Waarhede van die Woord

Waarhede van die Woord Improving our relationship with God

Seëninge of VoekeDit is moontlik dat ons self seëninge en vloeke oor onsself uitspreek, sonder dat ons dit eintlik besef...
09/03/2024

Seëninge of Voeke
Dit is moontlik dat ons self seëninge en vloeke oor onsself uitspreek, sonder dat ons dit eintlik besef. 'n Seën is "a wish or prayer for favorable circumstances."(Vines). Bv. die Here seën Abraham met die woorde: "Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak"(Gen 12:2). 'n Vloek is "to wish evil against a person or thing"(Vines). Bv. die Here vervloek die slang deur vir hom te sê: "Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank"(Gen 3:14).
Onder die Wet van Moses is elke mens vervloek wat nie die Wet gehoorsaam het nie. Maar gelukkig geld dit nie meer vir ons nie. Gal 3:13 sê: "Christus het ons losgekoop van die vloek wat die Wet meebring, deur in ons plek 'n vervloekte te word..." In elk geval, ookal het Jesus die prys betaal vir vloeke onder die Wet, moet ek en jy weet, ons is nie meer onder die Wet van Moses nie! Rom 7:6 sê: "Maar nou is ons vrygemaak van die Wet, want ons het gesterf(as ou sondige mens) en staan nie meer onder die Wet waardeur ons gebind was nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie!!!." Maw. ons hoef geen vrese meer te hê dat die Here ons gaan straf of dat 'n vloek ons gaan tref as ons die Tien Gebooie oortree nie.
Maar hier is die waarskuwing: "Maar almal wat staatmaak op die onderhouding van die Wet, val onder die vloek..."(Gal 3:10). Dit geld ook vir christene wat agv onkunde nog steeds glo hulle word slegs vrygespreek van hulle sondes as hulle die Tien Gebooie gehoorsaam. Dis so belangrik om te weet: ons moet glo ons is vrygespreek van die sondes slegs deur die bloed van Jesus; ons kannie vrygespreek word deur ons goeie dade nie! Heb 9:22 sê: "..Sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie." En as ons dit glo, is ons geseëndes(Gal 3:9).
Ons wat in Christus is, maw Sy kinders is, is reeds geseën(Ef 1:3). En wat God geseën het, kan geen mens verander nie(Num 23:20), selfs nie met die uitspreek van 'n vloek oor ons nie. Dis hoekom Spr 26:2 sê: "Soos voëltjies wat verby vlieg en nie gaan sit nie, so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie." Die NLV praat van 'n "onregverdige vervloeking. "Geen vloek het 'n effek op ons as kinders van die Here nie, want ons is vry van die Wet en ons is "regverdig" voor die Here. Met Sy genade(grace) kry ons die goeie dinge wat ons nie verdien nie en met Sy barmartigheid(mercy) kry ons nie die slegte dinge wat ons eintlik verdien nie! "Vloek-voëltjies" kan nie in ons lewens kom nesmaak nie!! Maar as ons self sê:"in my familie sterf die mans voor 50" of "ek is 'n ongeluksvoël" of "ek wag vir 'n ongeluk om te gebeur" of soos Dawid sê in 1 Sam 18:23: "Ek is maar 'n arm man sonder aansien" - spreek ons vloeke oor onsself uit. Dis waarvan Jak 3:2-12 praat: dat ons struikel in wat ons sê, want ons tonge het groot mag.
Prakties moet ons dit 'n manier van praat maak om slegs woorde van seën en guns oor onsself te spreek. Dan sal mense na ons kyk en sê: "Jy is nou eenmaal die geseënde van die Here"!(Gen 26:29)
LW. As gevolg van die feit dat Facebook die plasings so manipuleer, het ons besluit om nie voort te gaan met die weeklikse boodskappe nie. Dankie vir die ondersteuning die afgelope 10 jaar.

