NGK de Eike

NGK de Eike De Eike NG Kerk in Kuilsrivier is 'n familie. Teken hier in op die nuusbrief: https://www.ngkeike.co.za/kommunikasie/teken-in/

God se Koninkryk werk soms stil en onopsigtelik, maar met ’n krag wat alles om ons kan beïnvloed.Kom ontdek saam met ons...
15/08/2026

God se Koninkryk werk soms stil en onopsigtelik, maar met ’n krag wat alles om ons kan beïnvloed.

Kom ontdek saam met ons hoe God selfs deur die kleinste dinge groot dinge kan doen.

Ons nooi jou hartlik uit kom wees deel van die De Eike-familie, môre tydens die erediens.

Romeine 8 herinner ons aan 'n ongelooflike waarheid: ons geloof rus nie op hoe stewig ons aan God vashou nie, maar op ho...
25/07/2026

Romeine 8 herinner ons aan 'n ongelooflike waarheid: ons geloof rus nie op hoe stewig ons aan God vashou nie, maar op hoe stewig Hy aan óns vashou.

Kom luister môre saam na die bemoedigende boodskap uit Romeine 8:26–39 en ontdek waarom Paulus met soveel sekerheid kon sê:

"Niks sal ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus ons Here is nie."

Sondag 26 Julie 2026
9:00
NGKerk De Eike Kuilsriver

Nooi gerus 'n vriend of familielid saam. Daar is plek vir elkeen.

Ons leef in 'n tyd waar mense maklik in "ons" en "hulle" verdeel word. Om 'n Christen te wees is ook nie maklik nie. Jes...
04/07/2026

Ons leef in 'n tyd waar mense maklik in "ons" en "hulle" verdeel word. Om 'n Christen te wees is ook nie maklik nie. Jesus se oproep om Hom te volg, ons kruis op te neem en ons lewe aan Hom oor te gee, is nie ligte woorde nie. Hy wys ons ook wie as 'n naaste tel!

Kom luister Sondag 09:00 na hoe Lukas 10:25–37, die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan, ons uitdaag om met nuwe oë na die mense rondom ons te kyk.

Ons sien daarna uit om saam met jou God in sy Woord te ontdek. Jou plek is bespreek.

✨ 'n Aand om na uit te sien! ✨Kom geniet 'n besondere aand van heerlike kos, goeie geselskap en lewendige musiek!🍽️ Drie...
01/07/2026

✨ 'n Aand om na uit te sien! ✨

Kom geniet 'n besondere aand van heerlike kos, goeie geselskap en lewendige musiek!

🍽️ Drie-gang maaltyd
🎶 Lewendige musiek
🎁 Gelukkige trekking met 20 pryse te wen!

Met jou kaartjie word jy outomaties ingeskryf vir die gelukkige trekking. Nog 'n rede om hierdie aand nie mis te loop nie!

👔 Kleredrag: Semi-formeel

Bring jou metgesel, familie of vriende en kom deel in 'n aand van lekker kuier, goeie kos en wonderlike herinneringe.

🎟️ Bespreek jou kaartjies vandag!

Kontak:
📞 Dirk: 082 413 2929
📞 Kerkkantoor: 021 903 3818

Ons kan nie wag om hierdie wonderlike aand saam met jou te beleef nie!

Kom sing saam en geniet 'n besondere oggend van lof en aanbidding!De Eike GemeenteSondag 09:00Ons sien uit daarna om saa...
20/06/2026

Kom sing saam en geniet 'n besondere oggend van lof en aanbidding!

De Eike Gemeente
Sondag
09:00

Ons sien uit daarna om saam met julle die Here te loof!

Kom luister môre om 9:00 na die boodskap "Onthou Wie Jy Is" uit Genesis 17, waar ons weer ontdek hoe God Homself aan ons...
06/06/2026

Kom luister môre om 9:00 na die boodskap "Onthou Wie Jy Is" uit Genesis 17, waar ons weer ontdek hoe God Homself aan ons verbind en hoe die doop ons herinner dat ons aan Hom behoort.

Ons sien daarna uit om saam met jou te aanbid!

Kom vier Drie-Eenheidsondag saam met ons!Ons staan môre stil by die wonder van God as Vader, Seun en Heilige Gees. Kom o...
30/05/2026

Kom vier Drie-Eenheidsondag saam met ons!

Ons staan môre stil by die wonder van God as Vader, Seun en Heilige Gees. Kom ontdek hoe die Drie-enige God ons skep, red en elke dag lei.

Ons sien uit daarna om saam met jou te aanbid! Jou sitplek is bespreek: 9:00 by De Eike.

Dit is Basaar! Kom maak n draai!
30/05/2026

Dit is Basaar! Kom maak n draai!

As jy môre nog nie planne het nie, kom maak n draai by NG Kerk De Eike! Bring die hele familie en kom geniet ’n dag van ...
29/05/2026

As jy môre nog nie planne het nie, kom maak n draai by NG Kerk De Eike!

Bring die hele familie en kom geniet ’n dag van lekker eet, kuier en saamwees. Daar wag heerlike pannekoek, kerrie en rys, worsjorsies, gebak, basaarpoeding, ’n vleistafel en nog baie meer!

Daar is ook pret vir die jongklomp. Daar gaan iets weesvir almal om te geniet.

Ons sien uit daarna om die dag saam met jou te geniet!

DIT IS BASAAR TYD!!!!Ons nooi jou omndeelnte wees van die mooi geleentheid by De Eike! Kom geniet ’n dag van lekker kuie...
22/05/2026

DIT IS BASAAR TYD!!!!

Ons nooi jou omndeelnte wees van die mooi geleentheid by De Eike!

Kom geniet ’n dag van lekker kuier, heerlike kos en iets vir die hele familie.

Address

Hv Pionier/en Langenhovenstraat
Kuils River
7580

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00
Tuesday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Thursday 09:00 - 12:00
Friday 09:00 - 12:00

Telephone

+27219033818

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NGK de Eike posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category