Psalm 23 Bediening

Psalm 23 Bediening Psalm 23 spreek vanself: "Die HERE is ons Herder...." HY sal sorg, voorsien, genees, vertroos, lei, beskerm, en in HOM sal ons in oorwinning leef.

08/01/2024

Engele

Psalm 91:11 NLV
“.. “As die Here jou toevlug is, as die Allerhoogste jou skuilplek is.. Hy sal Sy engele beveel om jou te beskerm oral waar jy gaan.”
‭‭
Daar is meer as driehonderd verwysings na engele in die Skrif en hulle word met twee woorde beskryf: baie en magtig. Dit het egter net een engel geneem om die leeus se bekke vir Daniël toe te sluit en om Petrus uit die tronk te red die aand voor hy tereggestel sou word. Onthou jy Elisa se dienaar? Toe 'n groot leër die stad van Dotan omsingel het, het Elisa vir God gevra om sy dienaar se oë oop te maak: '...Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was' (2 Konings 6:17 NLV).
As God jou oë vandag oopmaak, wat sou jy sien? Engele wat jou kinders skool toe begelei? Wat jou van 'n dronk bestuurder beskerm? Wat die hande van die chirurg rig? Wat jou oppas terwyl jy slaap? Een Bybelonderwyser sê: 'As jy 'n gelowige is, moet jy verwag dat magtige engele jou in jou lewenservaring sal begelei.'
Het almal 'n beskermingsengel? Nee, die Bybel sê: 'Die engele is... geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat gered gaan word' (Hebreërs 1:14 NLV). Wanneer jy Jesus verwerp, verbeur jy hierdie sekuriteit, maar wanneer jy Hom as jou Here en Redder aanvaar, kry jy vier-en-twintig uur 'n dag se beskerming: 'Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle' (Psalm 34:8 NLV).
Jou engel waai nie net vir jou soos hy verbyvlieg nie; hy slaan sy tent op, vertoef en bly waaksaam. Jy kan in die skadu van sy vlerke rus - as dit nie jou angsvlakke verlaag nie, sal niks nie! Die feit is dat sommige van die rykste mense op aarde nie eers hierdie voordeel geniet nie! Ons is geseënd.

02/01/2024

Stel hierdie jaar die eerste dinge eerste

Psalm 90:12 NLV
“.. “Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.”
‭‭
Ons almal kry dieselfde vier-en-twintig uur in 'n dag. Ons sal aan God rekenskap moet gee oor hoe ons ons dae gebruik (sien Prediker 11:9). 'n Goeie plek om te begin is om jouself af te vra: 'Hoe sal ek die volgende vier-en-twintig uur bestee as ek more voor God moes staan?' Jou antwoord sal jou help om jou lewe te prioritiseer.
D**k daaroor: As iemand jou kar steel, kan jy 'n ander een koop. As iemand jou beursie steel, sal jy moontlik 'n paar kaarte moet kanselleer om die situasie op te los. Wat kan jy egter doen wanneer jy jou tyd verloor? Hoe jy jou tyd bestee is hoe jy jou lewe bestee! Efesiërs 5:16 sê: 'Benut elke geleentheid...' (NLV), leer dus om die volgende dinge te doen:
1) Hou op om vir almal ja te sê. Wanneer jou geestelike instink nee sê, maar mense van jou verwag om ja te sê, luister eerder na jou geestelike instink. Dis wat Jesus gedoen het. Dis wat Hom in staat gestel het om vir Sy Vader te sê: 'Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen (Johannes 17:4 NLV). Moenie dat die goeie die beste by jou steel nie; verminder sommige aktiwiteite sodat jy in ander kan uitblink.
2) Word deur die Gees, nie deur die vlees nie, gelei. Paulus sê: '...Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie' (Galasiërs 5:16 NLV).
3) Stel die eerste dinge eerste. 'n Kenmerk van *ware volwassenheid is om dit waarvoor jy nie lus is nie, te doen wanneer jy nie daarvoor lus is nie*. Stel dus hierdie jaar die eerste dinge eerste - en hou hulle daar!

