The_PLAN

The_PLAN ThePLAN is an association supporting the universal Church to make real it's missional character - to act as Christ's ransformational agent in the world.

The church in motion...

Why do some churches make a greater difference than others? This question gave rise to research which resulted in what is now known as thePLAN, an organisation active in various countries, helping and supporting churches to rediscover God's plan with and through them. To achieve this effectively, a growing group of theologians, researchers and other believers work togethe

r in continuous co-operation with partners and networks, both local and international, to provide more effective support. One of our primary partners is Shepherd, based at the Faculty of Theology, University of the Free State, which co-ordinates the continued ministry training for pastors. We at thePLAN believe there can be no sustainable impact where churches are merely encouraged to get involved in more projects. We do not believe that guilt feelings and emotional incitement is the way to secure the church's enhanced and sustainable involvement in the world. We believe that Scripture is the non-negotiable basis for the rediscovery of whom and what the church truly is, and this will generate new enthusiasm vibrancy and the dynamics to fulfil its role. Thus we continually challenge fellow believers to ponder our concept of God, perception of church and our world view. Simultaneously we continually reassess the Scriptural basis and effect of historical perspectives of God's people in the world. thePLAN uses various strategies and resources to support churches to rediscover their unique role and place in God's plan. Continuing research, workshops, retreats and a growing number of publications contribute to the overall strategy. Material is translated into an increasing range of languages and is presented in a growing number of countries. Thus we attempt to co-operate to inspire God's people to lead lives of dynamic enthusiasm, creating change and transformation in their own contexts. Should you as church or individual so wish, you can become part of this 'journey' of discovery to the true understanding of Jesus' words: 'As My Father sent Me, so I send you...'

03/05/2026

Ons begin môreoggend met ons Leesrooster-reis saam. Diegene op die WhatsApp-groep ontvang elke dag (Maandag tot Vrydag) om 06:00:
• ’n boodskap met die dag se Skrifgedeelte, ’n gedagte vir die dag en ’n vraag om oor na te d**k,
• asook ’n skakel na ’n YouTube-video van 3 minute, waarin ds. Hendrik Saaiman die dag se teks kortliks bespreek.
• Vrydae sal daar ’n ekstra boodskappie wees met ’n vraag vir 'n groepsbespreking.

Die boek “Die Meesterplan – God se missionale mense: voorsmaak of nasmaak?” is 'n ware ontdekkingsreis oor wat ons hier op aarde maak, wie ons in Christus is, hoe ons leef, en hoe ons groei as sy gestuurdes. (Die boek kan bestel word by [email protected] teen R285, plus koerierkoste.)

Die Leesrooster wat ons die volgende 52 weke gaan volg, wil ons help om die Bybelse grondslag van die waarhede in die boek raak te sien en ons eie te maak. Die WhatsApp-groep is ’n eenvoudige manier om saam op dié pad van ontdekking en bevestiging te stap en Bybelse antwoorde op baie vrae te vind.

Mag hierdie 52 weke vir elkeen van ons ’n tyd van seën, verdieping en groei wees. Mag dit elke dag meer wees as net kennis, maar ’n ware ontmoeting met die Here wat besig is om sy herstelplan in Christus in ons lewens te verwerklik en ons bemagtig om as sy gestuurdes te leef.

NS: Indien jy graag wil inskakel by hierdie reis, gebruik die volgende skakel:

NOG ENKELE DAEBYBELLEESROOSTER - Die MeesterplanDie materiaal van DiePLAN (insluitend die boek van dr. Frans Hancke: Die...
27/04/2026

NOG ENKELE DAE

BYBELLEESROOSTER - Die Meesterplan

Die materiaal van DiePLAN (insluitend die boek van dr. Frans Hancke: Die Meesterplan - God se missionale mense, voorsmaak of nasmaak?) is Bybelsgefundeerd. Daarom het DiePLAN se assosiate ʼn Bybelleesrooster ontwikkel vir individue en groepe. Ons gebed is dat gelowiges, deur die Woord en die Heilige Gees geestelik sal verdiep, God se meesterplan beter verstaan en hul eie rol daarin ontdek—’n moontlik lewensveranderende ervaring.

