04/09/2026
Die afgelope Saterdag het ons saam meer ontdek en geoefen om tot ware rus in die Here se teenwoordigheid te kom by ons gemeente se eerste by die wonderlike Andrew Murray Centre for Spirituality. Hier is wat van die deelnemers oor die dag gesê het. Hoop ons sien jou volgende keer ook daar!
"Ek het net weer opnuut besef hoe God Sy grootheid vir my wys in die natuur en om in die oomblik dit waar te neem en te luister na Sy stem."
"Dagretreat was n sielsverrykende ervaring. Tyd om by jou self uit te kom, liggaam en siel by mekaar te laat uitkom. En stil te word voor ons Hemelse Pa. En Heerlike verversings en vrolike geselskap daarby!"
"Ek het Saterdag so nodig gehad en die hele atmosfeer saam met die stilte en die natuur saam met God was asemrowend. Ek kon met my pa se dood vrede maak en wat daarmee saam gekom het. Ek het altyd geweet God is oral en in alles maar ek het dit die naweek opnuut ervaar in die stilte en natuur. Ek het ook geleer dat God wil hê ek moet vorentoe beweeg en die verlede laat gaan. Baie dankie vir die ongelooflike ervaring."
"Ek het altyd gedink LABIRINT is net nog n "speletjie" om jou rigting in en uit te bepaal...wel ek het dit betree met angs..vrees..twyfel..gaan ek my pad terugvind?
Maar na mooi navorsing in my eie stilte en my Bybel kan ek net sè...ek het my pad terug gevind na my Vader en Verlosser.
Hy het my "vry" laat voel èn my raserige kop stil gemaak.
Ek het reeds meer in diepte by die huis gegaan en weet..EK HET HEEL anderkant uitgekom. Sien uit na volgende retreat!!"