die Kerk

Call Directions Website Contact the place of worship

die Kerk Ons droom vir dieKerk is om 'n ruimte te skep nie net vir groei in die Hervormde Kerke nie maar vir die kerk en Christenskap in geheel.

In hierdie week se NUUSBRIEF: - SONDAG preek ds Leanie oor: Omgedraai...- SONDAG is daar TIENERKERK tydens die diens op ...
09/10/2026

In hierdie week se NUUSBRIEF:

- SONDAG preek ds Leanie oor: Omgedraai...
- SONDAG is daar TIENERKERK tydens die diens op die gras...
- Ons het 'n besige week agter die rug...

Lees dit en meer hier:

NUUS UIT DIE KANTOOR

07/10/2026

dK Pop-Up | Te veel tegelyk | Ds Thomas Dreyer
🏌️ **WOEMA WOENSDAG | Te veel tegelyk**

Wanneer ek golf speel, probeer ek soms alles tegelyk onthou: kop af, bal square tref, gewig vorentoe, deurvolg…

Teen die tyd dat ek swaai, is daar ’n hele komiteevergadering in my kop aan die gang. En dan speel ek ’n brouhou. 😅

Die lewe voel soms dieselfde.

Werk. Kinders. Rekeninge. Gesondheid. Verhoudings. Die toekoms. En iewers tussen alles moet jy ook nog probeer rustig wees.

In Matteus 6:34 herinner Jesus ons dat ons nie môre se bekommernisse vandag reeds hoef te dra nie.

Jy hoef nie vandag al agtien putjies te speel nie.

**Wat is die volgende verantwoordelike tree wat vandag voor jou lê?**

Jy het verantwoordelikhede — maar jy het ook ’n Vader.

**Gee vandag se volgende tree. Jou Vader is ook reeds in môre.**

Address

546 Keeshond Street, Garsfontein
Pretoria
0042

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when die Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to die Kerk:

Shortcuts

Share