Hoe werk dit?
* Jy ontvang elke oggend (±06:00) ʼn kort WhatsApp-boodskap.
* Dit bevat:
– Weeknommer (van die betrokke hoofstuk van Die Meesterplan), asook dag
– Week se tema en 'Gedagte vir die Dag'
– Skrifgedeelte
– 'n Vraag om gedeelte te oord**k
– Skakel na ʼn kort video oor die dag se Skrifgedeelte (

17/01/2026

Ds. Ensie Enslin gee inligting oor die boek 9 Weke van Transformasie tydens die uitgawe daarvan in 2007. Kyk gerus na die aangehegde video (9 min.) om sommer heelwat meer van hierdie Bybelstudie-boek te hoor en die seen wat daaruit vir jou kan voortvloei. Klik op hierdie skakel om aan te sluit by die Nege Weke van Transformasie aanlyn-Bybelstudiegroep (WhatsApp-groep) van NG Gemeente Dagbreek: https://chat.whatsapp.com/FwlsNENJ7Oc66bqLmufUgj

NEGE WEKE VAN TRANSFORMASIE - 'n Aanlyn-Bybelstudie o.l.v. NG Gemeente DagbreekBybelstudiegids opgestel deur dr. Frans H...
17/01/2026

NEGE WEKE VAN TRANSFORMASIE - 'n Aanlyn-Bybelstudie o.l.v. NG Gemeente Dagbreek

Bybelstudiegids opgestel deur dr. Frans Hancke en medewerkers
Begeleiers van aanlyn-Bybelstudie: Dr. Frans Hancke en ds. TC du Toit

’ n Stadige geloofspad met diepte

Nege Weke van Transformasie is ’n Bybelstudie met ’n verskil . Dit is nie in die eerste plek daarop gemik om kennis oor te dra nie, maar om ruimte te skep vir ’n persoonlike en lewende ontmoeting met die Here Jesus, en vir ’n geloof wat werklik vorm aanneem in die alledaagse lewe.

Oor 'nege weke' (eintlik nege maande met die metode waarmee ons dit gaan aanpak) neem hierdie studie jou op ’n duidelike, saamhangende pad:
- Ons begin by die fondament: God en sy mense – wie Hy is, en wie ons voor Hom is.
- Daarna ontdek ons God se Plan , en dat dit nie iets is wat ons uitd**k nie, maar ’n werklikheid waarin ons self ingesluit word.
- Die fokus skuif na die Heilige Gees , wat lei, vorm en bemagtig, en na ’n lewende gebedsverhouding waarin praat én luister sentraal staan.
- Van daar word ons uitgedaag om eerlik te kyk na rigting , visie en groei , en na wat dit beteken om as burgers van God se Koninkryk te leef.
- Die laaste weke bring alles bymekaar: verhoudings , leierskap , dissipelskap en sending , totdat die vraag onontkombaar word: Maak my geloof ’n verskil – en maak dit my ’n verskil-maker?

Hoe werk dit prakties?
- Die boek Nege Weke van Transformasie word vooraf bekom by NGK Dagbreek. (R30, insluitend CD met 13 liedere & 2 stem-boodskape/getuienisse)
- Hierdie studie is aanvullend tot die gemeente se bestaande leesrooster (Die Meesterplan), en behoort nie tydsgewys inbreuk daarop te maak nie.
- Die tempo is doelbewus stadig, sodat dit nie oorlaai nie en ruimte laat vir rustige, volhoubare groei.
- Jy kry minstens vyf dae om een dagstukkie uit die boek te doen.
- Ná elke stel van vyf dagstukkies (ongeveer elke vier tot ses weke) vind daar ’n lewendige aanlyn ontmoeting plaas vir gesprek en verdieping.
- Die studie word eenvoudig begelei deur kort WhatsApp-video’s.
- Deelname vereis aansluiting by die WhatsApp-groep, wat dien as kommunikasiepunt en platform vir die aanlyn groepontmoetings.

