Kruisstap Familie Gemeente

Kruisstap Familie Gemeente Kruisstap Familie Gemeente is opgerig deur God vir die spesifieke doel om die Boodskap van die kruis te leef en verkondig.

06/09/2026
30/08/2026

Tema: Die lig van die evangelie bring, die Heerlikheid van Christus !! Deel 2

Teks : 2 Korintiërs 4:5-9

23/08/2026

Tema: Die lig van die evangelie bring, die Heerlikheid van Christus !!

Teks : 2 Korintiërs 4:1-6

22/08/2026

Geliefdes ons nooi julle uit om saam met ons te vergader in die Naam van Jesus !!

Sondagoggend diens om 9:00. Lewendige uitsending op Kruisstap Familie Gemeente facebook blad.

Eagles wings saaltjie

Baie Jesus liefde
Groete Deon

LUKAS 9:23 AFR53[23] EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag op...
27/07/2026

LUKAS 9:23 AFR53
[23] EN Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

27/07/2026

Ons leer die Boodskap van die kruis saam..

FILIPPENSE 3:14-15 (AFR53)
"Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar."

Paulus herinner ons dat 'n kind van die Here nie met sy oë op die verlede leef nie, maar met sy oë op Christus. Dit wat jou terughou—ou mislukkings, skuldgevoelens, wettisisme, sonde of verkeerde leringe moet agtergelaat word. As ons daaraan vasklou, sal dit ons geestelike groei belemmer en ons laat stagneer. Onthou maar Lot se vrou !!

Ons wat die Boodskap van die Kruis ken, weet dat ons vaste fondament nie ons eie werke is nie, maar Christus Jesus en Hom as gekruisigde. By die kruis vind ons vergifnis, vryheid, oorwinning en geestelike groei. Dit is waar ons geloof geanker moet bly.

Die Bybel waarsku dat baie van die geloof afvallig raak. Daarom moet ons waak dat ons harte nie wegdryf van die eenvoud van die evangelie nie. Hou jou oë gevestig op Jesus, vertrou volkome op wat Hy aan die kruis volbring het, en jaag die hemelse roeping na wat God vir jou het.

Baie Jesus liefde
Groete Deon

21/07/2026

Ons leer die Boodskap van die kruis saam..

Lukas 9:18-22

Jesus vra eers: "Wie sê die skare is Ek?" Die mense het baie opinies gehad. Sommige het gedink Hy is Johannes die Doper, ander Elía of een van die profete. Vandag is dit nie anders nie. Baie mense het 'n mening oor Jesus, maar 'n mening red niemand.

Dan vra Jesus die belangrikste vraag: "Maar julle, wie sê julle is Ek?" Dit is die vraag wat elke mens persoonlik moet beantwoord. Petrus antwoord: "Die Christus van God!" Hy bely dat Jesus die Gesalfde, die Verlosser is.

Maar Jesus wys hulle dadelik dat die Christus nie sou kom om 'n aardse koninkryk op te rig nie. Hy sou ly, verwerp, sterf en op die derde dag opstaan. Dit is die hart van die Evangelie. Ons redding is nie gebou op ons eie werke of pogings nie, maar op wat Jesus Christus aan die kruis gedoen het en Sy opstanding uit die dood.

Om Jesus reg te ken, is om Hom te ken as die gekruisigde en opgestane Here. Ons geloof rus nie op menslike idees nie, maar op die voltooide werk van Christus.

Bly vandag elke oomblik vasgemaak aan Jesus deur die geloof in wat Hy aan die kruis gedoen het.

"The true revelation of Christ comes only through the Cross "

"The only way to deny self and follow Christ is through the Cross "

Baie Jesus liefde
Groete Deon

Address

Meyerton
1961

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kruisstap Familie Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Kruisstap Familie Gemeente:

Shortcuts

Share