VEK Delarey

VEK Delarey Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VEK Delarey, Religious organisation, 1, 14th Street, Delarey, Johannesburg.

Die Volle Evangelie Kerk van God - Logos Gemeente

Sondae Ere Dienste
09h00 en 18h00 [Geen aand dienste Tydens Winter]

Sondae Kinderkerk Dienste
09h00

Woensdae Vroue Biduur
10h00

Woesndae Gemeente Biduur
18h30

02/08/2026

Mens se hart smelt met die kennis dat soveel mense ander wil help en 'n instrument wees in die Hande van ons Hemelse Vader deur Sy kosbare Heilige Gees.

Ons het soveel skenkings en donasies ontvang wat hierdie moontlik gemaak het en dit was niks anders as net 'n eer en vooreg om Krugersdorp te gaan besoek by een van hulle plakkerskampe vanoggend.

Nie almal slaap warm vanaand met 'n maag wat vol is nie: kind van God, jy het baie meer om voor dankbaar te wees as wat jy dalk besef.

Ek waardeer elke skenking en elkeen se moeite, tyd en bereidwilligheid om die Evangelie van Jesus Christus te bevorder onder mense wat dit so baie nodig het.

Hier is 'n skakel vir elkeen wat geskenk het en mag jy daardeur gerus wees dat jou oop hart het 'n groot impak op mense se harte gemaak.

In Sy Diens,
Past. Ruben v. Straten.

https://youtu.be/FOOGm9cR-ew?si=_9rhVXi_k1T2JPaz

KRUGERSDORP PLAKKERSKAMP UITREIKEk wil graag hiermee my dank uitspreek aan elke gemeente lid/besigheid wat ondersteun en...
26/07/2026

KRUGERSDORP PLAKKERSKAMP UITREIK

Ek wil graag hiermee my dank uitspreek aan elke gemeente lid/besigheid wat ondersteun en skenkings gemaak het vir ons Krugersdorp Plakkerskamp uitreiking, dit maak mens se hart warm om te weet julle gee so baie om, weet asb ek waardeer dit!

Ons het 80 pakke opgemaak.

- Blikkies Kos
- Swieties
- Pasta/rys
- Spice
- Seep en Tandepasta
- Toilet Papier en
- Vroue benodighede
- Koffie, Tee, Suiker ens...

Die bogenoemde is verdeel in pakke: sowat 560 blikkies kos en ander benodighede saam pragtige baadjies met die kerk se embleem op is reeds reggesit in die gemeente se saal.

Ons kom Sondag die 2de Augustus om 09h00 bymekaar, ek gaan elke persoon salf met olie en God vra in gebed om elkeen te lei d.m.v. die Heilige Gees en dan vertrek ons daarna saam na die plakkerskamp.

Daar is heelwat saamry geleenthede, ek sal die virwelkomimg daar doen, openingsgebed en dan sal die gemeente lede kaartjies uitdeel en mense bedien. Die kaartjies is 'n voorstel wat die plakkerskamp bestuur gemaak het aan my, mense bring dan die kaartjie na die bakkies toe, oorhandig dit en dan kry hulle 'n kos pakkie met 'n baadjie. Dit sal help laat die verigtinge ordelik verloop.

Sodra alles uitgedeel is, kan gemeente lede besluit of hulle wil bly en bedien of huistoe terugkeer.

Ek gaan direk na alles uitgedeel is, ry na die ouetehuis in Krugersdorp en dit oorhandig aan hulle bestuur, daar is nog heelwat blikkies kos en goed wat oorgebly het: heelwat mense het my gevra dat ons ook iets vir hulle kan gee en aangesien die Here ons so seën, voel ek dat ons ook aan hulle kan gee.

Aan God al die ere! Laat ons nie moeg raak om goed aan almal te doen nie.

Mooi geseënde dag aan almal, weet ek waardeer julle elkeen.

In Sy Diens,
Past. Ruben van Straten.
0820522120

!!! INLIGTING - TIENA !!!Ek het vanoggend met Anemarie gepraat, soos meeste weet is Tiena terug by die huis, Anemarie he...
19/07/2026

!!! INLIGTING - TIENA !!!

