NG Garsfontein

NG Garsfontein NG Gemeente Garsfontein. (Eredienstye 09:00 en 18:00)

07/09/2026

Gebed gaan nie net daaroor om iets van God te kry nie. 🙏

Gebed gaan oor verhouding – om ons harte voor God oop te maak, na Hom te luister en in Sy teenwoordigheid te leef.

Mag ons nie net bid wanneer ons iets nodig het nie, maar omdat ons naby aan God wil wees.

04/09/2026

Bid jy met verwagting?
Kom luister Sondag!

31/08/2026

Die teenoorgestelde van steel is nie net om nie te steel nie.

Die teenoorgestelde van steel is om te gee. ❤️

En dit is presies wat God vir ons gedoen het. Voordat ons kon vra, voordat ons ons skuld kon bely, het Hy reeds gegee.

✝️ Hy het Homself vir ons gegee.

Hoe lyk ’n lewe wat iets van hierdie vrygewigheid van God begin weerspieël?

28/08/2026

Lentelofsangdiens - kom loof die Heer en luister na kragtige getuienisse hierdie Sondag!

🎉 NG GARSFONTEIN IS 44 JAAR OUD! 🎂💙Wat ’n voorreg om 44 jaar van God se genade en getrouheid te vier!Ons is dankbaar vir...
26/08/2026

🎉 NG GARSFONTEIN IS 44 JAAR OUD! 🎂💙

Wat ’n voorreg om 44 jaar van God se genade en getrouheid te vier!

Ons is dankbaar vir elke persoon wat deur die jare deel van NG Garsfontein se verhaal was – en vir elkeen wat vandag steeds help om hierdie verhaal verder te skryf.

🥳 Gelukkige 44ste verjaarsdag, NG Garsfontein!

Mag ons steeds ’n gemeente wees waar mense tuiskom, geloof groei en God se liefde sigbaar word.

Aan God al die eer vir 44 geseënde jare! 🙌💙

25/08/2026

🎣 MANNE BY DIE DAM – VISVANGDAG 🎣

Wil jy saam met ons gaan visvang en lekker kuier by Bass Bay? Maak dan asseblief seker jou naam is op die lys.

👨‍👧 Pa’s is ook baie welkom om hulle dogters saam te bring vir die dag!

Jy kan op een van twee maniere inskryf:

👉 Stuur ’n WhatsApp aan ds. Jac by 061 417 7573 met:
• Jou naam en van
• Hoeveel persone saamgaan
• Of jy by die kerkkantoor of by die dam gaan betaal

OF

👉 Skryf jou naam en aantal persone Sondae ná die erediens by die informasietoonbank op die lys.

💳 Betaling: By die kerkkantoor kan jy met kaart betaal. Indien jy by Bass Bay betaal, moet jy kontant saambring – daar is geen kaartfasiliteite nie.

🎣 Maak seker jou naam is op die lys – ons sien uit na ’n lekker dag saam!

24/08/2026

📖 Om die Bybel te ken, is nie dieselfde as om die God van die Bybel te ken nie.

Ons kan die Bybel baie goed ken, die regte antwoorde hê en selfs die regte dinge sê — maar God nooi ons na méér: ’n lewende verhouding met Hom.

Mag ons nie net mense wees wat Sy Woord ken nie, maar mense wat Hom ken, Hom vertrou en saam met Hom leef. 🙏

Hiermee die skakel na die oggenddiens 23 Augustus 2026. https://youtube.com/live/FWbou_6l0xI?feature=share

21/08/2026

📖 BYBELSONDAG! 💙

Hierdie Sondag vier ons die wonderlike geskenk van God se Woord! 🙌

Die Bybel is soveel meer as net ’n boek — dit is ’n verhaal van God se liefde, genade en trou, en ’n Woord wat vandag steeds met ons praat.

Kom vier Bybelsondag saam met ons en ontdek opnuut die wonder daarvan om die Bybel te hê. 📖✨

⛪ NG Gemeente Garsfontein
🕘 Sondag om 09:00

17/08/2026

God is nie net die God van ’n sekere groep mense nie. Hy is die God van almal. 🙌

In ’n wêreld waar ons so maklik grense trek tussen “ons” en “hulle”, herinner die evangelie ons: by God is daar plek vir mense wat anders lyk, anders d**k en uit ’n ander agtergrond kom.

💙 Jy is deel van God se volk — maar God se volk is groter as net jy en ek.

Mag ons ’n gemeente wees waar mense nie net hoor dat hulle welkom is nie, maar dit ook beleef.

Address

285 Emmie Hartmann Straat
Pretoria

Opening Hours

Monday 11:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:30 - 13:00
Sunday 08:00 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Garsfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Garsfontein:

Shortcuts

Share