02/03/2024

Spreek net Lewe
Die eerste gebeurtenis in die Bybel is die Skepping. Hoe het God dit gedoen? Sommige mense glo daar was 'n "Big Bang"; ander glo alles het ontwikkel vanuit 'n sel, maar die Bybel sê God het woorde gespreek en so is alles wat bestaan, geskep. Heb 11:3 sê: "Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie onstaan uit iets wat ons sien nie."
Elke woord wat ek en jy spreek, het skeppende vermoë, maw die krag om dit wat jy spreek te laat ontstaan. Ookal "sien" ons nie die woorde nie, kan ons sien wat word geskep met ons woorde. Net soos ons nie klankgolwe kan sien nie, maar as ons die knoppie van die TV druk, sien ons 'n beeld en hoor ons die klank. Die onsigbare klankgolwe het die vermoë om die klank te laat ontstaan.
Spr 18:21:" Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde."(NLV) Die Passion vertaling verduidelik dit so: "Your words are so powerful that they will kill or give life,and the talkative person will reap the consequences."
Jak 3:5,6 sê:" So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag.'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek. 6Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek."
Dis baie duidelik - die woorde wat ons praat is so magtig, om nie net wat in my hele lewe gebeur nie, maar ook wat met "our human body" gebeur, te laat gebeur(TPT). 'n Gelukkige huwelik, mooi verhouding met jou kinders, sukses met jou besigheid, finansiële voorspoed, werksvervulling, 'n vrede in jou binneste en 'n intieme verhouding met die Here, is die gevolge van die woorde van lewe en positiwiteit wat jy gespreek het. Tien uit tien vir jou!
Maar as jy in al bogenoemde areas teenspoed, probleme, onaangenaamheid en 'n leegheid ervaar, dra jy ook die gevolge van jou woorde. Maar jy kan vandag begin om jou hele lewe te verander met die woorde wat jy praat!!
Begin lewe spreek oor elke area waar daar "dood" ipv "lewe" is. Ivm jou huwelik: begin met woorde soos "my man of my vrou is 'n geskenk van die Here, ons pas bymekaar en ons het mekaar baie lief." Mens, die romanse gaan aan die brand gesteek word!! So ook met jou verhouding met die Here. Dalk het jy woorde gesê soos; die Here is nie lief vir my nie, ek kan nie Sy stem hoor nie of Hy het al die slegte goed in my lewe gebring om my 'n lessie te leer. Elke doodspreek-woord oor die Here, is leuens wat jy praat. Begin die waarheid praat oor wie die Here is. God het jou "innig lief"(Ef 2:4), inteendeel Hy het jou selfs as 'n sondaar liefgehad(Rom 5:8). Joh 10:3,4 sê die Here is jou Herder en Hy ken jou stem en jy ken Sy stem. Jesus is ons Verlosser en Hy het gekom om vir ons 'n lewe in oorvloed te gee(Joh 10:10); Die satan is die een wat slegte goed en teenspoed bring. Begin dus vir die Here dankie sê, word stil en begin gesels met die Here en ek waarborg jou, jy sal Sy stem hoor. En as jou verlede tragiese gebeure gehad het, begin vir die Here dankie sê vir 'n mooi toekoms van seën en voorspoed soos Jer 29:11 sê. Onthou: ons woorde bepaal ons hele lewe!
Netso met jou gesondheid, wat in jou liggaam aangaan. As jy woorde sê soos: hierdie pyne van my is ondraaglik of my hoë bloeddruk is 'n probleem of my kanker is al te ver gevorderd, neem jy eienaarskap van jou liggaamlike probleme. Jesus self leer ons om elke siekte, kwaal en pyn aan te spreek bv. "hoë bloeddruk, wees normaal in Jesus se Naam" of "pyn verdwyn nou in Jesus Naam" of "elke kanker gewas, sterf nou in Jesus Naam". Moenie wonder of dit sal gebeur nie, dit is twyfel. Maar glo wat jy sê sal gebeur, ontvang jou genesing en sê vir die Here dankie daarvoor(Mark 11:23,24). En dan spreek jy net lewe; praat woorde van gesond-wees ipv siek-wees en jy sal die gevolge van lewe-sprekende woorde sien! Num 14:28 "Ek sal met jou maak soos ek jou hoor sê het!!!!!!!"
Ons moet aanleer om net woorde van lewe te praat, want onthou - elke woord het mag om te bepaal hoe gelukkig en gesond jy is!

