Kerk Van God Vredendal

Kerk Van God Vredendal Restore the brokenhearted,
We are on mission to bring hope and wholeness

Graag nooi ons u uit om saam met ons te kom aanbid en vergader rondom die Woord van die Here. Ons gasspeker komende Sond...
14/08/2026

Graag nooi ons u uit om saam met ons te kom aanbid en vergader rondom die Woord van die Here.
Ons gasspeker komende Sondag is Minister Nadine Moses en sy het ‘n kragtige getuienis om te vertel!

Indien u nie ‘n plek het om te aanbid nie, kom gerus Sondag om die woord te ervaar en transformasie te beleef.


31/07/2026

Falindo is reg vir die saak🔥‼️🙏🏽

Gillmore Van Der Westhuizen is Sondag 2 Augustus in die Huis‼️Deurkostes: R80 per persoonPlek: Volle Evangelie Kerk Vred...
31/07/2026

Gillmore Van Der Westhuizen is Sondag 2 Augustus in die Huis‼️

Deurkostes: R80 per persoon
Plek: Volle Evangelie Kerk Vredendal-Suid
Tyd: 16:00 (deure maak 15:00 oop)

Kom in u getalle, ons gaan lekker Dien🔥🔥

26/07/2026

Die sang groep vir die Tribute Konsert waar ons ons plaaslike musikante gaan vereer, kom goed aan!😇🙌🏽

Kom ons kom op in ons nommers en ondersteun ons eie kinders🙏🏽

2 Augustus 2026
Kaartjies kos R80
16:00 die namiddag


🎼 ONS VIER ’N LEWENDE ERFENIS – FRANK GHAL 🎼Met groot dankbaarheid en waardering kondig ons ons vierde geëerde van die T...
24/07/2026

🎼 ONS VIER ’N LEWENDE ERFENIS – FRANK GHAL 🎼

Met groot dankbaarheid en waardering kondig ons ons vierde geëerde van die Tribute Concert aan – Frank Ghal van Lutzville.

Frank Ghal is ’n begaafde liedjieskrywer, sanger en musikant wat oor baie jare heen sy Godgegewe talent gebruik het om harte aan te raak. Deur sy eie albums en oorspronklike musiek het hy nie net bekendheid in die Wes-Kaap verwerf nie, maar ook diep spore getrap in die Noord-Kaap.

Met sy besonderse stemomvang en passievolle bediening het Frank vir baie jong sangers en musikante die pad oopgemaak. Sy invloed strek veel verder as die verhoog – hy het deur sy musiek en getuienis mense geïnspireer om hul gawes tot eer van God te gebruik.

Op 2 Augustus 2026 bring ons hulde aan ’n man wie se jarelange toewyding aan die werk van die Here en sy bydrae tot gospelmusiek ’n blywende nalatenskap geskep het.

Baie dankie, Frank Ghal, vir jou geloof, jou musiek en jou onskatbare bydrae. Ons sien uit daarna om jou te vereer. 🙏🎶

🎷 ONS VIER ’N WARE LEGENDE – FRIKKIE BAADJIES 🎷Met groot trots vereer ons by ons Tribute Concert een van Matzikama se me...
23/07/2026

🎷 ONS VIER ’N WARE LEGENDE – FRIKKIE BAADJIES 🎷

Met groot trots vereer ons by ons Tribute Concert een van Matzikama se mees geliefde musieklegendes – Frikkie Baadjies.

Vir dekades lank het Frikkie Baadjies die klanke van sy saxofoon laat weerklink en harte aangeraak. Sy liefde vir musiek het nie net op die verhoog gebly nie – hy het sy kennis en passie met talle jong musikante gedeel en deur die jare ’n onskatbare bydrae gelewer tot die ontwikkeling van nuwe talent in ons gemeenskap.

As lid van verskeie orkeste en brass bands het hy ’n blywende merk in die musiekwêreld van Matzikama gelaat. Sy toewyding, nederigheid en jarelange diens aan musiek het hom ’n inspirasie vir baie gemaak.

Nou is dit ons b***t om dankie te sê.

Kom wees deel van ’n besondere aand waar ons hulde bring aan ’n man wie se nalatenskap steeds voortleef in elke noot wat gespeel word en elke jong musikant wat hy geïnspireer het.

Moenie hierdie historiese geleentheid misloop nie. Kom eer saam met ons ’n legende wie se musiek nog vir geslagte sal voortklink.

📅 2 Augustus 2026
🕓 16:00
📍 VSS Skoolsaal, Vredendal

“Sommige mense speel musiek… maar legendes laat ’n nalatenskap agter.” 🎷✨

Klawer Gemeenskap Blad
Matzikama Onafhanklike Groep

Wie is ons   Persoon wat ons gaan vereer by die jaar se Tribute Concert?Raai reg en u mag ‘n prys wen by die konsert!Lei...
21/07/2026

Wie is ons Persoon wat ons gaan vereer by die jaar se Tribute Concert?

Raai reg en u mag ‘n prys wen by die konsert!

Leidraad:
Met ‘n Kitaar en ‘n stem soos daardie, het …. ‘n legacy gebou🥹..




Join us tomorrow for a blessed time in the presence of God!Invite a friend, neighbour, a family member and come and expe...
18/07/2026

Join us tomorrow for a blessed time in the presence of God!

Invite a friend, neighbour, a family member and come and experience the transforming power of God’s word!

See you there🙏🏽

Address

Kimberliet Str
Vredendal
8160

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kerk Van God Vredendal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share