Kompas Familie Gemeente

Kompas Familie Gemeente Hierdie waarhede is wat ons dryf, en ons vertrou dat elkeen wat by ons aansluit, daardie selfde hoop, liefde en krag van verlossing sal ervaar.

• Geanker in Christus
• Gegrond in die Woord van God
• Gewortel in geloof

Ons glo in God drie-enig, en die verlossende offer van Sy seun, Jesus Christus, wat ons rots en fondament is. Ons staan in geloof dat God ons geroep het om gesonde, God-vresende families te vestig, en om gebroke gesinne, deur dissipelskap en die leiding van Sy Heilige Gees, te herstel. Dit is slegs binne gesonde, geesverv

ulde verhoudings waar ware vervulling en vrede gevind word, en ons glo dat God ons lei om ander in hierdie waarheid te begelei.

07/09/2026
Kompas Familie Gemeente | Lente Braai | 6 September 2026Baie dankie aan elkeen wat vandag saam met ons gekuier, gelag en...
06/09/2026

Kompas Familie Gemeente | Lente Braai | 6 September 2026

Baie dankie aan elkeen wat vandag saam met ons gekuier, gelag en hierdie besondere dag gedeel het. Dit is ’n voorreg om nie net saam kerk toe te gaan nie, maar om werklik saam familie in Christus te wees.

Ons is die Here dankbaar vir die kosbare gemeenskap, die warm geselskap en die vreugde om as die familie van God saam te wees.

“Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers en susters ook saamwoon!” – Psalm 133:1

06/09/2026

Die nag was donker. Die tronkmure koud. Petrus het tussen soldate gelê, sy hande geboei, sy toekoms onseker en die ysterpoort stewig gesluit. Maar terwyl die aarde se deure toe was, het die gemeente se gebede die hemel aangeraak.

Toe God ingryp, het lig die duisternis binnegedring, kettings het afgeval en die ysterpoort het vanself oopgegaan!

Dalk staan jy ook voor ’n geslote deur en wag jy steeds op antwoorde. Onthou: In die afwesigheid van antwoorde, kies geloof.

Kom ontvang môre ’n woord van hoop en bemoediging.

Nooi iemand saam wat moet hoor: Geen nag is te donker, geen ketting te sterk en geen deur te gesluit wanneer God ingryp nie.

Marinus Spamer
Jan-Hendrik Kleynhans
Adrian Beukes
Davey En Arina Southey
Monica Kleynhans

Hier is jou preeknotas vir 6 September 2026 ✍🏻 http://bible.com/events/49661022waar jy op die YouVersion Bible App jou e...
06/09/2026

Hier is jou preeknotas vir 6 September 2026
✍🏻 http://bible.com/events/49661022
waar jy op die YouVersion Bible App jou eie aantekeninge kan maak!

Hoe om by die Live Event aan te sluit:
1. Maak die YouVersion Bible App oop.
2. Klik onder op “Meer” (More).
3. Kies “Gebeurtenisse” / “Events”.
4. Soek vir Kompas Familie Gemeente onder Churches.
5. Klik op die regte Live Event om aan te sluit.
Jy sal dan die preeknotas, Bybelverse en spasie vir jou eie notas daar kan sien.

Ons sien uit daarna om saam met jou die Woord te ontdek! 🫵🏻

Die nag was donker. Die tronkmure koud. Petrus het tussen soldate gelê, sy hande geboei, sy toekoms onseker en die yster...
05/09/2026

Die nag was donker. Die tronkmure koud. Petrus het tussen soldate gelê, sy hande geboei, sy toekoms onseker en die ysterpoort stewig gesluit. Maar terwyl die aarde se deure toe was, het die gemeente se gebede die hemel aangeraak.

Toe God ingryp, het lig die duisternis binnegedring, kettings het afgeval en die ysterpoort het vanself oopgegaan!

Dalk staan jy ook voor ’n geslote deur en wag jy steeds op antwoorde. Onthou: In die afwesigheid van antwoorde, kies geloof.

Kom ontvang môre ’n woord van hoop en bemoediging:

HULLE IS DEUR DIT!
Kompas Familie Gemeente
6 September 2026 | 09:30

Nooi iemand saam wat moet hoor: Geen nag is te donker, geen ketting te sterk en geen deur te gesluit wanneer God ingryp nie.

