07/09/2026
✨ A fresh new flow for GKW 2026!
With less than 60 days to go until the God's Karoo Women Conference 2026, we are so excited to share our new venue and floor layout at Mentors Country Estate
This year, we have created a clearer, smoother flow so that you can arrive, register, connect, shop, eat, worship and enjoy every moment with ease. Please save the floor plan, share it with your friends and take a few minutes to read the important information below.
Your arrival flow
When entering through the Mentors Entrance:
⬅️ To your left: Registration, Group Registrations, Food Ticket Sales, the Photo Booth, Pop-Up Shop, Bible Society and Cravings fruit cakes.
➡️ To your right: Food Sales, bathrooms and coffee.
Please note: Registration will now take place in a separate hall and no longer inside the Main Hall. The Main Hall will only open at 17:00 on Friday, Saturday and Sunday at 08:00.
Registration: please come prepared
Please bring your own unique registration number with you. It will look something like this:
GKW26-932
If you have lost your registration number, please do not register again. Contact us so that we can assist you.
The registration areas will be clearly marked:
Group Registration
Pre-Registration
New Registration / walk-in registration
Once you have registered, you may collect your welcome pack, browse our Pop-Up Shop, visit the Bible Society, and treat yourself to something special from Makarios Cravings.
Our Pop-Up Shop will operate while stock lasts, so do not leave your shopping until the last minute. 😉
Your wristband = your access
Your registration and attendance wristband is your entrance to the conference.
Please wear your wristband around your wrist at all times—not on your handbag, not in your pocket and not tucked away somewhere “safe”.
We will have strict access control at all entrances throughout the conference:
🚫 No wristband, no entry.
If you remove, lose or do not wear your wristband around your wrist, you will be required to pay the registration fee again. Unfortunately, no exceptions can be made. Please help us keep the conference safe, secure and fair for everyone.
Group registrations
Groups must register together.
The group leader must arrive with the full group, and the group must sign in as one unit at the clearly marked Group Registration table.
We also have QR codes ready at the registration tables for easy scan-to-pay options. New walk-in registrations are still available.
Food, coffee and photo memories:
The beautiful Photo Booth will be located in the lapa area—the perfect place to capture meaningful memories with your friends. This is a free service.
Food Ticket Sales will also be available under the lapa next to the Photo Booth.
Mentors operates on a food-ticket system and accepts both cash and card payments. We will share the final menu as soon as it is confirmed.
On Friday, from 16:00 to 20:00, Mentors will offer a meal of the day, snacks and coffee. Please support them as you arrive and settle in. Food sales will be available on all conference days.
Two coffee options
Mentors will offer two coffee experiences at different locations:
☕ Lavazza speciality coffee and filter coffee
Available at the back deck area. Cash and card payments accepted.
☕ Instant coffee and tea
Available inside the Food Hall at the food stations. You can pay with cash, card or food tickets.
Please be patient when entering the Food Hall. Mentors will work hard to move the queues as quickly as possible. Follow the directions and signage in the hall, and remember: a little patience goes a long way when coffee is involved. ☕😉
Venue rules: please take note
To comply with Mentors’ venue and grounds rules:
No cooler boxes are allowed on the premises.
No coffee flasks are allowed on the premises.
No picnic baskets are allowed on the premises.
If you prefer to bring your own food, please enjoy it off-site, outside the main Mentors entrance gate.
Thank you for helping us respect the venue that is hosting us.
Main Hall and special seating:
Seating in the Main Hall is open seating.
If you have special seating needs, please contact us in advance. We have a limited reserved-seating area available for ladies with genuine special needs.
Please note that this seating is for the person with the special need only. We cannot reserve space for extended family members, friends or entire groups.
Dedicated disability parking bays are also available. These must be arranged in advance, and you will need to provide your vehicle registration number.
A place for every moment
🙏 Our Prayer Room will be available throughout the conference for anyone who needs a quiet space to pray, reflect or receive ministry.
✝️ If you would like to arrange a special baptism, you are welcome to schedule it at the dedicated baptism bath situated at the cross on the Mentors grounds.
🎾 The Padel Court remains part of the venue layout, alongside the registration side of the facility.
We cannot wait to welcome you back for a powerful weekend of women, worship, Word and purpose.
Save this post. Share it with your group. Bring your registration number. Wear your wristband. Follow the flow. And come ready for what God wants to do. 💙
✨ ’n Nuwe, beter vloei vir GKW 2026!
Met minder as 60 dae oor tot die God’s Karoo Women Conference 2026, is ons baie opgewonde om ons nuwe venue- en vloerplan by Mentors Country Estate met julle te deel.
Hierdie jaar het ons die uitleg aangepas om jou aankoms, registrasie, inkopies, etes, aanbidding en tyd saam met vriendinne so glad en aangenaam moontlik te maak. Stoor asseblief die vloerplan, deel dit met jou groep en lees die belangrike inligting hieronder.
Jou aankoms en vloei
Wanneer jy by die Mentors Entrance inkom:
⬅️ Links: Registrasie, Groepregistrasie, Kosverkope kaartjies, die Photo Booth, Pop-Up Shop, Bybel Genootskap en ons vriende van Makarinos Cravings vrugtekoeke.
➡️ Regs: Kosverkope-saal, badkamers en koffie.
Neem asseblief kennis: Registrasie vind vanjaar in ’n aparte saal plaas en nie meer in die hoofsaal nie. Die hoofsaal maak eers Vrydag om 17:00 oop.
