03/09/2026
/// HIERDIE NAWEEK NUWE LEWE ///
Ons is reg vir βn naweek vol **GELOOF, PRET, GEMEENSKAP & βn HELE Klomp ENERGIE!** π
π **VRYDAG 4 SEPTEMBER β JEUGAAND**
Ons begin die naweek met βn spesiale jeugaand by die kerk! π₯³
π AGS Nuwe Lewe
β° 18:00 vir 18:30
En danβ¦ maak jou reg vir **SATERDAG 5 SEPTEMBER!** ππΆββοΈπΆββοΈ
π **FUNKY DRESS LENTELOOP DEUR DIE WINGERDE!** π
Trek jou snaaksste, kleurvolste en mees funky outfit aan en kom stap saam!
π¨βπ©βπ§βπ¦ **Jonk en oud β ALMAL is welkom!**
Bring jou familie, vriende en sommer almal wat jy ken. Dit gaan βn lekker dag van lag, kuier, beweging en gemeenskap wees! β€οΈ
Mustard Brew Koffie Kar sal ook daar wees!ββ
βͺ **SONDAG 6 SEPTEMBER β βN BAIE SPESIALE DAG!**
π
**OGGENDDIENS:** Hansen Preuss
@ AGS Nuwe Lewe Worcester
Kom luister na βn kragtige boodskap en beleef saam met ons wat God hierdie IGNITE-naweek wil doen!
π **AANDDIENS:** Michele Potgieter
@ AGS Nuwe Lewe Worcester
Michele kom haar **kragtige getuienis** deel van haar tyd as sendeling in die **oorloggeteisterde OekraΓ―ne**. πΊπ¦β€οΈ
βn Aand van geloof, moed en God se getrouheid te midde van ongelooflike omstandighede.
π₯ **Moenie net hoor van IGNITE nie β KOM IGNITE SAAM MET ONS!** π₯
Bring jou familie. Bring jou vriende. Bring iemand wat nog nooit by ons was nie.
**Jonk en oud β daar is plek vir JOU!**
Ons sien uit om hierdie onbeskryflike naweek **SAAM** te beleef! πβ€οΈ