30/08/2026

Ek sien dit reeds in my gedagtes afspeel…

Ons voorsien uitkomste wat dalk nooit gaan gebeur nie. Ons raak bekommerd oor wat ander mense dink, wat môre kan bring en hoe ons glo dinge behoort te wees. Maar wat as ons verbeelding só hard praat dat ons nie meer die Here se stem in ons werklikheid hoor nie?

“Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig…”
Môre vra ons eerlik:
“DIT IS NIE HOE EK DIT SIEN NIE, HERE!”

Wat gebeur wanneer my weergawe van die verhaal bots met dit wat die Here besig is om te doen? En hoeveel vrede verloor ek omdat ek Hom probeer oortuig om die toneel te verander, terwyl Hy eintlik my perspektief wil verander?

Kom sit môre saam met ons aan die voete van Jesus. Kom word stil. Kom luister weer. Dalk ontdek jy dat die Here se werklikheid soveel groter, sagter en genadiger is as die rolprent wat jy in jou gedagtes afspeel.

LUKAS 10:38–42 | AFR53

Marinus Spamer
Jan-Hendrik Kleynhans
Adrian Beukes
Davey En Arina Southey
Monica Kleynhans

Hier is jou preeknotas ✍🏻 http://bible.com/events/49657844 waar jy op die YouVersion Bible App jou eie aantekeninge kan ...
30/08/2026

Hier is jou preeknotas ✍🏻 http://bible.com/events/49657844
waar jy op die YouVersion Bible App jou eie aantekeninge kan maak!

Hoe om by die Live Event aan te sluit:
1. Maak die YouVersion Bible App oop.
2. Klik onder op “Meer” (More).
3. Kies “Gebeurtenisse” / “Events”.
4. Soek vir Kompas Familie Gemeente onder Churches.
5. Klik op die regte Live Event om aan te sluit.
Jy sal dan die preeknotas, Bybelverse en spasie vir jou eie notas daar kan sien.

Ons sien uit daarna om saam met jou die Woord te ontdek! 🫵🏻

Ek sien dit reeds in my gedagtes afspeel…Ons voorsien uitkomste wat dalk nooit gaan gebeur nie. Ons raak bekommerd oor w...
29/08/2026

Ek sien dit reeds in my gedagtes afspeel…

Ons voorsien uitkomste wat dalk nooit gaan gebeur nie. Ons raak bekommerd oor wat ander mense dink, wat môre kan bring en hoe ons glo dinge behoort te wees. Maar wat as ons verbeelding só hard praat dat ons nie meer die Here se stem in ons werklikheid hoor nie?

“Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig…”
Môre vra ons eerlik:
“DIT IS NIE HOE EK DIT SIEN NIE, HERE!”

Wat gebeur wanneer my weergawe van die verhaal bots met dit wat die Here besig is om te doen? En hoeveel vrede verloor ek omdat ek Hom probeer oortuig om die toneel te verander, terwyl Hy eintlik my perspektief wil verander?

Kom sit môre saam met ons aan die voete van Jesus. Kom word stil. Kom luister weer. Dalk ontdek jy dat die Here se werklikheid soveel groter, sagter en genadiger is as die rolprent wat jy in jou gedagtes afspeel.

LUKAS 10:38–42 | AFR53
SONDAG 30 AUGUSTUS 2026 | 09:30
KOMPAS FAMILIE GEMEENTE

Jy is hartlik welkom. Bring gerus iemand saam wat weer die vrede van God se teenwoordigheid nodig het.

23/08/2026

Daar kom oomblikke wanneer jou planne verbrokkel, jou gebede onbeantwoord voel en die lewe jou met leë nette laat staan.

Petrus het misluk, sy moed verloor en teruggekeer na die lewe wat hy geken het, maar ná ’n lang, vrugtelose nag het Jesus op die strand gestaan. Nie om hom te veroordeel nie, maar om hom te herstel, sy nette te vul en hom opnuut te roep.

Miskien het teleurstelling jou ook laat wonder of jou beste dae verby is, maar jou mislukking is nie jou finale hoofstuk nie en jou teleurstelling is nie die einde van jou roeping nie. Kom luister môre na die boodskap: “Lewe ná teleurstellings, Hy is nog nie klaar nie!”
📖 Johannes 20:30–31 en 21:2–14
🗓️ Sondag 23 Augustus 2026
🕤 09:30
📍 Kompas Familie Gemeente.

Kom ontmoet die Christus wat leë nette vul, gebroke harte herstel en jou weer roep. Hy is nog nie klaar met jou nie!

Address

Https://maps. App. Goo. Gl/249bt9YHDW6qWjt79?g_st=in
Vredendal
8160

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kompas Familie Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category