Improving our relationship with God

Opstandigheid teen God?Die volk van God, die Israeliete was vir meer as 200 jaar onder slawerny in Egipte. Toe God hoor ...
23/02/2024

Opstandigheid teen God?
Die volk van God, die Israeliete was vir meer as 200 jaar onder slawerny in Egipte. Toe God hoor hoe hulle sug, kreun en om hulp roep(Ex 2:23,24), het Hy hulle nood ter harte geneem en hulle na Kanaän gestuur om 'n nuwe, beter lewe daar te begin. Dis God se hart ook vir jou en my!.
Die Israeliete het Egipte verlaat, deur die woestyn getrek vir 40 jaar ipv 11 dae agv hulle ongehoorsaamheid aan God(Deut 1:2). Toe hulle uiteindelik by Kanaän kom, het 12 manne die land gaan verken. Alhoewel hulle almal geweet het God het gesê; Kanaän is 'n land wat oorloop van melk en heuning en daar is baie vrugte(Num 13:27), het 10 manne 'n negatiewe verslag gegee van wat hulle gesien het. Volgens hulle sou die lewe vir hulle daar onmoontlik wees agv die reuse en oorlogstede. Hulle siening was dat hulle soos sprinkane in hulle eie oë en in die oë van die reuse was(Num 13:28,33). Hulle het gesê ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons(Num 13:31). Josua en Kaleb het egter gesê:"Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kan dit doen"(Num 13:30).
Wat was anders van Josua en Kaleb? Hulle het geweet God weet beter as hulle en dat Hy hulle nie Kanaan toe sou stuur as dit vir hulle slegter daar as in Egipte sou wees nie. Terwyl die ander 10 manne hulle teen God verset het, hulle het gekla oor wat hulle gesien het en was in opstand teen God(Num 14:9, 22,27). Maar Josua en Kaleb het 'n ander gesindheid gehad(Num 14:24). Hulle 2 was getrou aan God en het Hom vertrou.
Hoe het God gereageer op hierdie 2 verskillende gesindhede? Vir albei het Hy gesê: "so seker as Ek leef, Ek sal met julle maak soos ek julle hoor sê het"(Num 14:28). Die eindresultaat was: Josua en Kaleb wat God op Sy Woord gevat het, het bly lewe en Kanaän ingegaan! Terwyl al die ander wat God se Woord nie vertrou het nie, daar in die woestyn gesterf het(Num 14:38).
Wat leer ons uit hierdie verhaal? Dat ons God se Woord kan en moet glo en vertrou. Dat wat Hy sien en belowe sal gebeur soos Num 23:19 sê: "God is nie 'n mens dat Hy sal lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sal verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?"
Daarom moet ons Hom glo as Hy sê; "ons is 2000 jaar gelede vir altyd, volkome van sonde vrygemaak"(Heb 10:14) en "Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge...(Ef 1:3) en dat in slegte omstandighede is ons "meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefhet"(Rom 8:37) en "Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra"(Matt 8:17) en dat ons reeds Sy groot krag in ons het "wat Hy uitoefen in ons wat glo"(Ef 1:19) en dat Hy met daardie krag "wat Hy in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons kan bid of d**k"(Ef 3:20). Hy lieg nie in Sy Woord nie, daarom hoef ons Hom nie te smeek om ons te vergewe, te seën, om ons te help om ons probleme te kan oorwin, gesond te maak of toe te rus met Sy krag sodat Sy krag in ons kan werk nie.
Netso het Hy ons reeds belowe:"Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. Daarom kan ons met vetroue sê: Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?"(Heb 13:5,6). Ek kan dus altyd weet, Hy is by my en sal my help in elke gevaar-situasie. Ek hoef ook nooit bang te wees vir straf nie, want Hy belowe in Rom 8:1:"Daar is geen veroordeling vir dié wie in Christus is nie". Ek hoef ook nie te wonder of ek eers iets goeds moet doen voordat Hy in my behoeftes sal voorsien nie, want in Rom 8:31,32 sê Hy dat Hy bereid was om Sy Seun te laat sterf vir ons. "sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade(maw sonder dat ek dit verdien) skenk nie?"
Ons moet ophou om dit wat Jesus reeds vir ons aan die Kruis gedoen het, te bevraagteken. Dit is opstandigheid teen God. Ons moet begin glo sonder enige twyfel dat God 'n goeie Vader vir elkeen van Sy kinders is wat juis Sy Seun gegee het sodat ons 'n Kanaän-lewe, 'n lewe in oorvloed kan hê. "God said it, I believe it and that settles it" - wyse woorde van Smith Wigglesworth

Verslawing kan goed wees!As ons na die betekenis van die woord "verslawing" kyk, sien ons dat mense vandag aan baie ding...
17/02/2024

