NG Mosselbaai-Suid

NG Mosselbaai-Suid Welkom by die NG Kerk Mosselbaai Suid gemeente. Die NG Gemeente Mosselbaai-Suid (Suidkerk) het op 29 Julie 1958 afgestig van Mosselbaai (Moeder)-gemeente.

Die eerste erediens vd gemeente is op 3 Aug 1958 gehou. Die Kerkgebou is ingewy op 22 Okt 1960

03/06/2026
Na 22 jaar as kassier en ontvangs by NG Mosselbaai-Suid, neem Maretha Fourie afskeid. Jou toewyding, warmte en omgee het...
31/05/2026

Na 22 jaar as kassier en ontvangs by NG Mosselbaai-Suid, neem Maretha Fourie afskeid. Jou toewyding, warmte en omgee het ’n blywende indruk op ons almal gemaak.

By jou het ons baie geleer, saam gelag en selfs saam gehuil – kosbare herinneringe wat ons altyd sal koester.

Jy gaan beslis baie gemis word. Mag hierdie nuwe hoofstuk vir jou gevul wees met rus, vreugde en seëninge. Geniet elke oomblik van jou welverdiende aftrede.

AFKONDIGINGS 31 Mei - PINKSTERTYDSUIDKERK LEEF IN PAS MET DIE HEILIGE GEESDie offers by die deure vandag is vir Hospitaa...
31/05/2026

AFKONDIGINGS 31 Mei - PINKSTERTYD
SUIDKERK LEEF IN PAS MET DIE HEILIGE GEES

Die offers by die deure vandag is vir Hospitaalbearbeiding

‼️ Kyk asb weer na die boodskap wat Vrydag uitgestuur is in sake kerkraadsbesluite.
Soos met Moedersdag kan u nou vir Jeugdag (seun of dogter) en Vadersdag ‘n nr koop vir R20 en ‘n geskenk pak wen. Koop u nommer by die kerkkantoor.

🔴 vir u bydraes
Bankrekening vir dankoffers en inbetalings soos byv aankope - ABSA NG Kerk Mosselbaai-Suid rek nr 2070580031
Vir Geloofsbelofte offers ABSA NG Kerk Mosselbaai-Suid rek nr 2070167886

GEBEDSAKE
🛐 Voorbidding vir oorlog geteisterde lande. Bid vir mense wat ly (troos vir families wat geliefdes verloor het, vir genesing vir gewondes en getraumatiseerdes, vir vlugtelinge en ontheemdes wat huis, werk en stabiliteit verloor het)
🛐Kom ons dra vandag Hospitaalbearbeiding deur leraars aan diie Here op - mense is dikwels meer ontvanklik wanneer hulle krisisse beleef.
🛐 Vandag is Biddag vir die Ekologie. God se Skepping sug (Rom 8) - dikwels is die mens twv ontwikkeling besig om die ekologie heeltemal te vernietig.
🛐Bid vir die voorvalle van geweld in ons land (wat ook Mosselbaai raak), byv xenofobie, en familie en vriende van die egpaar wat in die Wildtuin vermoor is. .

✝️ Siekes - John Darlew 17 de Laan. Willem Reichert Ysterhoutsingel, Noelene du Preez Heidevilla
Sterfte: Skippie (Emile) Scheepers - hy was ‘n vorige hoof by Laerskool Park (1983-1996) asook raadslid in Mosselbaai. Sy vrou, Hetsie, is ons vorige orrelis. Ons dra vir Hetsie, kinders en kleinkinders aan die Here op

26/05/2026
AFKONDIGINGS 24 Mei - PINKSTERFEESGESEËND IS JY, WANT DIE HEILIGE GEES SAL OOR JOU KOM‼️ BELANGRIKE DATUMS ⁃ Weens die g...
24/05/2026

AFKONDIGINGS 24 Mei - PINKSTERFEES
GESEËND IS JY, WANT DIE HEILIGE GEES SAL OOR JOU KOM

‼️ BELANGRIKE DATUMS
⁃ Weens die gure weer skuif die Kerkraadsvergadering na Woensdag 27 Mei 18:00
⁃ 31 Mei vier ons Nagmaal tydens die erediens ook by Santos Haven. Die kinders gebruik eers saam met hul ouers Nagmaal voor hulle klassies toe gaan.
⁃ die kinders eers saam met hul ouers Nagmaal gebruik voor hulle klassies toe gaan.