👉 Jy kan hier aanmeld by die WhatsApp-groep:
https://chat.whatsapp.com/FwlsNENJ7Oc66bqLmufUgj

Hierdie pad vra nie haastigheid nie, maar verwagting.
Nie prestasie nie, maar beskikbaarheid.
Nie net hoor nie, maar leef.

As jy bereid is om dit onbevange te waag, en saam met ander stadig en eerlik voor God te stap, is jy welkom om deel te wees van Nege Weke van Transformasie.

Inligting rakende die "Ek en die Meesterplan"-konferensie te NGK Dagbreek te Welkom vanaf 1 tot 2 Augustus 2025. Die Son...
15/06/2025

Inligting rakende die "Ek en die Meesterplan"-konferensie te NGK Dagbreek te Welkom vanaf 1 tot 2 Augustus 2025. Die Sondag na afloop van die konferensie sal Dr Hancke ook by die erediens in Dagbreek Gemeente optree.

Ons spreker by die 'Ek en die Meesterplan'-konferensie is dr Frans Hancke. Hy is ’n gerespekteerde Gereformeerde teoloog...
15/06/2025

Ons spreker by die 'Ek en die Meesterplan'-konferensie is dr Frans Hancke. Hy is ’n gerespekteerde Gereformeerde teoloog, navorser, skrywer en ervare begeleier van gemeentes en hulle leierskap. Hy het in 2006 sy Doktorsgraad in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.

Sy passie is om gelowiges te help om God se roeping vir sy kerk vandag beter te verstaan en uit te leef. Hy is bekend as ’n boeiende spreker wat met eenvoud die waarhede van die Skrif en insigte uit sy navorsing op ’n treffende manier byeen bring.

Vir meer as 30 jaar al tree hy by gemeentes regoor Suid-Afrika en internasionaal op, waar sy bydraes wyd gewaar-deer word. Sy nuutste boek, Die Meesterplan, is die kulminasie van jarelange navorsing, volgehoue studie en praktiese betrokkenheid by die werklikhede en uitdagings waarmee die kerk vandag in haar roeping te doen kry.

Dit klink asof die vrae al hoe meer word en die antwoorde al hoe minder. Vrae oor God, die kerk, die toekoms en helaas o...
15/06/2025

Dit klink asof die vrae al hoe meer
word en die antwoorde al hoe
minder. Vrae oor God, die kerk, die
toekoms en helaas oor myself. Dis
so asof dinge al ingewikkelder en
deurmekaarder word – en vir baie
mense raak dit al hoe moeiliker om
te glo dat God werklik in beheer is,
dat Hy ʼn plan het. Om dinge te
vererger is dit nie net hierdie vrae
wat pla nie, want op die koop toe, is
daar al hoe meer stemme wat
daartoe bydra dat geloof in God
verdag gemaak word, verkleineer
en selfs as Middeleeus en belaglik
afgemaak word.

Tydens die komende konferensie
gaan ons nad**k oor hierdie vrae.
Heel moontlik kom ons tot nuwe
insigte oor God se Meesterplan en
ons rol daarin. Dalk is daar
verrassende ontdekkings wat my
lewensreis vir altyd sal verander.
Wie weet?

- Frans Hancke -

02/05/2025

Die boek van Dr Hancke is nou beskikbaar. Klik op video vir meer inligting.

26/09/2024

Join us in prayer for this event. Let's pray for our conference leader, Dr. Frans Hancke, and all the attendees. Only God can truly transform the lives of His children, empowering them with His Spirit to reflect His glory noticeable and lasting. Today's world doesn't require more religion but genuine followers of a risen and living Christ.

Send a message to learn more

26/09/2024

Address

PO Box 940
Great Brak River
6525

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The_PLAN posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share