Sielskos: 1 Tess 1-3; Matt 1:18-25; Ps 116; Pred 12:13-14

28/12/2023

God se eerste opdrag aan ons

Genesis 1:28 NLV
“.. “God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens Sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.””
‭‭
Die eerste opdrag wat God vir Adam en Eva gegee het, was om die aarde te vul en daaroor te heers. Adam en Eva is uit die Tuin van Eden verban, maar hulle was nie tot die Tuin van Eden beperk nie. God het vir hulle gesê: '...vul die aarde... en heers... [daar]oor...'
D**k daaroor. God het Adam en Eva uitgenooi om die aarde te verken. Alles buite die Tuin van Eden was onbekende gebied. Hulle kon 24,759 myl in enige rigting reis en nooit dieselfde landskap twee keer sien nie. Daar was 196,949,970 vierkante myl wat hulle kon verken. Een manier hoe ons God verheerlik, is om te verken en onsself oor alles wat Hy geskep het, op te voed.
Een skrywer verduidelik: 'Die sterrekundige wat die sterre karteer, die genetikus wat die menslike genoom ondersoek, die navorser wat 'n kuur vir Parkinson se siekte soek, die oseanograaf wat die rif verken, die ornitoloog wat skaars voëlspesies bestudeer en bewaar, die chemikus wat molekulêre strukture opskryf en die teoloog wat God bestudeer, het almal een ding in gemeen. Almal van hulle is verkenners. Hulle vervul die opdrag in Genesis. Hulle verkenning eer God as dit vir die regte redes gedoen word en die regte reaksie tot gevolg het: om Hom te ken en Hom te prys.'
Daar sal altyd sommige wetenskaplikes wees wat tot ateïstiese gevolgtrekkings kom. Eerder as om die wetenskap te laat vaar, is ons egter geroep om dit terug te eis. As God alles geskep het, dan dra alles sy heilige vingerafdruk. Alle waarheid is God se waarheid. Abraham Kuyper het gesê: 'Daar is nie een vierkante duim van die hele skepping waaroor Jesus Christus nie uitroep: 'Dit is Myne! Dit behoort aan My!' nie.

27/12/2023

“Toesluit en oopsluit”

Matthéüs 16:19 “:
“En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”

Die Griekse verklaring van hierdie teks lees letterlik: “Ek gee jou die sleutels van die koninkryk. Wat jy ook al gesluit verklaar op aarde is in die hemel gesluit, en wat jy ook al oopgesluit verklaar op aarde, is oopgesluit in die hemel.” Jy “verklaar” dit met jou mond.

Ons verwys nie na die hemel waar God woon nie. Ons verwys na die gebied waar satan se magte werk. Ons d**k hier aan wat geskrywe staan in Ef. 6:12: “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug.” Die bose geeste is nie in God se hemel, die plek waar Hy woon nie, maar in die lug.

Ons kan gesag neem teen die bose magte in die Naam van Jesus, volgens Fil.2:9,10. In 2 Kor. 10:3-5 lees ons dat ons wapens is nie vleeslik nie, maar wapens wat selfs die bose se planne gevange kan neem en dit gehoorsaamheid maak aan Christus. Dit is hoog tyd dat ons die gesag wat aan ons gegee is, sal gebruik teen die bose planne van die siele-vyand. Gee hom geen kans om te maak wat hy wil nie.

Wat ‘n voorreg om God se kind te wees.
Dank Hom vir die sleutels wat Hy jou gegee het.
Trek ook die volle wapenrusting van God aan. (Ef. 6:10-18)

22/12/2023

Die Woord vir Vandag
2023-12-22
'Sal die ware Jesus asseblief opstaan?'

Johannes 13:35 NLV
“.. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle My dissipels is.”

