Kaapkerk

Kaapkerk Ons droom van 'n netwerk van inklusiewe gemeentes diensbaar in ons gemeenskappe vanuit God se liefde.

Hierdie sinode, die oudste van die tien sinodes van die NG Kerk van Suid-Afrika, fokus op ons identiteit in Jesus Christus, ons getuienistaak aangaande Jesus en sy verlossingsboodskap en armoede. Dié FB-blad is nie die amptelike mondstuk van die sinode nie, maar dien as gespreksruimte om inligting oor te dra en menings te deel. This synod, the eldest of the ten synods of the Dutch Reformed Church

of South Africa, focuses on our identity in Jesus Christ and our witness task. This page is not the official mouth piece of the synod, it merely provides a discussion portal to inform and share opinions.

Die 5de-jaar residensiële teologiestudente aan die Universiteit Stellenbosch is tans op ’n ekumeniese toer deur die Over...
06/09/2026

Die 5de-jaar residensiële teologiestudente aan die Universiteit Stellenbosch is tans op ’n ekumeniese toer deur die Overberg.

Die groep bestaan uit 3 NGK-, 3 VGK-, 1 Lutherse en 3 Anglikaanse studente.

Vandag is hulle by Volmoed en later word daar in Hermanus gekuier. Môre gaan die pad verder na Genadendal, met ’n gesamentlike ringsitting in Caledon op pad terug.

Dit is ’n mooi manier om teologiese vorming te verryk: nie net in ’n klaskamer nie, maar tussen mense, gemeentes en gewone plekke waar mense ook kerk is.

Ria Strydom van La Rochelle-gemeente besoek VGK Delft vir ds. Pieter Grove se afskeidpreek en ontdek hoe maklik indrukke...
05/09/2026

Ria Strydom van La Rochelle-gemeente besoek VGK Delft vir ds. Pieter Grove se afskeidpreek en ontdek hoe maklik indrukke ons blik op ’n plek en sy mense kan bepaal. Tussen sang, afskeidswoorde, herinneringe en ’n feesmaal word sy uitgenooi om anders te kyk.

As gemeentelid van NG La Rochelle was ek een van die gaste by ds. Pieter Grove se afskeidpreek in VGK Delft. Op pad kerk toe, verdwaal ons tussen maer honde en koeie langs die pad, rommel in strome vuil water tussen eenvoudige huise. Alles tekens van swaarkry wat my eerste indruk van Delft kleur. Ek

Die grootste geskenk van die Predikante SAAMkoms was dalk eenvoudig dit: om weer sáám te wees.Om saam te eet, te luister...
04/09/2026

Die grootste geskenk van die Predikante SAAMkoms was dalk eenvoudig dit: om weer sáám te wees.

Om saam te eet, te luister, te lag, te aanbid en gesprekke te voer waarvoor daar in die gewone ritme van bediening min tyd is. Vir ’n paar dae het predikante van regoor die land nie net ’n program gedeel nie, maar ook stories, moegheid, hoop en roeping.

Hier is ’n paar foto’s van hierdie besondere saamwees.

Wat was vir JOU die kosbaarste oomblik of ervaring? Deel dit in die kommentaar. 👇

‘𝐧 𝟐𝟒-𝐮𝐮𝐫 𝐰𝐞𝐠𝐛𝐫𝐞𝐞𝐤 𝐯𝐢𝐫 𝐣𝐨𝐮 𝐥𝐢𝐠𝐠𝐚𝐚𝐦 𝐞𝐧 𝐬𝐢𝐞𝐥 by die Andrew Murray Centre for Spirituality 🌿Gun jouself ’n kans om asem te ...
04/09/2026

‘𝐧 𝟐𝟒-𝐮𝐮𝐫 𝐰𝐞𝐠𝐛𝐫𝐞𝐞𝐤 𝐯𝐢𝐫 𝐣𝐨𝐮 𝐥𝐢𝐠𝐠𝐚𝐚𝐦 𝐞𝐧 𝐬𝐢𝐞𝐥 by die Andrew Murray Centre for Spirituality 🌿

Gun jouself ’n kans om asem te haal, stadiger te beweeg en weer te luister. Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington bied op 11-12 September ’n 24-uur Resoneer-retreat aan met Pilates onder leiding van geregistreerde fisioterapeut Karmia Stander, met ‘n fokus op fascia en asemhaling, asook klankmeditasie saam met opgeleide fasiliteerder Siegfried Louw.

Die retreat duur van 17:00 tot 17:00 en kos R1 200, met etes en verblyf ingesluit. Vir navrae en besprekings kontak [email protected].