Verslawing kan goed wees!
As ons na die betekenis van die woord "verslawing" kyk, sien ons dat mense vandag aan baie dinge verslaaf is. Die HAT sê: verslawing is "'n toestand van verslaaf wees, of om heeltemal oorgegee te wees aan 'n verslawingsmiddel." Youngs BD: "Addiction is devotion or surrender to a habit or substance.The christian is to be self-controlled"
As iemand verslaaf is aan drank, het dit net 'n negatiewe uitwerking op die familielede, hulle beroep, hulle finansies asook hulle gesondheid. Sulke mense sterf meestal agv lewer-defekte. Dieselfde geld vir dwelmgebruikers. Die negatiewe gevolge is dalk minder ernstig, maar rokers ruik asof hulle " 'n draai in die hel gaan maak het" en sterf meestal agv longprobleme. Die realiteit is hierdie verslawings is almal slegte gewoontes agv 'n gebrek aan selfbeheersing wat 'n vrug van die Gees is(Gal 5:22). 1 Kor 9:25-27 sê, ons as gelowiges moet ons liggame onder beheer kry deur "allerlei dinge" te ontsê! Elke mens besluit self om hulleself oor te gee aan die Heilige Gees of aan 'n middel waaraan hulle verslaaf is. Dis hoekom Ef 5:18 sê: "Moenie dronk word van wyn nie..... maar word met die Gees vervul"(OV).
Maar in ons wêreld vandag raak mense ook geheg en abnormaal toegewy aan dinge soos om in die "Gym" te oefen, lang afstande draf of fietsry, sosiale media, Facebook, die selfoon met alle geselsgroepe, suduko, blokkiesraaisels, p***ografie, dobbel, eet van soetgoed en selfs slaap! As een van die dinge vir jou 'n daaglikse gewoonte geword het waaraan jy ure per dag spandeer en iets is wat jy voel jy moet doen, is jy daaraan verslaaf. Om van hierdie dinge matig te doen, kan vir jou goed wees, maar te veel van 'n goeie ding kan sleg wees, veral as jy daarvan afhanklik raak.Dobbel en p***ografie is onvanpas vir elke christen. 'n Huweliks-ekspert het gevind dat huwelike waar paartjies na p***o kyk, meestal misluk. Te veel slaap maak mense lui en suiker is kanker se kos! Te veel oefen op langtermyn kan jou knieë, heupe, enkels en rug beskadig. Te veel tyd aan sosiale media en sogenaamde brein-stimulasie vernietig verhoudings en steel jou tyd van ander belangrike dinge!
Jesus sê in Joh 8;34:"Elkeen wat sonde doen is 'n slaaf van sonde". Dit beteken "sin has control of one's life". Daarom moet ons nooit 'n slaaf word van bogenoemde wêreldse dinge nie, want dit "control" ons lewens. Ek en jy moet slegs 'n slaaf van Christus word, sodat Hy ons lewens "control". Daarom as ek en jy verslaaf word aan Bybel-lees, aan stil-word en gesels met Jesus en aan 'n begeerte om Sy wil te doen - dan is ons verslawing die beste ding ooit!
Daarom gee ons onsself soggens aan die Heilige Gees wat in ons bly oor, sodat Hy ons dag se doen en late beheer, soos Gal 5:16 sê:"... laat julle lewe deur die Gees van God beheer word...". Die Here moet eerste in ons lewens wees, ons moet honger en dors na Sy Woord, dan sal ons in 'n toestand van verslaaf-wees aan Hom wees! Ons moet so toegewy en geheg aan die Here word dat ons Hom deel maak van elke keuse en elke besluit. Ons moet so afhanklik van Hom wees dat ons niks kan doen sonder om aan Hom te d**k en te ervaar dat Hy by ons is nie. Sy Woord moet ons so beinvloed dat ons dag en nag Sy Woorde bed**k. Ons moet ons saamkuier met Hom as die hoogtepunt van ons dag sien. Ons wil alleen-tyd met Hom spandeer, want sonder dit voel ons iets kort in ons lewe. Dit moet 'n gewoonte wees wat vir ons normaal en vanselfsprekend is om met Hom te gesels en om te hoor hoe Hy met ons gesels. Dis goeie verslawings wat ons 'n tevredenheid en 'n vervulling gee.
As jy eerlik met jouself is en wil erken dat jy aan iets anders as die Here verslaaf is, kan jy vrykom van elke verslawing. Weet God is jou Abba-Vader en die Heilige Gees woon in jou, dan is jy "dus nie meer 'n slaaf nie"(Gal 4:6). Weet dit is Jesus se werk: "Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees"(Joh 8:36).

