die Kerk

die Kerk Ons droom vir dieKerk is om 'n ruimte te skep nie net vir groei in die Hervormde Kerke nie maar vir die kerk en Christenskap in geheel.

In hierdie week se NUUSBRIEF: - Sondag preek ds Rue oor: Stories van Hoop en ons Doop klein Tobias...- Ons huldig die nu...
04/09/2026

In hierdie week se NUUSBRIEF:

- Sondag preek ds Rue oor: Stories van Hoop en ons Doop klein Tobias...
- Ons huldig die nuwe kombuis in en ons het Koekverkope...
- Ons hou amper Bou + Braaidag - Bestel jou flattie...

Lees dit en meer hier:

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK?

02/09/2026

dK Pop-Up | | Terug na die plek | Ds Thomas Dreyer
Soms probeer ons God se wil uitwerk soos ’n Sudoku: ons ontleed elke moontlikheid, soek al die leidrade en hoop dat die antwoord uiteindelik duidelik sal word. Maar dikwels lei al ons ontleding nie tot helderheid nie, maar tot geestelike verlamming. Miskien het jy nie nóg ’n antwoord nodig nie. Miskien moet jy net vir ’n oomblik van plek en tempo verander: Change of place + change of pace = change of perspective. In hierdie oordenking word jy genooi om terug te gaan na die plek waar God jou ontmoet, verander of ’n tweede kans gegee het. Want soms moet jy teruggaan na die plek waar jy laas geweet het hoekom.

01/09/2026

Liewe Geloofsfamilie, ons hou op 24 Sept vanaf 9:00 BOU + BRAAIDAG. Bring jou tuingereedskap en jou gereedskapkis. Dis R85 vir 'n hele 'flattie' hoender. Bestel sommer nou by my 079 502 1990 of by Rita by die kantoor. Bring jou eie bykosse, eetgerei en gemaklike stoele as die kerk se stoele te hard is. Hier is 'n springkasteel vir die kleingoed. Ons sien mekaar dan, sodat ons ons terrein pragtig kan maak en hou vir onsself en vir die toekoms. Groete, Rue

Address

546 Keeshond Street, Garsfontein
Pretoria
0042

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when die Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to die Kerk:

Shortcuts

Share