1 Minuut Met Jesus

1 Minuut Met Jesus God se Woord gaan uit verby grense!

Stap liewer die regte pad Heilige Gees gelei, as om maklike pad wat verkeerde pad is- te stap wat hel toe lei.Liewer 'n ...
12/09/2026

Stap liewer die regte pad Heilige Gees gelei, as om maklike pad wat verkeerde pad is- te stap wat hel toe lei.

Liewer 'n moeilike pad maar die regte Heilige Gees geleide pad as 'n maklike pad waarvan die einde "die dood" beteken.

Past Marius Sion M
www.1minmetjesus.co.za

Dringende Aandag ❗️
11/09/2026

Dringende Aandag ❗️

Paulus en Silas is geslaan, verneder en in die tronk gegooi — maar hulle het nie opgegee nie!Hulle bid en loof GOD — en ...
11/09/2026

Paulus en Silas is geslaan, verneder en in die tronk gegooi — maar hulle het nie opgegee nie!

Hulle bid en loof GOD — en skielik skud die tronk, deure gaan oop en boeie val af!
Handelinge 16:25–26

Ek het te veel mense gesien wat nét voor hulle deurbraak ophou en omdraai.

Moenie ophou in jou middernag nie!

VOLHARD. BID. LOOF GOD.
Die gety kan vinniger draai as wat jy d**k!

Past Marius Sion M
www.1minmetjesus.co.za

Ons wil baie keer die beste gee! Die beste vir hulle wat opreg met mooi harte in ons lewens 'n verskil maak.Daardie best...
11/09/2026

Ons wil baie keer die beste gee! Die beste vir hulle wat opreg met mooi harte in ons lewens 'n verskil maak.

Daardie beste het waarde wanneer ons mekaar waardeer en werklik liefde van GOD verstaan.

Liefde wat nie prestasie gedrewe is- maar opreg uit die hart skoon en geanker tog so gevul is met Heilige Gees leiding- "GEBED!"

Wanneer iemand vir my bid en dis opreg Heilige Gees gelei. Is dit die grootste geskenk wat ek kan ontvang. Want GOD weet! Wat GOD kan voorsien- kan geen mens. Daarom is gebed en gehoorsaamheid die anker van ons lewe.

Past Marius Sion M
www.1minmetjesus.co.za

Manne-bid by Ewige Lig Mosselbaai. God is goed!
10/09/2026

Manne-bid by Ewige Lig Mosselbaai.
God is goed!

’n Lamp is gemaak om lig te gee. Dit vervul nie sy doel wanneer dit weggesteek word nie.So ook plaas GOD Sy lig in ons, ...
10/09/2026

’n Lamp is gemaak om lig te gee. Dit vervul nie sy doel wanneer dit weggesteek word nie.

So ook plaas GOD Sy lig in ons, nie om versteek te word nie, maar om sigbaar ’n verskil te maak. En let op: JESUS sê nie die lig moet aandag na óns trek nie — die einddoel is dat mense “julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”

Die lamp skyn — maar GOD kry die eer.

Past Marius Sion M
www.1minmetjesus.co.za

09/09/2026
Staan net op die Woord van GOD. Wees stil in Christus. HY sal vir jou stry waar dit nodig is. HY sal jou beskerm aan jy ...
09/09/2026

Staan net op die Woord van GOD. Wees stil in Christus. HY sal vir jou stry waar dit nodig is. HY sal jou beskerm aan jy HOM aanroep.

GOD se Woord staan vir Ewig vas.( Ps 91:14-15)

Hou goeie moed!

Past Marius Sion M
www.1minmetjesus.co.za

Wanneer ons nie antwoorde vir iemand het nie, besef ons hoe afhanklik ons van GOD is. Dan word ons bewus van ons eie bep...
08/09/2026

Wanneer ons nie antwoorde vir iemand het nie, besef ons hoe afhanklik ons van GOD is. Dan word ons bewus van ons eie beperkinge.

Wanneer ons wil gee, maar self nie het om te gee nie, besef ons weereens ons eie onvermoë.

Dit is juis dan wanneer ons moet weet: Die antwoorde vir elke saak vind ons in die Woord van GOD.

En wanneer ons niks uit onsself het om te gee nie, gee ons JESUS — die Beste wat ons ooit kan gee.

Ons kan net JESUS gee, soos die Heilige GEES ons lei — deur gebed, met opregte harte en deur vas te staan in geloof.

Ons vermoë is beperk, maar ons Bron is onbeperk.

Past Marius Sion M
www.1minmetjesus.co.za

07/09/2026

Darel se Challenge!

Address

4 Mascador Street
Mossel Bay
6505

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 1 Minuut Met Jesus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to 1 Minuut Met Jesus:

Share