Het jy die plakkaat gesien wat drie mans, wat elkeen 'n ander weergawe van Jesus voorstel uitbeeld? Die eerste lyk soos 'n onbeskofte man, die tweede is bruingebrand en atleties, die derde is 'n klein, sagmoedige karakter. Die byskrif daaronder sê: 'Sal die ware Jesus asseblief opstaan?'
Die ware Jesus staan in Johannes 13 op. Hy vertel vir ons wat vir Hom die belangrikste is en wat vir ons die belangrikste moet wees - en dit is liefde! In die bovertrek het Jesus besef dat Sy tyd min was. Die kruis het gedreig, Judas was op die punt om Hom te verraai en Hy moes Sy dissipels voorberei om sonder Hom voort te gaan. Dis soos om 'n pastoor te vra: 'As jy net een laaste preek oorgehad het, wat sou jy sê?' Of soos om vir 'n onderwyser te vra: 'Watter een groot waarheid sal jy die graagste vir jou studente wou leer?' Of om vir ouers te vra: 'As jy vir jou kinders net een ding kon sê, wat sou dit wees?'
Jesus spel dit uit: 'Ek gee julle 'n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle My dissipels is' (verse 34-35 NLV).
Soos 'n laaste testament, is Jesus se finale boodskap belangrik, nie net vanweë die inhoud daarvan nie, maar vanweë die toon en tydsberekening daarvan. Dit som Sy lewe en ons verantwoordelikheid teenoor God en ander mense op - om hulle lief te hê! Aangesien liefde nie is wat jy sê nie, maar wat jy doen - gaan vandag uit en vind praktiese maniere om God se liefde aan diegene wat jy ontmoet uit te druk. Hulle sal goed voel, en jy sal ook.

Sielskos: Miga 5-7; Joh 19:17-30; Ps 47; Spr 31:6-9

21/12/2023

Begin doelbewus lewe

Spreuke 11:25 DB
“.. Wie die nood van die gemeenskap raak sien, word deur almal geëer.”

Een van die beste maniere om jou lewe in balans te hou en geestelik op die regte pad te bly, is om dit wat jy weet aan ander oor te dra. Die Bybel sê: '...Wie die nood van die gemeenskap raak sien, word deur almal geëer.' Soos jy jou insigte oordra, sal jy meer insigte van God kry. Paulus het Timoteus uitgedaag: '...Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee' (2 Timoteus 2:2 NLV).
As jy mense ken wat nog nie hulle Godgegewe doel in die lewe ontdek het nie, is dit jou werk om met hulle te deel wat met jou gedeel is. Moet byvoorbeeld nie net hierdie dagstukkie lees en dit vir jouself hou nie, deel dit met jou vriende. Hoe meer jy weet, hoe meer verwag God van jou om daardie kennis te gebruik om ander te help. Dis hoe dinge veronderstel is om in sy koninkryk te werk. Jakobus skryf: 'Hou in gedagte: As 'n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde' (Jakobus 4:17 NLV).
Om die doel van die lewe oor te dra is meer as net 'n verpligting; dis een van ons grootste voorregte. D**k jou in hoe anders die wêreld sou wees as almal hulle roeping geken het. Dis hoekom Paulus skryf: 'As jy dit aan die broers en susters voorhou, sal jy jou plig doen as 'n waardige dienaar van Christus Jesus...' (1 Timoteus 4:6 NLV). Nie net wil God hê dat ons sy doelwitte moet uitleef nie, Hy wil hê dat ons ander moet help om dieselfde te doen. Ongeag jou ouderdom, kan die res van jou lewe die beste van jou lewe wees as jy hierdie een ding doen - doelbewus begin lewe!

Sielskos: Miga 1-4; Joh 19:1-16; Ps 12; Spr 31:1-5

12/12/2023

Stel gesonde grense

2 Korintiërs 1:18 NLV
“.. Was ek miskien wispelturig toe ek hierdie plan gemaak het?.. God is die betroubaarheid self. Hy weet dat ons woord teenoor julle nie 'ja' en terselfdertyd 'nee' is nie.”

