06/09/2026
Hierdie is ‘n ander tipe boegoe as die een wat voorheen bespreek is. Die boegoe waarna hier verwys word is die plant met die wetenskaplike naam Agathosma crenulata, ook bekend as langblaar boegoe, regteboegoe en anysboegoe. Die Khoisan het dieselfde naam gebruik hiervoor as vir Agathosma betulina, buchu. Jy sal dit vind op die klam laer hellings van die berge van die suidwestelike Kaap vanaf Tulbagh tot Riversdal.
Die Khoisan het die blare gekou om maagprobleme te verlig.