𝐕𝐫𝐲𝐝𝐚𝐠𝐍𝐮𝐮𝐬 | 📰✝️In hierdie uitgawe vier ons die krag van saamwees en nuwe stemme. Ons kyk terug na ’n historiese Predika...
04/09/2026

𝐕𝐫𝐲𝐝𝐚𝐠𝐍𝐮𝐮𝐬 | 📰✝️

In hierdie uitgawe vier ons die krag van saamwees en nuwe stemme. Ons kyk terug na ’n historiese Predikante SAAMkoms by Goudini, waar sowat 700 kollegas weer saam oor hul roeping gedroom het. | NG Kerk Algemene Sinode

Ons daag jou uit om anders te kyk na geloofsvorming met ’n strandbal op die kategesetafel (dinkjeug) en ons verken wat aktiewe hoop en eko-geregtigheid vir ons gemeentes beteken.

Van die oortuiging dat egte verandering by persoonlike verantwoordelikheid begin, tot ’n gemeente wat letterlik leegloop om buite sy mure kerk te wees (La Rochelle Gemeente), getuig elke storie van praktiese diensbaarheid.

Uiteindelik herinner ons mekaar dat vrees ’n vreugdedief is. Laat vaar die bekommernis oor môre, stap saam op ’n pelgrimstog van hoop en ontdek God se lig in die nóú.

🔗 https://mailchi.mp/kaapkerk/vrydagnuus-4-september-2026

AnnaMarie de Klerk se boek Growing Echoes vertel van vroue wie se geloof, diens en onderrig die kerk in Malawi oor gesla...
02/09/2026

AnnaMarie de Klerk se boek Growing Echoes vertel van vroue wie se geloof, diens en onderrig die kerk in Malawi oor geslagte heen gevorm het. Ook van ’n nalatenskap wat vandag steeds in gemeenskappe voortleef.

'n Eggo het 'n besondere eienskap. Dit hou aan weerklink lank nadat die oorspronklike klank stil geword het. Soms word die stem al hoe sagter totdat dit uiteindelik verdwyn. Maar daar is ook stemme wat nooit stil word nie. Dit leef voort in die mense wat hulle aangeraak het. Dit weerklink in die gel...

Khanya help jongmense in Buffalo Flats om deur opleiding, ondersteuning en gemeenskapsprogramme nuwe moontlikhede raak t...
31/08/2026

Khanya help jongmense in Buffalo Flats om deur opleiding, ondersteuning en gemeenskapsprogramme nuwe moontlikhede raak te sien. Anathi Dlakyia wys hoe dié sentrum selfvertroue en hoop vir ’n beter toekoms help bou.

“Khanya is nie net ’n sentrum nie; dit gee lig en leiding. Dit bied ’n hand van hoop wanneer ons sien dat ons jeug groot uitdagings het om te oorkom.” - Eldred Fray, voorsitter: Khanya

Die Bybel is ’n biblioteek van stemme wat oor eeue heen met mekaar in gesprek tree. Sola Scriptura beteken daarom nie so...
30/08/2026

Die Bybel is ’n biblioteek van stemme wat oor eeue heen met mekaar in gesprek tree. Sola Scriptura beteken daarom nie solo Scriptura nie. Om die Bybel ernstig te neem is om konteks, genre en die groter verhaal te hoor.

🔗

Iewers op die internet is daar ’n beeld van die Bybel wat heeltemal anders lyk as die een op jou bedkassie. Onderaan is elke hoofstuk van Genesis tot Openbaring as ’n klein vertikale strepie aangedui. Bo-oor hulle loop duisende gekleurde boë soos ’n reënboog wat oor die bladsy trek. Elke boo...

23 Kruiskerk-studente het Maphutseng in Lesotho besoek met die hoop om te dien en ’n verskil te maak. Daar het hulle ont...
29/08/2026

23 Kruiskerk-studente het Maphutseng in Lesotho besoek met die hoop om te dien en ’n verskil te maak. Daar het hulle ontdek dat God hulle ook gestuur het om anders te kyk na Hom, na ander mense en na hulself deur hierdie besondere reis.

Daar is plekke wat jy besoek. En dan is daar plekke wat jou besoek – en nooit weer heeltemal verlaat nie. Vanjaar het 23 studente van Kruiskerk Stellenbosch die lang pad na Maphutseng in Lesotho aangepak met die verwagting dat hulle gaan dien en 'n verskil gaan maak. Maar soos die dae ontvou het, ...

Address

Noordwal-Wes 1
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 07:45 - 16:00
Tuesday 07:45 - 16:00
Wednesday 07:45 - 16:00
Thursday 07:45 - 16:00
Friday 07:45 - 16:00

Telephone

+27219577100

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaapkerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Kaapkerk:

Shortcuts

Share