20/01/2025
Vanoggend gedurende nagmaal staan ek met ‘sy bloed’ in die een hand en ‘sy liggaam’ in my ander hand.
My oë is toe terwyl die Pastoor, ons deur die nagmaal begelei .
Soos hy praat ervaar ek hoe ek voor ‘n kruis staan met ‘n erg misvormde liggaam daarop .
Bloed wat vloei vanuit erge oop wonde .
Dan voel ek ‘n hartseer opbou van hier diep binne my , my hart kramp, hy pyn fiesies van seer. Ek voel trane in die hoeke van my oë opbou . Trane gebore uit ‘n hart wat oorweldig is met gevoelens van, skok, skuld, jammerte.
Dan hoor ek die pastoor sê van die duisternis wat oor die aarde gekom het . Dat die aarde donker was . ….
“En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;”
MATTHÉÜS 27:45 AFR53
En ek d**k daaraan dat in die afwesigheid van lig dit donker is .
Toe roep Jesus
‘My God my God waarom het U my verlaat ! ‘
Dit is die beste voorbeeld om seker die gevoel van verwerping te beskryf .
Kan dit wees dat God selfs die aarde verlaat het op daardie oomblik?
En toe stap Jesus se gees in Hom uit die wêreld oor na die ewige lewe .
“Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee.”
MATTHÉÜS 27:50 AFR53
En toe bly daar net ‘n liggaam oor wat nie meer soos ‘n liggaam lyk .
Van daardie oomblik af het daardie liggaam op die kruis geen waarde meer gehad nie …
Dan is dit of die Lig ( God ) terugkeur na die aarde . Neem Hy terug wat nog altyd syne was en sal wees met nuwe voorwaardes en reëls .
“En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;”
MATTHÉÜS 27:51 AFR53
“en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.”
MATTHÉÜS 27:52-54 AFR53
Ek ervaar ons is in ‘n tyd waar daar weer soveel duisternis op die aarde is . Waar ons ook individueel deur ‘n tydperk van ‘loutering’ gaan .
God wil ons ‘n nuwe identiteit gee. Hy wil ons losmaak van die wêreld en die wêreldse dinge.
Maar om op daardie plek te kom is ‘n unieke pad . ‘n Pad tussen jou en God . Gaan Hy toelaat dat jy deur jou eie stukkie marteling op aarde gaan . Dit is nie ‘n maklikke pad . Maar dit gaan die seer, gebrokenheid werd wees.
In hierdie tyd gaan jy baie wêreldse dinge wat jy van waarde ag verloor . Dit gaan nie maklik wees . Ek wil jou sê om te vra ‘ nog Here nog ‘ !
Breek my nog Here ! Meer van U Here !
Want wanneer jy op daai plek kom waar jou deurbraak kom en jy uit dit stap wat in die wêreld is en in dit stap wat ewigheids waarde het gaan jy besef dat dit die opoffering werd was .
Jy gaan ‘n vryheid ervaar wat selfs jou gaan verras .