08/09/2026
Baie dankie aan elkeen wat reeds so mildelik bygedra het tot ons basaar. Ons waardeer jou vrygewigheid opreg!
Daar is nog 'n laaste paar items wat ons benodig om die dag 'n wegholsukses te maak:
Eiers: Ons kort altesaam 65 dosyn eiers spesifiek vir die pannekoek en die groot koeketafel. As u dalk flukse hoenders het (wat eiers kan lê), of net 'n paar dosyn wil skenk, sal dit 'n massiewe hulp wees.
Finansiële Bydraes: U is ook baie welkom om 'n finansiële bydrae te maak sodat ons die oorblywende bestanddele kan aankoop. Inbetalings kan direk in die kerk se bankrekening gemaak word met die duidelike verwysing: BASAAR2026.
Dankie aan almal wat altyd so mooi saamstaan as gemeente. Ons sien uit na 'n geseënde basaar!