Onthou om te bespreek voor 20 Feb en moenie dit mis nie!!
13/02/2024

Onthou om te bespreek voor 20 Feb en moenie dit mis nie!!

Die Here bring HerstelAs ons die Ou Testament lees, sien ons die volk van die Here het maar baie teenspoeddie Ou Testame...
10/02/2024

Die Here bring Herstel
As ons die Ou Testament lees, sien ons die volk van die Here het maar baie teenspoeddie Ou Testament lees, sien ons die volk van die Here het maar baie teenspoed gehad, want daar was permanent oorlog en uitmoor van mense. Ook het Sy volk in baie gevalle totaal buite God se wil gelewe bv. die mans wat meestal 'n klomp vrouens op een slag gehad het.
Ons lees in Hand 3:19,20:"Bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking(restoration) van die Here af kom..." Maw vir elke gelowige sê die Here: "word verlos van jou sondes en dan sal Ek jou tye van teenspoed en jou tye van buite Sy wil wees, herstel!! Soos Hy met Petrus gedoen het wat Jesus 3 keer verloën het(Joh 13:38). Petrus het ontken dat hy Jesus ken en Hom volg; hy het Jesus verraai. Dit wys hy het Jesus nie regtig liefgehad nie en daarom kon Jesus hom nie vertrou nie. Nogtans, na Jesus se Kruisiging en Opstanding toe Jesus met al Sy dissipels saam geëet het,het Hy Petrus uitgesonder en hom 3 maal gevra "Petrus het jy my baie lief?" Elke keer het Petrus gesê:"Ja Here, U weet dat ek U liefhet" en toe het Jesus vir Petrus 3 opdragte gegee. So het Jesus Petrus se bediening herstel! Dit geld ook vir jou en my. Dalk was jy in die verlede aktief betrokke by 'n bediening, maar jy het te besig geraak of kerk-mense het jou seergemaak en jy het alles gestaak. Sê vandag vir Jesus jy het Hom lief - dis al wat Hy wil hoor en Hy sal jou weer Sy dienaar maak - net soos vir Petrus.
Ps 23 leer ons ook dat ons wat skape van ons Herder Jesus is, met tye deur 'n "dal van doodskaduwee kan gaan. Dis tye van siek-wees en swaarkry, tye wat dit so sleg gaan met jou dat jy wens jy was dood. Dan sal jou "siel verkwik" word met Sy kos en water(Sy Woord)(v2,3). "Siel verkwik" beteken jou denke is herstel - jy bed**k nie meer "die dood" nie, maar 'n nuwe lewe, omdat jy dan Sy Woord bed**k, glo en praat. So bring Hy herstel in jou lewe!
Ek het 'n fantastiese getuienis gehoor van 'n vrou wat in 'n baie ongelukkige huwelik was. Haar man het oor baie jare baie verhoudings met ander vrouens gehad en hy het geen geheim daarvan gemaak dat hy haar niks meer liefhet nie en van haar ontslae wil raak. Sy woorde teenoor haar was net afbrekend, beledigend en vernederend. Toe hoor sy 'n "teaching" van Spr 18:21 wat sê:"Die tong het mag oor dood en lewe; die wat lief is om te praat, sal die gevolg dra." Net daar besluit sy; nou gaan sy begin "lewe" praat oor haar huwelik. Elke dag het sy volgens Ef 5:25,26 die volgende woorde gepraat: "Dankie Jesus dat my man vir my net so liefhet soos U vir my het. En dankie Jesus dat my man my "was" met die water van die Woord.. dit beteken dat haar man net opbouende woorde van liefde en respek met haar praat. Die gevolg was - na 3 weke se Woord spreek, is hulle huwelik herstel! Die Here kan dit ook vir jou doen!
Netso lees ons in Jes 61 dat ons, wie die Here gesalf het om die Blye Boodskap te bring aan mense in nood; herstel kan bring in ons eie lewe asook vir ander mense. Salwing beteken ons ken die waarheid van die Blye Boodskap van wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het(1 Joh 2:20). Dan as ons smart, droefheid of hartseer het(Jes 61:3) of ons huwelike of familie-verhoudings is soos puinhope; ons is eensaam, verlate en onseker van die toekoms; ons is geestelik swak, sonder hoop en sonder geloof en ons sit met 'n verlede wat ons inhaal(v4), sal die Here vir ons 'n dubbele-maat teruggee van wat ons verloor het(v7).
As jy weet jy het 'n goddelike ingryping van herstel in jou lewe nodig, kyk na Jesus en Sy Woord, Hy alleen bring 'n perfekte herstel!!