Paulus skryf: 'Was ek miskien wispelturig toe ek hierdie plan gemaak het? Of doen ek my beplanning volgens menslike oorwegings, met die gevolg dat dit by my gaan oor 'n besliste 'ja' as ek eintlik 'n besliste 'nee' bedoel? God is die betroubaarheid self. Hy weet dat ons woord teenoor julle nie 'ja' en terselfdertyd 'nee' is nie' (verse 17-18 NLV).
Paulus het geleer om grense in sy verhoudings te stel en jy moet dieselfde doen. 'n Wyse man het een keer gesê: 'Moet nooit kla oor dit wat jy toelaat nie.' Tensy jy grense stel, het jy geen reg om oor mense wat jou misbruik en jou tyd mors, te kla nie. '...Christus Jesus... is nie terselfdertyd 'ja' en 'nee' nie...' (vers 19 NLV). As sy volgeling, moet jy leer wanneer dit toepaslik is om ja te sê en wanneer dit toepaslik is om nee te sê.
Wanneer mense jou in 'n hoek druk, moet jy hulle onmiddellik, privaat en persoonlik konfronteer. As hulle nie wil luister nie, neem iemand saam met jou. As hulle nie na altwee van julle wil luister nie, neem dit na die kerk se leierskap toe (sien Matteus 18:15-17). Wees duidelik oor dit wat jy sal en nie sal verdra nie. Raak gemaklik daarmee om jou wense en voorkeure sonder die vrees van verwerping en vervreemding, uit te druk.
Maak die volgende jou gebed vandag: 'Here, laat my ander vanuit 'n rein hart, eerder as uit 'n behoefte aan liefde en aanvaarding, dien. Op die gesag van U Woord beveel ek die gees van vrees wat my verhoed om gesonde grense te stel, om onmiddellik weg te gaan. Ek plaas my vertroue in U. Ek sal nie dit wat mense aan my kan doen, vrees nie (sien Psalm 56:12). In Jesus se Naam. Amen.'

08/12/2023

Ag jouself nederig

Lukas 18:14 NLV
“.. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word.”

Jesus het gesê: 'Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar. Die Fariseër het stelling ingeneem en by homself gebid: 'O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie - diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee 'n tiende van alles wat ek verdien!' Die tollenaar het op 'n afstand stelling ingeneem en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: 'O God, wees my as 'n sondaar genadig!' Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word' (verse 10-14 NLV).
Jy kan soos die vroomste mens in die kerk lyk en steeds 'n hart vol hooghartigheid hê. Die ergste is dat jy dit nie weet nie. As jy byvoorbeeld die krediet neem vir al die goed wat God jou in staat gestel het om te bereik en te verkry, is jy hooghartig. Wanneer jy jouself met ander mense vergelyk, is dit hooghartigheid. Wanneer jy d**k dat jy die wil van God sonder die krag van God kan doen, is jy hooghartig. Wanneer jy mense wat nie by jou portuurgroep of sosiale sirkel inpas nie uitsluit, is jy hooghartig.
Jy sal 'n prys daarvoor betaal, want: '...God is téén mense wat te veel van hulleself d**k, maar aan dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, gee Hy Sy onverdiende goedheid' (Jakobus 4:6 NLV). As jy dus in Sy guns vandag wil wandel, moet jy jouself nederig voor Hom ag.

Ag jouself nederig

Lukas 18:14 NLV
“.. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word.”

Jesus het gesê: 'Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar. Die Fariseër het stelling ingeneem en by homself gebid: 'O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie - diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee 'n tiende van alles wat ek verdien!' Die tollenaar het op 'n afstand stelling ingeneem en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: 'O God, wees my as 'n sondaar genadig!' Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word' (verse 10-14 NLV).
Jy kan soos die vroomste mens in die kerk lyk en steeds 'n hart vol hooghartigheid hê. Die ergste is dat jy dit nie weet nie. As jy byvoorbeeld die krediet neem vir al die goed wat God jou in staat gestel het om te bereik en te verkry, is jy hooghartig. Wanneer jy jouself met ander mense vergelyk, is dit hooghartigheid. Wanneer jy d**k dat jy die wil van God sonder die krag van God kan doen, is jy hooghartig. Wanneer jy mense wat nie by jou portuurgroep of sosiale sirkel inpas nie uitsluit, is jy hooghartig.
Jy sal 'n prys daarvoor betaal, want: '...God is téén mense wat te veel van hulleself d**k, maar aan dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, gee Hy Sy onverdiende goedheid' (Jakobus 4:6 NLV). As jy dus in Sy guns vandag wil wandel, moet jy jouself nederig voor Hom ag.