Registrasie: kom asseblief voorbereid
Bring asseblief jou eie unieke registrasienommer saam. Dit lyk soos volg:
GKW26-932
Indien jy jou registrasienommer verloor het, moet asseblief nie weer registreer nie. Kontak ons sodat ons jou kan help.
Die registrasietafels sal duidelik gemerk wees:
Grope Registration
Pre-Registration
New Registration / walk-in registration
Sodra jy geregistreer het, kan jy jou "welkom pakkie" afhaal, deur ons Pop-Up Shop 'n draai loop, die Bybel Genootskap besoek en iets besonders by Makarinos Cravings koop om aan te smul.
Ons Pop-Up Shop sal oop wees solank voorraad hou, so moenie jou inkopies vir die laaste oomblik los nie. 😉
Jou bandjie = jou toegang
Jou registrasie- en toegangsbandjie gee jou toegang tot die konferensie.
Dra jou bandjie asseblief te alle tye om jou pols—nie om jou handsak nie, nie in jou sak nie en ook nie op ’n plek waar jy d**k dit is “veilig” nie.
Streng toegangsbeheer sal by alle ingange gedurende die konferensie toegepas word:
🚫 Geen bandjie, geen toegang.
Indien jy jou bandjie afhaal, verloor of dit nie om jou pols dra nie, sal jy jou registrasiefooi weer moet betaal. Ongelukkig kan geen uitsonderings gemaak word nie. Help ons asseblief om die konferensie veilig, ordelik en regverdig vir almal te hou.
Groepregistrasies
Groepregistrasies moet as ’n eenheid plaasvind.
Die groepleier moet saam met die volledige groep by die duidelik gemerkte Group Registration-tafel aanmeld en die groep moet as ’n eenheid inteken.
Ons het ook QR-kodes gereed by die registrasietafels vir maklike "scan-to-pay betalings". Nuwe walk-in registrasies is steeds beskikbaar.
Kos, koffie en fotoherinneringe
Die pragtige Photo Booth sal in die lapa-area wees—die perfekte plek om kosbare herinneringe saam met jou vriendinne vas te vang. Dit is ’n gratis diens.
Koskaartjie verkope sal ook onder die lapa, langs die Photo Booth, beskikbaar wees.
Mentors werk met ’n koskaartjie-stelsel en aanvaar kontant en kaartbetalings. Ons sal die finale spyskaart plaas sodra dit beskikbaar is.
Mentors bied Vrydag van 16:00 tot 20:00 ’n 'maaltyd van die dag', versnaperinge en koffie aan. Ondersteun hulle gerus wanneer julle aankom en gereedmaak. Kosverkope sal op al die konferensiedae beskikbaar wees.
Twee koffie-opsies
Mentors bied twee koffie-opsies by verskillende plekke aan:
☕ Lavazza spesialiteitskoffie en filterkoffie
Beskikbaar op die dek-area agter. Kontant en kaartbetalings word aanvaar.
☕ Gewone kitskoffie en tee
Beskikbaar binne die kosverkope saal by die kosstasies. Jy kan met kontant, kaart of koskaartjies betaal.
Wees asseblief geduldig wanneer jy die kosverkope saal binnegaan. Mentors gaan hul bes doen om die rye so vinnig moontlik te laat beweeg. Volg die aanwysings en tekens in die saal. Goeie koffie is die wagtyd werd—maar ons gaan probeer sorg dat dit nie té lank is nie. ☕😉
Venue-reëls: neem kennis
Ons moet by Mentors se venue- en terreinreëls hou:
Geen koelhouers word op die terrein toegelaat nie.
Geen koffieflesse word op die terrein toegelaat nie.
Geen piekniekmandjies word op die terrein toegelaat nie.
Indien jy verkies om jou eie kos saam te bring, moet dit asseblief buite die Mentors-hoofingang, weg van die terrein, geniet word.
Dankie dat julle help om die venue wat ons gasheer is, te respekteer.
Hoofsaal en spesiale sitplekke
Sitplekke in die hoofsaal is oop sitplekke.
Indien jy spesiale sitplekbehoeftes het, kontak ons asseblief vooraf. Ons het ’n beperkte area met gereserveerde sitplekke beskikbaar vir dames met werklike spesiale behoeftes.
Neem asseblief kennis dat hierdie sitplekke net vir die persoon met die spesiale behoefte beskikbaar is. Ons kan nie plek vir uitgebreide familie, vriendinne of ’n hele groep in hierdie area reserveer nie.
Toegewyde parkeerplekke vir persone met gestremdhede is ook beskikbaar. Dit moet vooraf gereël word, en jy sal jou voertuig se registrasienommer moet voorsien.
’n Plek vir elke oomblik
🙏 Ons Bidkamer sal vir die duur van die konferensie beskikbaar wees vir enigeen wat ’n stil plek nodig het om te bid, stil te word of bediening te ontvang.
✝️ Indien jy ’n spesiale doop wil reël, is jy welkom om dit te bespreek by die toegewyde baptism bath wat by die kruis op Mentors se terrein geleë is.
🎾 Die Padel Court bly deel van die venue-uitleg, aan die kant van die registrasie-area.
Ons kan nie wag om julle weer te verwelkom vir ’n kragtige naweek van vroue, aanbidding, Woord en doelgerigtheid nie.
Bere hierdie plasing. Deel dit met jou groep. Bring jou registrasienommer. Dra jou bandjie. Volg die vloei. En kom gereed vir dit wat God wil doen. 💙