03/02/2024

Ons is Twee Mense
Alle babas word mooi van binne en buite gebore. Wat daarna gebeur bepaal watter tipe tiener en volwassene die persoon word.
Ons almal, as ons Eerste mens, word as sondaars gebore, daarom sê Dawid in Ps 51:7:"Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het." Geen baba kan sonde doen in die baarmoeder nie, daarom beteken die vers; elke baba word gebore met 'n sondige natuur = 'n geneigdheid om sonde te doen. Ons almal se wegspringplek in die lewe is dus presies dieselfde!
Baba 1 van die Eerste mens word maklik groot in 'n huis van liefde. Die pappa vervul die rol van Opvoeder en die mamma as Versorger van die huis. Hy is 'n bybelse pappa wat die Woord-beginsel by sy kinders inskerp, met hulle daaroor praat, in die huis, as hulle oppad is in die motor, voor hulle gaan slaap en as hulle opstaan(Deut 6:7). Hy maak hulle groot met dissipline en vermaning soos die Here wil(Ef 6:4). Hy bemoedig en komplimenteer hulle ipv om te fokus op hulle foute en swak plekke(Kol 3:21). Hierdie tiener sien die pa bid(1Tim2:8), sien dat die pa vir mamma liefhet(Kol 3:19) en sien dat sy pa vir hulle kinders net goeie dinge wil gee(Matt 7:11). Die baba word 'n volwassene met 'n fondasie van liefde en sekuriteit.
Baba 2 van die Eerste mens se begin-jare verskil radikaal. Die pappa drink, vloek, skree op baba wat huil en gooi deure toe dat baba skrik. Mamma huil baie, want pappa skel heeldag. Daar is nie soiets soos saam speel of drukkies en soentjies nie. Maatjies mag nie na ons huis toe kom nie. Pappa groet ons nie as hy by die huis kom nie. As 'n tiener vra sy pa nooit uit oor sy skoolwerk of sport nie. Eintlik praat hulle nie met mekaar nie. Hierdie baba word 'n onseker, onvervulde volwassene.
Later kom Baba 1 en Baba 2 albei by die Here uit - die begin van die Tweede mens. Tweede mens no 1 se lewe is nou nog makliker, want nou is daar ook liefde, genade, goedheid, sukses van die Here. Maar Tweede mens no 2 sukkel, verstaan nie die liefde-ding vir hom/haar nie. Daar is nie oorwinnings nie, want "ek is 'n slegte mens, ek verdien dit nie." Die ophou drink, vloek ens, is moeilik,want "ek het dit nodig, dis my manier van doen, ek is gewoond daaraan". Elke verskoning vanuit sy grootword-lewe word gegee hoekom hy nie kan lewe soos die Bybel sê nie. Ons ken almal sulke mense of miskien is jy so iemand wat nou hier lees.
Dis wanneer die persoon die waarheid van die Nuwe Mens in Christus moet "vat". 2 Kor 5:17 sê:"Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom". Die oue wat verby is, is jou ou identiteit, jou ou lewe van sonde doen, jou ou lewe van nie liefde ken nie, van verwerpings, van beledig word, van jouself as 'n nikswerd en mislukking sien en die ou manier van d**k wat vir jou reg en normaal is. Jy is 'n totale nuwe mens, in 'n nuwe familie, met die Heilige Gees in jou wat jou "tot alles in staat" maak!
"Vat" hierdie waarheid vir jou vandag en lewe, sonder verskonings ten spyte van jou groot-word jare, soos die nuwe mens wat God jou gemaak het(2 Kor 5:18).
Vir alle pappas en mammas wat nog babas, kleuters of tieners in die huis het - dis nooit te laat om Bybelse pappas en mammas vir julle kinders te word nie. As hulle 'n stabiele huis van liefde ken, sal hulle maklik tuis-wees as 'n nuwe mens in Christus in God se Vader-huis!