30/11/2023

Doen wat God sê

Genesis 15:1 NLV
“.. “Daarna het die Here in ’n visioen aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, Abram, want Ek sal jou beskerm en jou beloning sal groot wees.””
‭‭
Wanneer God vir jou 'n visie vir jou lewe gee, gee Hy nie dadelik al die details vir jou nie. Hy sê eenvoudig: 'Moenie bang wees nie; doen net wat Ek sê en Ek sal jou lei en jou voorspoedig maak.' Wat het Abram se visie behels? 'Die Here het vir Abram gesê: 'Trek uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis en gaan na die land wat Ek jou sal aanwys. Ek sal jou die voorvader maak van 'n groot nasie. Ek sal jou seën...' (Genesis 12:1-2 NLV). Hoe oud was Abram? '...Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran getrek het' (Genesis 12:4 NLV). Wat het Abram agtergelaat? 'Abram was baie ryk aan lewende hawe, silwer en goud' (Genesis 13:2 NLV). Hoe het Abram gereageer? 'Omdat hy geglo het, het Abraham, toe God hom geroep het, gehoorsaam weggetrek na die land wat God vir hom as 'n erfdeel sou gee. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou beland' (Hebreërs 11:8 NLV).
Abraham sou nie vir jou kon sê waar sy finale bestemming is of hoe hy daar sou kom nie. Hy het slegs geweet dat God vir hom gesê het om die veilige hawe waar hy was, te verlaat. Verstaan die volgende: Dit waarvan jy gewillig is om weg te stap, bepaal dikwels wat God aan jou kan toevertrou. Met elke tree van geloof wat jy neem, sal God nog 'n detail openbaar. Hy sal jou inlig soos jy die kennis nodig kry. Is die God wat vir Abram gesê het: '...gaan na die land wat Ek jou sal aanwys...', besig om vandag iets soortgelyk vir jou te sê? Moenie bang wees nie; tree net uit in geloof en wees aan Hom gehoorsaam.

23/11/2023

Jy is 'n wonder

Psalm 139:14 NLV
“.. U self het my diepste wese gemaak.. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het..”

Ten spyte van jou skete en pyne, is jy 'n lewende, asemhalende, lopende, pratende wonder. Die Psalmdigter het gesê: 'U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het...' (verse 13-14 NLV).
Een skrywer verduidelik: 'Die meeste van ons aanvaar ons sig as vanselfsprekend, maar selfs die eenvoudigste prosesse is geweldig kompleks. Die retina, byvoorbeeld, voer elke sekonde byna tien biljoen berekeninge uit, en dit is nog voordat 'n beeld deur die optiese senuwee na die visuele korteks beweeg. Die menslike neus kan een miljoenste van een milligram knoffel wat in die lug sweef, opspoor en tussen tienduisend verskillende reuke onderskei. Die hare wat jou liggaam bedek, vergroot die sensasie van aanraking sodat jy 'n duisendste van 'n ons druk op die punt van 'n haar kan voel. Is dit nie wonderbaarlik nie?'
Triljoene chemiese reaksies vind elke sekonde in elke sel van jou liggaam plaas. Jy asem suurstof in, metaboliseer energie, verteer voedsel, handhaaf jou ewewig, suiwer gifstowwe, vervaardig hormone, blaas koolstofdioksied uit, herstel weefsels en laat bloed sirkuleer. Terwyl jy hierdie dagstukkie lees, skiet miljoene elektriese impulse oor miljarde sinaptiese paaie en jy d**k nie eers daaraan nie.
Jy moet egter daaraan d**k en God loof vir die gawe van lewe en die seëninge wat jy geniet. Jy moet ook nog een uiters belangrike ding doen: Jou lewensdoel ontdek en jouself daaraan toewy om dit te verwesenlik. Daar word gesê dat die twee belangrikste dae in 'n mens se lewe is die dag waarop jy gebore word en die dag wat jy ontdek hoekom jy gebore is. D**k daaroor!

