20/08/2026
In jou is die oorwinning, ontsluit dit deur geloof
Psa 23:1 ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
Dawid het geweet Hy is deel van God. Hy het deur die geloof, God sy eiendom gemaak. Hy het nie gewonder, en was nie onseker, hy was seker. Daar het ń dag in sy lewe aangebreek wat Hy seker gemaak het, hy is kind van God. Hy het geleef uit die volheid van die Here, en kon met gesag skryf, die Here is my herder.
Isa 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Hy het sy saak met die Here uitgemaak en daarom kan Hy die pad van geregtigheid stap, en seker wees. Sy lewe aan die Here oorgegee, het Hy die kindskap ervaar, en geweet daar is hoop. Wat Hy ook al nodig gehad het, was tot sy beskikking, want God was met Hom.
Joh 10:14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
Dawid het nie net van God geweet nie, hy het Hom geken. Hy het Hom beleef en Sy stem gehoor. Hy het Hom ervaar en elke uitdaging met geloof in Hom, storm geloop. Sonder vrees, sonder bekommernis, was hy verseker, die Here is met Hom.
Col 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
Col 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;
Gelowige ons staan vas in die geloof. Ons wet in wie ons glo, en wat ons glo. Ons weet die Here is ons herder, Sy volheid en oorwinning, is deel van ons. Ons weet niks sal ons ontbreek nie, want Hy dek ń tafel in die woestyn. Hy is ons hoop en verwagting. Jesus het gekom om ons lewe en lewe oorvloedig te gee.
Blessings