Lewende Woord Lydenburg

Lewende Woord Lydenburg Sondae Diens Tyd: 09h00
Kantoor Tye: 08h00-13h00 Weeksdae Lewende Woord Lydenburg is gestig in 2005 deur Egbert en Hannerie Hiemstra.

Ons het dienste gehou in Lydenburg se Burgersentrum maar het 2013 in ons eie gebou ingetrek. Gaan gerus na www.lewendewoord.co.za en soek Lydenburg

Ontmoet die Lewende Woord Gemeentelid: Tiener-weergawe! 📸✨Vandag kyk ons terug op die tienerjare van een van ons kosbare...
04/09/2026

Ontmoet die Lewende Woord Gemeentelid: Tiener-weergawe! 📸✨

Vandag kyk ons terug op die tienerjare van een van ons kosbare leiers!

Ontmoet vir Chané Muller — vandag dien sy as 'n getroue en gewaardeerde ouderling in ons gemeente, maar op hierdie foto was sy nog in die mees opwindende hoofstuk van haar tienerjare!

Dit is wonderlik om te sien hoe die Here 'n mens van kleins af vorm en voorberei vir die pad wat voorlê.

📖 "Moenie dat iemand na jou opkyk omdat jy jonk is nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid." — 1 Timoteus 4:12

keep the main thing the main thing.
01/09/2026

keep the main thing the main thing.

keep the main thing the main thing.

Ontmoet die Lewende Woord Gemeente Lid, Tiener Weergawe: Madelein Buitendag! Dit wys net weer: die Here plant al vroeg d...
27/08/2026

Ontmoet die Lewende Woord Gemeente Lid, Tiener Weergawe: Madelein Buitendag!

Dit wys net weer: die Here plant al vroeg die saadjies van talent en passie in ons lewens. Ons is ontsettend dankbaar vir Madelein se hart vir die Here en die prag-bediening wat sy in ons gemeente vervul.

📖 "Die Here is my sterkte en my beskermer; op Hom het my hart vertrou..." — Psalm 28:7

Ons persepsie van goed, word beinvloed deur dit wat ons sien. Om dit te verander moet ons anders na goed kyk.
26/08/2026

Ons persepsie van goed, word beinvloed deur dit wat ons sien. Om dit te verander moet ons anders na goed kyk.

Ons gaan lekker saam kamp by Swadini 25 – 27 September! Kom breek lekker weg saam met die gemeente vir ’n naweek vol sam...
24/08/2026

Ons gaan lekker saam kamp by Swadini 25 – 27 September! Kom breek lekker weg saam met die gemeente vir ’n naweek vol samesyn, heerlike kuier rondom die braaivleisvuur, en geestelike verfrissing in die natuur.

Bespreek asseblief self jou plek direk by Swadini:
Kontak: 015 795 5141
E-pos: [email protected]

Kry jou bespreking vroegtydig in sodat jy nie hierdie wonderlike naweek van samesyn en ontspanning misloop nie!

📖 "Kyk hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!" — Psalm 133:1

Kyk net na die mooi herinneringe van Dinsdagaand se Vivid Grace-byeenkoms!Ons harte is meermate gevul ná ’n heerlike kop...
20/08/2026

Kyk net na die mooi herinneringe van Dinsdagaand se Vivid Grace-byeenkoms!

Ons harte is meermate gevul ná ’n heerlike koppie sop, goeie samesyn, en ’n baie praktiese en inspirerende boodskap deur Sadrie Bezant.

Dankie aan elkeen wat die geleentheid so spesiaal gemaak het!

📖 "Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik." — Matteus 5:16

18/08/2026
Droom jy van ’n onvergeetlike afspraak of ’n eksklusiewe bederf bo die wolke? Hier is jou kans om dit te wen én ’n wonde...
18/08/2026

Droom jy van ’n onvergeetlike afspraak of ’n eksklusiewe bederf bo die wolke? Hier is jou kans om dit te wen én ’n wonderlike saak te ondersteun!

KAARTJIES NET R100 ELK!
Waarde van die prys: R7 000!

Wat sluit die prys in?
Aanskoulike Helikopterrit (45 - 60 min): Vlieg oor die pragtige Lydenburg en omgewing.
Berg-Landing: Word op ’n eksklusiewe bergpiek afgelaai vir totale rus en vrede.
Lekkerste Piekniekmandjie: Geborg deur die gewilde Crust!
2 Ure se Bederftyd: Ontspan en geniet die uitsig voor die helikopter julle weer kom optel en veilig in die dorp aflaai.

Waarvoor is die geld?
Sommige drome bring ook hoop! Alle opbrengste en fondse ingesamel gaan ten bate van Cluster om ’n wesenlike verskil in ons gemeenskap te maak.

Trekking: Einde September 2026
Geldigheid: Prys moet binne 3 maande ná die trekking gebruik word.
Bespreeking: Datum van die rit is onderhewig aan die beskikbaarheid van die vlieënier.

Koop jou kaartjie vandag nog en hou jou duime vas!
Kontak Lelanie by +27 83 375 7323 vir meer inligting.

'nRit

Liewe gemeente, ons gaan voort met ons spesiale "Tiener Weergawe" van ons Ontmoet die Lid-reeks! Vandag kyk ons terug na...
13/08/2026

Liewe gemeente, ons gaan voort met ons spesiale "Tiener Weergawe" van ons Ontmoet die Lid-reeks! Vandag kyk ons terug na die tienerjare van Cobus Buitendag—ouderling en gewaardeerde lid van ons aanbiddingspan.

Cobus is ’n wonderlike voorbeeld van hoe die passie en talente wat God in jou tienerjare plant, later gebruik word om ’n hele gemeente te seën. Vandag lei hy ons nie net met sy musiek op die verhoog nie, maar dien ons ook met wysheid as leier!

📖 "Elkeen moet die genadegif wat hy ontvang het, gebruik om mekaar te dien..." — 1 Petrus 4:10

Vernuwing van denke - jou sleutel tot oorwinning.
12/08/2026

Vernuwing van denke - jou sleutel tot oorwinning.

Address

Lydenburg
1120

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 12:00

Telephone

+27132352463

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lewende Woord Lydenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Lewende Woord Lydenburg:

Shortcuts

Share