Improving our relationship with God

God se Werk in MyOns wedergeboorte is beslis belangrik omdat dit ons sekerheid is tot 'n ewige lewe saam met die Here en...
27/01/2024

God se Werk in My
Ons wedergeboorte is beslis belangrik omdat dit ons sekerheid is tot 'n ewige lewe saam met die Here en alle gelowiges. Maar dis nie al waaroor dit gaan nie.
Fil 1:6 sê: ..omdat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom." Maw die dag van ons wedergeboorte is ook die dag wat God in ons begin werk, sodat ons "op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam sal wees"(Fil 1:10).
God se eerste werk in ons is liefde: "dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat julle die dinge kan onderskei waarop dit werklik aankom". Die Here wil hê ons moet mekaar liefhê soos Hy ons liefhet. Jesus het altyd "begrip en 'n fyn aanvoeling"(v9) gehad vir mense. Bv Jesus het die mense innig jammer gekry toe Hy sien hulle is "moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie"(Matt 9:36). En toe Jesus sien Maria huil oor haar broer Lasurus se dood, het "Sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan "(Joh 11:33). Ons het die Heilige Gees in ons wat ons altyd die gees van onderskeiding kan gee oor 'n persoon se situasie. Dan sal ons kan onderskei waaroor dit gaan maw ons sal ook by die Heilige Gees "hoor" hoe ons die persoon moet help met raad en wysheid. Ons moet weet om mense opreg lief te hê en in liefde op te tree, kom nie vanself nie. Ons kan net gee wat ons het. Daarom, hoe meer ek en jy God se liefde vir ons ken en dit vir ons "gevat" het, hoe meer kan ons vir mense liefde gee!
Die tweede goeie werk wat in ons moet gebeur is; ons moet "toeneem in geloof en blydskap in ons geloof hê"(Fil 1:25). Dis hoekom Paulus sê hy sal graag hemel toe wil gaan, maar weet hy moet nog die Evangelie verkondig. My en jou geestelike, groei is vir God 'n noodsaaklikheid. Hy soek by ons 'n honger na die Woord, sodat ons altyd sterk in geloof kan staan soos 1 Tim 4:6 sê: "....voed jouself met die woorde van geloof en die goeie leer...."
Die derde werk van God in ons lewe is dat "dieselfde gesindheid in ons moet wees wat ook in Jesus Christus was"(Fil 2:5). Dit spreek van 'n nederigheid, om ander mense hoër as jouself te ag, om niks uit selfsug te doen nie en om nie net aan jou eie belange te d**k nie.(Fil 2:3,4).
Vierdens wil God so in ons werk sodat ons alle uiterlike, wêreldse dinge as waardeloos sal sien. Die enigste waardevolle bate in my lewe moet wees om Jesus Christus, my Here te ken!(Fil 3:8). Dis slegs moontlik as ons ons verlede, goed of sleg, agter ons plaas en soos die TPT bybel sê: "My passion is to be consumed with Him..."(Fil 3:9). Dan sal ons Sy opstandingskrag ondervind en ons sal sterf in onsself, in ons wil, net soos Jesus gesterf het sodat ons as nuwe mense in Christus kan lewe(Fil 3:10).
Die vyfde werk van God in ons is dat ons altyd, in elke seisoen van ons lewe, "sal bly wees in die Here"(Fil 4:4). Ons moet elke bekommernis wat ons blydskap kan steel vir Hom oorgee en ons moet kies om ons gedagtes te rig op dit wat waar en mooi is.(Fil 4:6-8). Hy wil ons leer om ten spyte van slegte omstandighede nog te weet "ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee"(Fil 4:13). Maw ons moet dit 'n leefstyl maak om negatiewe gedagtes met waarheid-gedagtes te vervang, sodat ons blydskap kan hê in Jesus, ten spyte van ons omstandighede en die feite.
Die sesde werk van verandering van God in ons lewe is ivm geld. Hy wil hê ons moet "gee-hande" hê, want alle geld-saad wat ons vir Evangelie-prediking gee, sal vrug dra(Fil 4:15-17). Geld-gee is soos 'n offer van dankbaarheid aan die Here. Die vrug vir ons is dat Hy ryklik in elke behoefte van ons sal voorsien volgens Sy rykdom(Fil 4:18,19). Ons God is 'n Gewer, Hy wíl in al ons behoeftes voorsien en Hy wil hê ons moet soos Hy wees.
Elke werk van God in ons, maak van ons beter mense. Ons kan Hom toelaat of ons kan Hom teenstaan. Maar as ons met Hom saamwerk, sal ons , wanneer Christus kom, so wees:"julle hele lewe sal vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God - goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!"(Fil 1:11 NLV).

