdagaand?

Hierdie rondte se UNShakeable wil jou help om jou denke reg te bestuur. Het jy geweet, jou gedagtes is LEWENSVERANDEREND, en daarom is dit noodsaaklik dat ons reg d**k oor wat ons d**k.

Sluit aan by hierdie GRATIS 4 weke, elke Dinsdag 18:30 - 19:00 en leer om beheer oor jou denke te neem.

UNShakeable in Maart

24/02/2026

Is jy reg om die tuin in jou gedagtes ‘n slag reg te ruk en mooi te maak?

Kom kuier saam 3 Maart om 18:30 by Vredelust Gemeente. Ons sien uit om jou daar te hê

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan s...
10/02/2026

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”
‭‭ROMEINE‬ ‭12‬:‭2‬ ‭AFR83‬‬

Negatiewe gedagtes het so groot invloed op hoe ons voel en hoe ons optree. En voor mens weet, voel jy sommer “down in the dumps” oor alles en almal.

Die Bybel sê vir ons dat God ons kan verander deur ons denke te verander en ons moet ons fokus op Hom hou.

Daarom is ons baie opgewonde oor ons nuwe reeks wat 3 Maart 2026 afskop: “Jy is die Tuinier van jou Eie Denke”. Ons gaan heerlik op reis deur ons denke gaan soos ‘n wafferse tuinier wat onkruid gaan uittrek en sommer ‘n hele nuwe tuin gaan skep.

So haal jou tuingereedskap uit en kom sluit by ons aan. Bywoning is gratis.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Diedre Mans: 073 545 5821

Week 4 van Unshake-ABLEOns het laas Dinsdagaand heerlik saam gekuier om 4 wonderlike weke af te sluit. Ons het vinnig te...
10/11/2025

Week 4 van Unshake-ABLE

Ons het laas Dinsdagaand heerlik saam gekuier om 4 wonderlike weke af te sluit. Ons het vinnig terug gekyk na al die onderwerpe waaroor ons die laaste 4 weke gesels het en toe het ons gepraat oor hoe die onverwagse oor ons pad kom en watse “tools” daar vir ons beskikbaar is. Hetsy dit:

1. Iemand is wat vir jou kan intree voor God deur gebed, wanneer jy self dalk nie kan nie
2. Huiskerke
3. Self-Care
4. Pastorale versorging - vir meer inligting kontak gerus vir Diedre Mans

Ons het afgesluit met die lirieke: “Lean on me, when you’re not strong. I’ll be your friend. I’ll help you carry on”

Steun op die mense rondom jou wanneer jy dit nodig het. En weet - JY is kosbaar vir God! JY is gemaak na Sy beeld. Jy is ‘n fighter. En jy is UNSHAKABLE!

Ons sien uit na 2026 en alles wat die Here vir ons inhou - en ons hoop om jou storie te hoor en te sien hoe God jou ook vir sy glorie gaan gebruik!

30/10/2025

Week 3 van Unshake-ABLE

Ons het gesels oor veerkragtigheid. Resilience. Hoe kan ons veerkragtig word wanneer die storms van die lewe woed?

1. Aanvaar en pas aan by jou realiteit
2. Fokus op die einddoel
3. Vind bondgenote wat jou kan help en bystaan in die stryd
4. Skep hoop in jou omstandighede

En moenie opgee op jouself nie. God kan jou storie gebruik om ander te help! Jy raak ‘n instrument in Sy hande.

Laastens - kry jou “MUCHNESS” terug deur goed te doen wat jou weer krag gee, inspireer en jou koppie vol maak. Gaan stap langs die strand, sit in jou tuin, braai ‘n skaap-tjoppie of lees ‘n lekker boek.

God het jou gemaak vir meer. Jy is UNSHAKABLE!

24/10/2025

WEEK 2 Unshake-ABLE
Hoe sien jy jouself?
Ons het ontdek hoe GOD ons sien.

Address

13th Avenue, Boston
Bellville
7535

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vredelust Emosionele Groei & Genesing posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Vredelust Emosionele Groei & Genesing:

Share