Hervormde Kerk Lichtenburg-Oos

Hervormde Kerk Lichtenburg-Oos Hervormde Kerk Lichtenburg-Oos
(h/v 7de Laan & 5de Straat, Burgersdorp) Religious Organization

08/09/2026

Dinsdag 8 September 2026

Genesis 46:2 "Godhet dié nag met Israel gepraat in 'n visioen en geroep: “Jakob, Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”

God praat met jou en my deur Sy Woord. Hierin roep Hy ons op om Hom te dien en om op Hom te vertrou. Daarmee saam verseker Hy ons dat Hy elke tree saam met ons stap soos wat Hy ook met Jakob se voorsate gedoen het.

Die Here roep ons op om vandag (en elke dag) as sy kinders te leef. Wat is hierop jou antwoord?

Amen

Ds. Lammert

07/09/2026
07/09/2026

Maandag 7 September 2026

Soveel dinge wat ons van die spoor wil afdruk. Uitdagings, stres, bekommernis - dit is alles woorde waarmee ons bekend is. Voeg daar by 'n blou Maandag en alles is nog meer deur mekaar.

Hoe oorleef ons? Hoe hou ons kop in die rotresies ?

Psalm 37 :5 "Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg."

Die sin van die lewe is gesetel in verhoudings. Die belangrikste verhouding, is ons verhouding met God. Bekommernis en uitdagings word nie noodwendig minder nie. Wat wel gebeur is dat die Skepper van hemel en aarde, saam met jou en my is, wanneer hierdie dinge op ons pad kom. Dan kan ons op God vertrou om ons daar deur te lei.

Amen

Ds. Lammert

03/09/2026

Donderdag 3 September 2026

Donderdag doen

1 Petrus 5:6 "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het."

Wie isin beheer van jou lewe? Dalk 'n regering wat met wette hul verantwoordelik systap. Dalk markkragte wat pryse beinvloed ? Dalk die korrupte denke wat jou magteloos laat ?

Of dalk is dit die Here ? Hy wat ten spyte van alles wat verkeerd kan loop en beproeings wat jou pad mag kruis, vir ons alles ten goede laat meewerk. Onderwerp jou aan die Here en met daardie laaste dag van jou lewe (en dit kom onverwags) jou sal verhoog tot die hemelse lewe.

Laat die Here toe om oor jou lewe te heers.

Amen

Ds. Lammert

02/09/2026

Woensdag 2 September 2026

Woensdaggebed

Here wanneer ons hierdie dag betree is dit met diepe afhanklikheid. Vandag staan daar mense langs 'n siekbed en pleit om genesing. Vandag is daar ander wat hartseer afskeid neem van 'n geliefde.

Sommiges worstel vandag met oorlewing, want die koskaste is leeg. Ander het uitdagings omdat verhoudings skipbreuk ly.

Dalk vir ander. Is vandag 'n dag van vrolikheid, omdat die lente aangebreek het.
Dankie dat in alle omstandighede U ons Vader is. Dat U sorg en versorg. Sien vandag ons nood en ons trane. Sien ons blydskap en bekommernis. Sien ons elkeen vandag raak en skenk ons die moed om vandag voluit te leef.

Dankie dat elke tree wat ons gee, saam met U is.

Amen

Ds Lammert

01/09/2026

Dinsdag 1 September 2026

Spreuke 23:4 "Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie."

Waarmee is jy besig? Ons kan so verstrengel word in afsprake en teikendatums dat ons dikwels soos masjiene funksioneer. Ons sloof ons af terwyl ons liggaam sonder 'olie' funksioneer. Ons wil so graag status en aansien bereik dat ons meer as 16 uur op 'n dag werk.

Daar is niks verkeerd om hard te werk nie. Die gevaar is dat ons maklik visie verloor. Ons kan dalk ook in die srtrik trap om soos die wereld te word en rykdom na te jaag., dat ons ons waardes prysgee.

Kom ons herinner onsself weer aan die beloftes teenoor ons huweliksmaat en kinders en vergeet nie ons ondersteunings netwerk nie.

Alles is 'n gejaag na wind as ons die liefde begin verruil. As ons God uit ons prentjie wil skuif.

Amen

Ds. Lammert

31/08/2026

Maandag 31 Augustus 2026

Spreuke 17:17 " Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood.'"

Ons is nie gemaak om alleen te wees nie. Dit kom mens agter wanneer jy 'n bejaarde besoek. Haar gesig helder op wanneer sy jou sien. Dit bevestig dat daar lewe buite daardie vier mure van die eensame is. Maar dit voeg onmiddelik waarde toe aan daardie vereensaamde se lewe.

Ons het mekaar nodig. Nie om kompetisie te wees nie. maar om mekaar in liefde te dra. Daarom hierdie kosbare waarheid van Spreuke 17. Wees 'n vriend en broer vir ander. Wees daar vir jou geliefdes. Maak tyd vir mekaar, ten spyte van 'n besige program.

Iemand het jou nodig. Jy het iemand nodig.

Amem

Ds. Lammert

Mattheus 21:28 - 32Watter seun is jy?
29/08/2026

Mattheus 21:28 - 32
Watter seun is jy?

Address

Hv 7de Laan En 5de Straat
Lichtenburg
2740

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27736197488

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Lichtenburg-Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Hervormde Kerk Lichtenburg-Oos:

Shortcuts

Share