EG Kerk Lichtenburg

EG Kerk Lichtenburg Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (EG Kerk SA) is ‘n lewenskragtige Evangeliese kerk

Wat as 'n paar klerehangers, 'n blikkie kos ... en 'n pannekoek iemand se dag kan verander? Hierdie Sondag, 2 Augustus 2...
28/07/2026

Wat as 'n paar klerehangers, 'n blikkie kos ... en 'n pannekoek iemand se dag kan verander?

Hierdie Sondag, 2 Augustus 2026, kry ons die geleentheid om saam 'n verskil te maak!

Ons neem 'n spesiale kollekte op ten bate van die Barmhartigheidsfonds, en elke bydrae help om hoop en praktiese ondersteuning aan mense in nood te bring.

Bring gerus saam:
🥫 Nie-bederfbare kositems
👕 Oortollige klerehangers
❤️ 'n Vrygewige hart

En as 'n bonus? Heerlike, vars pannekoek wag op jou!

Kom kuier saam, gee met vreugde, geniet 'n pannekoek en wees deel van iets wat werklik saak maak. Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

Hierdie winter is daar mense in ons gemeenskap wat elke dag die uitdagings van die straat in die winter moet trotseer. T...
18/06/2026

Hierdie winter is daar mense in ons gemeenskap wat elke dag die uitdagings van die straat in die winter moet trotseer. Terwyl ons warm huise, kos op die tafel en komberse het, is daar baie wat vanaand sonder hierdie basiese behoeftes gaan slaap.
Daarom nooi ons jou en jou gesin om saam met ons uit te reik na diegene wat dit die nodigste het.

Jesus sê in Matteus 25:35: "Want Ek was honger en julle het My iets gegee om te eet..."

Kom ons wees die hande en voete van Jesus.

16 Junie 2026 op Biesiesvlei gebeur daar groot dinge.Die Evangelies-Gereformeerde Kerk Lichtenburg in samewerking met Bi...
12/06/2026

16 Junie 2026 op Biesiesvlei gebeur daar groot dinge.

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk Lichtenburg in samewerking met Biesiesvlei Skietklub bied aan: OPELUG FAMILIEDAG te Biekiesvlei Air BnB.

Bring sommer die hele gesin en kom geniet die dag saam met ons.

Aktiwiteite wat jou sal besig hou tot laat.

1. .22 LR skietkompetisie met MASSIEWE pryse vir Opeklas, Hoërskool en Laerskool kategorieë.

2. Airsoft challenge. Maak spanne en voer oorlog.

3. Gel Blaster teikenskiet

4. Kettieskiet. Kom toets jou vernuf met n kettie en skiet n prys los.

5. Windbuksskiet. Kom skiet n paar skote met n windbuks. Wie weet, dalk wen jy iets.

6. F1 simulator. Kom en word vir n oomblik n Formule 1 drywer agter die stuur van n renmotor.

Verskeie kosstalletjies en drinkgoed. Pap en wors, worsrolle, wraps en watertand lekker sosaties. Koeldrank, Bubble Tea, Koffie, tee.

Kontak Marius Nel by 0735385019 vir meer inligting rakende die skietdag.

Om n Stalletjie te boek, konrak Lizel Nel by 0837527856.

Om in te skryf vir die .22 skiet kompetisie https://forms.gle/zthboKt3sK1QtsUc8

Kom geniet ʼn dag vol pret, plesier en familie by die Skietdag op 16 Junie 2026, aangebied deur EG Kerk Lichtenburg, te B...
07/06/2026

Kom geniet ʼn dag vol pret, plesier en familie by die Skietdag op 16 Junie 2026, aangebied deur EG Kerk Lichtenburg, te Biesiesvlei. Skryf in vir enige van die kategorieë soos geadverteer en meet jou kragte teen mede opgewonde skutte.

06/06/2026
Die Stroperresies van 5 Junie 2026 beloof vir groot opwinding. Kom besoek EG Kerk Lichtenburg se kosstalletjie, van vroe...
21/05/2026

Die Stroperresies van 5 Junie 2026 beloof vir groot opwinding. Kom besoek EG Kerk Lichtenburg se kosstalletjie, van vroeg tot laat, vir smullekker boereworsrolle en sosaties ... of selfs ʼn sosatie op ʼn broodrol vir die avontuurlustige.

Ons weet jou mond water nou ... want ons s'n doen.

Sien jou daar!

Dit is amper Moedersdag! ... en die kinders beplan iets super spesiaal 🤫
04/05/2026

Dit is amper Moedersdag! ... en die kinders beplan iets super spesiaal 🤫

19/04/2026

Wanneer die predikant sy kitaar afstof, gaan dinge lekker in die kerk. 🤭

Baie geluk met jou 19de verjaarsdag, PJ Greeff. Mag jy sal altyd jou ma se 'kuiken' bly, maak nie saak hoe oud jy word n...
01/04/2026

Baie geluk met jou 19de verjaarsdag, PJ Greeff. Mag jy sal altyd jou ma se 'kuiken' bly, maak nie saak hoe oud jy word nie. Mag die volgende lewensjaar vir jou propvol avontuur, niwe uitdagings en blessings wees. 🎉

Address

20 Piet Retiefweg
Lichtenburg
2740

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Lichtenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to EG Kerk Lichtenburg:

Shortcuts

Share