AGS Ekklesia

AGS Ekklesia Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from AGS Ekklesia, Religious organisation, 3 Acacia Crescent, Standerton.

Johannes‬ ‭8‬:‭32‬ - “en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” ❤️

Bankbesonderhede:
Nedbank: Ekklesia Standerton
Tjekrekening: 151 304 4192
Takkode: 151 305

Twee weke, dan sien ons jou Donderdagaand 18:00.Ons weet hoe die aand lyk voor julle by die kerk uitkom - huiswerk, bad,...
03/09/2026

Twee weke, dan sien ons jou Donderdagaand 18:00.

Ons weet hoe die aand lyk voor julle by die kerk uitkom - huiswerk, bad, iemand se skoen is weg. Kom net soos julle is, en as julle laat is, is julle laat.

Die kinders speel, ons kuier, en almal kry ‘n kans om asem te haal.

Ons begin 17 September. Bring die hele gesin saam. 🤍

📍 3 Acacia Singel, Florapark

Twee weke, dan sien ons jou Woensdagaand 18:00.Ons wil hê hierdie moet ‘n plek wees waar jy hoort.‘n Plek waar jy ’n eer...
02/09/2026

Twee weke, dan sien ons jou Woensdagaand 18:00.

Ons wil hê hierdie moet ‘n plek wees waar jy hoort.

‘n Plek waar jy ’n eerlike vraag kan vra. Waar jy nie alles hoef uit te figure nie. Waar iemand agterkom as jy ‘n week wegbly en vra of dit goed gaan.

Bring iemand saam. Kom soos jy is. Ons begin 16 September. 🙌🏻

📍 3 Acacia Singel, Florapark

Twee weke, dan sien ons jou Woensdagoggend 09:30. ☕️Ons wil hierdie oggende eenvoudig hou: koffie in die hand, ‘n kort w...
01/09/2026

Twee weke, dan sien ons jou Woensdagoggend 09:30. ☕️

Ons wil hierdie oggende eenvoudig hou: koffie in die hand, ‘n kort woord uit die Bybel, ‘n bietjie gesels en tyd om vir mekaar te bid.

Niemand hoef iets voor te berei nie. Jy hoef net te kom.

Bring gerus ‘n vriend of vriendin saam. Partykeer het ’n mens net ‘n uitnodiging nodig. Ons begin 16 September. 🤍

📍 3 Acacia Singel, Florapark

Nog twee weke, dan begin ons kuiergroepe. 🤩👏🏻Woensdae 09:30 · SeniorsWoensdae 18:00 · JongmenseDonderdae 18:00 · Gesinne...
31/08/2026

Nog twee weke, dan begin ons kuiergroepe. 🤩👏🏻

Woensdae 09:30 · Seniors
Woensdae 18:00 · Jongmense
Donderdae 18:00 · Gesinne

Ons glo nie ‘n mens is bedoel om alleen te groei nie.

Jy groei waar iemand jou naam ken, jou storie onthou en volgende week vra: “Hoe het dit toe gegaan?” ☕️

“’En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom.” - Hebreërs 10:25 (NLV)

Kies die groep wat by jou seisoen pas en kom kuier saam.

Donderdagaande 18:00, vanaf 17 September.Vir gesinne met kinders in die huis, van babas tot matrieks, en net so vir die ...
20/08/2026

Donderdagaande 18:00, vanaf 17 September.

Vir gesinne met kinders in die huis, van babas tot matrieks, en net so vir die wie se kinders al uit die huis is, of nie kinders het nie.

Die kinders speel veilig buite, die hek is toe, en ons kry ‘n uur om asem te haal, te kuier en saam te groei. 🤍

📍 3 Acacia Singel, Florapark

Woensdagaande 18:00, vanaf 16 September.Vir studente, die wat werk, enkellopendes en pas- of jonkgetroudes sonder kinder...
19/08/2026

Woensdagaande 18:00, vanaf 16 September.

Vir studente, die wat werk, enkellopendes en pas- of jonkgetroudes sonder kinders.

Dit is ‘n seisoen waarin jy baie dinge begin uitwerk: werk, verhoudings, geld, toekomsplanne en ‘n geloof wat al hoe meer jou eie word.

Jy hoef nie al die antwoorde te hê om hier in te pas nie.

Kom soos jy is. Met jou vrae, jou stories en sommer net jouself. 🙌🏻

📍 3 Acacia Singel, Florapark

Woensdagoggende 09:30, vanaf 16 September. ☕️Vir afgetredenes, tuisouers, die wat skofte werk of van die huis af werk, e...
18/08/2026

Woensdagoggende 09:30, vanaf 16 September. ☕️

Vir afgetredenes, tuisouers, die wat skofte werk of van die huis af werk, en almal wie se week nie om ‘n vaste kantoortyd draai nie.

Ons kuier oor koffie, deel ‘n kort woord uit die Bybel en bid vir mekaar.

Daar is iets besonders aan ‘n oggend wat stadig genoeg is om regtig te gesels, te luister en saam te wees.

Kom sluit by ons aan. 🤍

📍 3 Acacia Singel, Florapark

Ons kuiergroepe skop 16 September af. 🤩👏🏻Drie groepe, een gemeente. Woensdagoggende 09:30 vir seniors en die wie se dae ...
17/08/2026

Ons kuiergroepe skop 16 September af. 🤩👏🏻

Drie groepe, een gemeente. Woensdagoggende 09:30 vir seniors en die wie se dae nie deur ‘n kantoortyd bepaal word nie. Woensdagaande 18:00 vir jongmense. Donderdagaande 18:00 vir gesinne.

Elke groep lyk ‘n bietjie anders, maar die hart is dieselfde: koffie, ‘n kort woord, en mense wat saam bid. Dis ‘n plek waar jy kan kom soos jy is en saam met mense kan groei.

Kyk watter groep by jou seisoen pas. En as twee by jou pas, kom na albei. ☕️

Address

3 Acacia Crescent
Standerton
2430

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27833832092

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AGS Ekklesia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AGS Ekklesia:

Shortcuts

Share