🔴 BELANGRIKE NUUS
Maretha tree einde van die maand af. Sy was vir 22 jaar deel van die personeel. Maretha dit gaan ń baie groot aanpassing wees om jou nie in die kantoor te sien nie. Mag die aftrede ń geseënde tyd wees.

‼️Vir enige bydraes
Bankrekening vir dankoffers en inbetalings soos byv aankope - ABSA NG Kerk Mosselbaai-Suid rek nr 2070580031
Vir Geloofsbelofte offers ABSA NG Kerk Mosselbaai-Suid rek nr 2070167886

GEBEDSAKE
🛐 Kom dank die Here vir alle dinge waarvoor jy dankbaar is.
🛐Kom ons dra diegene op aan die Here wat Hom nog nie ken nie.
🛐 Bid vir die Heilige Gees om die dagbestuur en kerkraad te lei om sy wil te verstaan.
🛐Bid vir wysheid en leiding rakende die toring

✝️ Siekte/krisisse
Thys van Huysteen Vleesbaai, Renola Roets Fynboshoogte, Nelie Anthonissen Kenani, Nico Bothma, Willem Reichert Ysterhoutsingel.

AFKONDIGINGS 17 Mei 2026.  PINKSTERTYD - die Here IS alom teenwoordig.Weens die gure weer skuif die Kerkraadsvergadering...
17/05/2026

AFKONDIGINGS 17 Mei 2026.
PINKSTERTYD - die Here IS alom teenwoordig.

Weens die gure weer skuif die Kerkraadsvergadering na Woensdag 27 Mei 18:00

PINKSTER - In 1861 het Pinksterbidure in die NG Kerk begin en het gemeentelede in Wellington begin om aktief saam te bid vir geestelike herlewing

‼️Pinksterdienste
Ds Hanli in die kerksaal. Sondag 09:00 en Maandag tot Donderdag om 18:00. Pinksterfees Sondag 24 Mei om 09:00. Sy hou ook Pinkster by Laerskool Park

Ds André in die Vleesbaai-saal. 17-21 Mei. Hy lei ook dienste by Santos Haven Maandag tot Donderdag om 15:00 asook Kenani net na middagetes.

‼️Vir enige bydraes
Bankrekening vir dankoffers en inbetalings soos byv aankope - ABSA NG Kerk Mosselbaai-Suid rek nr 2070580031
Vir Geloofsbelofte offers ABSA NG Kerk Mosselbaai-Suid rek nr 2070167886

GEBEDSAKE
🛐 Pinkstertyd, dra ons leraars op aan die Here vir Geestelike verryking en versterking in die week.
🛐Vir ons gemeente om die Here op n bonatuurlike manier te ontmoet.
🛐 Bid vir die Heilige Gees om die dagbestuur en kerkraad te lei om sy wil te verstaan.
🛐Bid vir wysheid en leiding rakende die toring

✝️ Siekte/krisisse
Renola Roets van Fynboshoogte, Leon van Rooy Santos Haven, Elize Claassen Protea aftreeoord,
Vonnie Pretorius van Santos Haven.

✝️Sterfte
Jasper van der Linde van Mc Kinnerystr (Gedenkdiens Saterdag 23 Mei om 11:00 in die kerksaal) Dra asb Thea, die kinders en hele familie aan die Here op.

Address

17th Avenue
Mossel Bay
6500

Opening Hours

Monday 07:30 - 12:30
Tuesday 07:30 - 12:30
Wednesday 07:30 - 12:30
Thursday 07:30 - 12:30
Friday 07:30 - 12:30

Telephone

+27446903552

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Mosselbaai-Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Mosselbaai-Suid:

Share