21/11/2023

Bid vir 'n 'deernis-deurbraak'

Kolossense 3:12 NLV
“.. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: *deernis*, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld.”

Die digter Henry Wadsworth Longfellow het geskryf: 'If we could read the secret history of our enemies, we should find in each man's life sorrow and suffering enough to disarm all hostility.' In sy dokumentêre rolprent oor oorloë in die twintigste eeu, verwys Jonathan Glover na dit wat hy 'deernis-deurbrake,' noem. Selfs in 'n oorlogsituasie, oorskrei dade van deernis die konflik. Die meeste deernis-deurbrake, volgens Glover, word deur oog-tot-oog-kontak veroorsaak.
Het jy al ooit 'n deernis-deurbraak gehad? As jy dit nog nie gehad het nie, bid daarvoor. Dis 'n oomblik waar jou neiging tot haat deur jou wil om lief te hê, oorkom word. 'n Oomblik waar proaktiewe deernis negatiewe woede oorheers. 'n Oomblik waar jy meer besorg oor iemand anders se pyn as jou eie is. 'n Oomblik waar jy ontdek wat dit waarlik beteken om God met jou hele hart lief te hê.
Dis baie eenvoudiger om as 'n Christen op te tree, as wat dit is om as een te reageer. Enigiemand kan 'n front voorhou. Jou reaksies openbaar egter wat waarlik in jou hart omgaan. As jy God met jou hele hart liefhet, sal jy nie hoef voor te gee nie. Die apostel Paulus het dit as volg gestel: 'Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: *deernis*, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen 'n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam' (verse 12-14 NLV).

17/11/2023

Die Woord vir Vandag
2023-11-17
Hou dit eenvoudig

Jeremia 3:15 NLV
“.. Dan sal Ek vir julle nuwe leiers gee volgens My keuse. Hulle sal julle met kennis en insig lei.”

Om die gemeente te beïndruk, het 'n jong proponent die grootste woorde wat hy kon vind in sy Sondagoggend-preek ingewerk. Dit was 'n ramp! Toe hy van die preekstoel afstap, het hy 'n ou prediker ontmoet wat sê: 'Seun, jy het oor hulle koppe gepraat.' Geïrriteerd en verdedigend het die jong man gesê: 'Hoekom rek hulle dan nie hul nekke nie?' Waarop die ou prediker geantwoord het: 'Jesus het gesê: 'Laat my skape wei, nie my kameelperde nie!'
Of jy nou op 'n preekstoel, in 'n klaskamer of 'n raadsvergadering is of iemand een-tot-een vir koffie ontmoet, moet jy besluit of jou doelwit is om mense te beïndruk, of om hulle te help. God het gesê: 'Dan sal Ek vir julle nuwe leiers gee volgens My keuse. Hulle sal julle met kennis en insig lei.' Jou doel moenie net wees om kennis te kommunikeer nie, maar om begrip te kommunikeer. Die teken van 'n goeie onderwyser is nie wat hy of sy weet nie - dis wat die student leer.
Om dinge eenvoudig te maak is 'n noodsaaklike vaardigheid as jy met mense wil skakel. Soos Albert Einstein gesê het: 'As jy dit nie eenvoudig kan verduidelik nie, verstaan jy dit nie genoeg nie.' As jy ernstig daaroor is om mense te bereik, moet jy die volgende vier woorde ferm in jou gedagtes hou:
1) Hart. Om iemand te bereik, moet jy hulle op 'n emosionele vlak aanraak.
2) Hoop. Deur hulle potensiaal en moontlikhede uit te spel, sal jy hulle inspireer om te probeer.
3) Hulp. Wys hulle hoe om dit wat jy sê op 'n tasbare wyse aan te wend.
4) Humor. Deur vir jou eie foute te lag, laat jy mense besef dat hulle probleem nie uniek is nie - en vir iemand wat sukkel, kan dit die beste gevoel in die wêreld wees.

Address

Posbus 802
Jeffrey's Bay
6330

Telephone

+27820419123

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Psalm 23 Bediening posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Psalm 23 Bediening:

Share