Deo Volente Bediening

Deo Volente Bediening 'n Onafhanklie bediening wat die Koninkryk van God eerste stel.

04/05/2026

Ons is aan die gang, deur die genade van die Here. Ons kon begin.
Vanoggend het ons bedien in AGS Groeipunt, hier in Ermelo. Ons is baie goed ontvang, die Here is groot.

Ek het van Donderdagoggend af begin verkoue kry (dit is verledetyd). Saterdagaand nog papnat sakdoeke, hoes, nies ens. Ek het sommer hondsiek gevoel. Ons het gebid dat ek gesond moet word. Sondagoggend toe lyk dit of dit erger is. My neus brand en ek hoes en nies nog net so erg. Ons vertrou die Here dat ek gesond is. Selfs nog voor ek in die erediens moes begin was dit dieselfde. Toe hulle my egter voorstel en ek begin, was die siek weg. Ek het nog so een keer keel skoongemaak en toe gese ek was van Donderdag af siek, maar ons het gebid en ek het my genesing gevat. VANDAAR AF HET EK REG DEUR DIE DIENS NIE EEN KEER GEHOES, GENIES, SAKDOEK MOES GEBRUIK OF HEES GEWEES NIE. Na die tyd in die kamer was die loopneus ens terug. Nou nie meer so erg nie. Terwyl ek in die diens van die Here was in die diens, was ek gesond. Die bose se pogings om ons te probeer oortuig ons moet nie voortgaan nie, HET MISLUK! PRYS DIE HERE!

Ons begin DV vanoggend (Maandag) by die Checkers Mall.
Hou ons asb in julle gebede. Sonder Aarons en Hurre kan mens uit sy eie niks doen nie.

16/03/2026

Ons was Woensdagogged by die Leraarsforum in Ermelo. Dit was 'n heerlike ervaring. Daar het ons, ons visie gedeel in verband met die Straatbediening en Straatprediking. Dit is posetief ontvang. Daar is 'n paar gemeentes wat graag met ons wil saamwerk.

Ons uitreik vind nou DV van die 3e Mei tot die 11e Mei plaas. Ek gaan die eerste Sondag bedien in die AGS gemeente

Ons sien in afhanklike geloof uit daarna. Ek is oortuig daarvan dat Ermelo nou ryp en gereed is vir herlewing. Daar is reeds pragtige dinge wat gebeur Ermelo.
Dra ons asseblief in julle gebede.

Ek neem ook die vrymoedigheid om ons bankbesonderhede te gee.
Deo Volente Bediening
Capitec bank
Rekeningnommer: 1276631578
Takkode: 470010

Gebruik as verwysing u naam indien u sou verkies.

Johan

Dis wonderlik en 'n voorreg om kinders te kan bedien. Hulle is so ontvanklik soos sponsoes.
23/02/2026

Dis wonderlik en 'n voorreg om kinders te kan bedien. Hulle is so ontvanklik soos sponsoes.

Straatprediking in Frankfort, ons was ook in Winburg en Brandfort.Uitgee van die Bybels by Bong-Niven skool
28/01/2026

Straatprediking in Frankfort, ons was ook in Winburg en Brandfort.
Uitgee van die Bybels by Bong-Niven skool

28/01/2026

Ons stel graag hierdie bediening aan almal bekend.
Dit word gedoen op 4 tereine.
- Dit bediening behels straatbediening (preek op straat en in die openbaar) mbv 'n luidspreker en mikrofone. Soms ook deur musiek.

- Verder is ons ook reeds al nagenoeg 25 jaar betroke by die plaaslike (swart) skole. Ons bedien een maal 'n week daar en skenk ook elke jaar aan al die Gr.7 leerlinge 'n Zulu Bybel. Ons is ook by die ander funksies van die skool (Gr.R gradeplegtigheid, career day, Gr.7 afskeid ens.) betrokke. Ons bring die Evangelie by elke geleentheid.

- Ons beplan om met groepe, soos die geleentheid hom voordoen, Bible School on Wheels se kursusse aan te bied. Onderwysers, groep op Frankfort, dokters by die hospitaal ens.

- Ons beoog ook om DV op Val 'n swartbediening te vestig nadat 'n veldtog gehou is. Het reeds toestemming vir die stàanplek en die tent.

TEMA EN MOTIVERING:
2 Kor.5:20-21: Ons tree op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons 'n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil:Laat julle met God versoen!

Address

Val, Naby Standerton
Standerton
2425

Telephone

084 420 6337

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Deo Volente Bediening posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share