20/01/2024

Wie het dit vir jou gesê?
Aan die begin van die nuwe jaar is dit altyd goed om 'n bietjie self-ondersoek te doen. So, vandag wil ek vir jou vra: As jy na jouself in 'n spieël kyk, wat d**k jy van die mens wie jy sien? Jy kan van die mens hou of jy kan met skaamte na die mens kyk.
As jy jouself as 'n mooi mens sien, uiterlik en innerlik, is jy op 'n goeie plek in jou lewe. Dan sien jy jou soos God jou sien. God het elke mens, ook vir jou geskape na Sy beeld(Gen 1:27). Selfs "die hemelwesens het gesien die dogters van die mense is mooi"(Gen 6:2). Innerlik, as geesmense is "....julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom.... "(Kol 1 :22). Jes 43:2 sê: "....Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne" en vers 4 sê: "Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en liefhet." Wat d**k jy oor jou lewe hier op aarde? God sê in Ps 139:17 dat Hy voor ons geboorte net mooi gedagtes vir ons gehad het. Rom 8:35-39 sê dat ons meer as oorwinnaars is, omdat Hy vir ons liefhet. Maw die wete dat Hy ons liefhet, gee ons die krag om alle probleme te oorwin. Dit word bevestig met die woorde: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat vir my krag gee".(Fil 4:13) . Ek en jy is die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld(Matt 5:13,14). Maw ek en jy kan 'n verskil in mense se lewens maak. As hierdie Skrifte vir jou duidelik word, het jy na Hom geluister en sien jy jouself soos die Here jou sien. Dit wat in die Bybel staan, is God se woorde. Dit is wat God vir jou sê wie jy is!
Daar is wel baie christene wat hulleself in 'n negatiewe lig van leuens sien. Hulle was gemeet aan 'n boetie of sussie en is as die "lelike eendjie" of die "swartskaap" van die familie gesien. Dalk sien jy jouself as die "stout een", die "rebel" of die "dom enetjie", want dit was die siening van 'n onderwyser by die skool. Jy kon nooit die rugby-, krieket- of die atletiekspan haal nie, want jy het gehoor jy is te lomp, te stadig, nie goed genoeg nie of "ons soek net die beste" en nou glo jy, jy is nie die "beste" nie. Jou skoolrapport was nie goed genoeg sodat jy 'n dokter of 'n ingenieur of kan "ver kom in die lewe" nie en dié opininie van mense maak dat jy jouself sien as 'n mislukking en 'n 2de graadse mens. Dalk moes jy saam met jou ouers kerk toe gaan en jy het vele preke gehoor wat sê: "As jy nie reg lewe nie, sal God Sy rug op jou draai" of "solank as wat jy sonde doen, is God kwaad vir jou en kan Hy jou nie liefhê nie". Of dalk het 'n kerk-tannie vir jou gesê as jy nie in tale kan praat of groot gedoop is nie, kwalifiseer jy nie om hemel toe te gaan nie. Nou sien jy jouself ook as 'n slegte christen wat ook nie goed genoeg is in God se oë nie. Wie het vir jou al hierdie leuens vertel? - Verseker nie die Here nie!!
Dis tyd dat ons eerlik met onsself moet wees. Weet jy regtig dat God vir jou net so liefhet soos vir Jesus?(Joh 17:23). Weet jy regtig dat God jou sien as 'n waardevolle persoon vir wie Hy 'n mooi toekoms van sukses en voorspoed beplan het?(Jer 29:11). Weet jy regtig Jesus se bloed het jou geheel en al, vir ewig skoongewas van alle sondes?(Heb 10:14), sodat "daar nou geen veroordeling is vir dié wie in Christus is: nie?(Rom 8:1).
Ek en jy kan elke dag kies om die Here se woorde in Sy Woord te glo of om die woorde van mense wie deur satan geïnspireer is, te glo. Satan se manier van doen is altyd om mense so te mislei sodat hulle nie die Woord ten volle glo nie. In die Tuin van Eden het Hy vir Adam en Eva gevra: "Het God regtig gesê.....?" Dis wat hy ook met ons doen: ons luister na mense se opinies oor ons wat totaal verskil van God se opinie oor ons, Dan moet ons vir onsself vra: "Wie het dit vir my gesê?" Kies altyd om God se Woord as die waarheid te kies.

Improving our relationship with God

Address

4 Gert Honiball Street, Bayview
Hartenbos
6500

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Waarhede van die Woord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share