Ek het vanoggend met Anemarie gepraat, soos meeste weet is Tiena terug by die huis, Anemarie het 'n vrou wat haar voltyds bystaan en help mbt die sorg van Tiena.

Tiena benodig wel doeke, sy benodig sowat 90 doeke per maand, indien jy dit in jou hart kan vind, wil jy nie help om doeke te skenk aan Tiena nie. Jy kan dit self aflewer of selfs aanlyn bestel en hulle kan dit aflewer by haar huis. Elke bietjie help, dit sal baie waardeer word.

Tiena was jare lank in die gemeente, 'n vrou wat met haar pensioen gelde kos vir minderbevooregte mense maandeliks gekoop het, benodig nou ons liefde en omgee. Laat ons goed aan mekaar bewys soos die Woord van God on leër!

Dankie aan elkeen se liefde en gebede vir Tiena.

Indien jy enige vrae het, kontak my gerus.

Dispensasies in God se Woord.Ons het die 7 dispensasies afgehandel in die gemeente, ek het al die goedjies konsolideer i...
19/07/2026

Dispensasies in God se Woord.

Ons het die 7 dispensasies afgehandel in die gemeente, ek het al die goedjies konsolideer in een pdf, jy kan dit gerus aflaai en bestudeer, dit sal tot groot seën wees vir jou!

Volg gerus die onderstaande skakel om die PDF te kry.

SKAKEL : https://drive.google.com/file/d/1o-cCXNpdQRZInCynOp6i7AA7jjiQPKNq/view?usp=drivesdk

Indien jy enige vrae het, kontak my gerus!

Weet my gebede is met jou, jou familie, geliefdes en hartsmense!

In Sy Diens,
Past. Ruben van Straten.

⬇️⬇️⬇️KENNISGEWING⬇️⬇️⬇️Ons is so opgewonde oor ons uitreik na die plakkerskamp in Krugersdorp! Die kos, swieties, kombe...
09/07/2026

⬇️⬇️⬇️KENNISGEWING⬇️⬇️⬇️

Ons is so opgewonde oor ons uitreik na die plakkerskamp in Krugersdorp! Die kos, swieties, komberse, seep en goedjies kom goed in en die hele gemeente is so opgewonde! Die 2de Augustus gaan 'n geseënde dag wees by Krugersdorp se plakkerskamp!

ALLE LOF EN EER AAN ONS HEMELSE VADER!

Ons behandel die maand die evangelisasie program om lede toeterus vir evangelisasie werk, jy kan gerus dit gratis aflaai. Lede: druk dit asb en bring dit saam kerk toe. Jy kan dit ook elektronies net op jou foon stoor.

Aflaaibare Link :
https://drive.google.com/file/d/1ZwBHEikeDovq-6wByGz5fSTaft1atIbC/view?usp=drivesdk

Mooi geseënde dag, weet my gebede is met jou, jou familie, geliefdes en hartsmense!

In Sy Diens,
Past. Ruben van Straten

[MEER INLIGTING : 0820522120]

🔎🔎🔎KENNISGEWING🔍🔍🔍GEMEENTE TORING PROJEK26 Julie 2026 om 09h00Gemeente kry blikkies kos, komberse, seep en sanitêre beno...
30/06/2026

🔎🔎🔎KENNISGEWING🔍🔍🔍

GEMEENTE TORING PROJEK
26 Julie 2026 om 09h00

Gemeente kry blikkies kos, komberse, seep en sanitêre benodighede bymekaar die dag. Dit word Kerk toe gebring en na die ere diens, kry almal die geleentheid om 'n toring te bou daarmee in die saal. Torings sal gemeet word en die wenner sal 'n kontant prys ontvang. Die goedjies wat die torings mee gebou was sal gestoor word.

KRUGERSDORP PLAKKERSKAMP UITREIK
02 Augustus 2026 om 09h00

Gemeente kom bymekaar, saamry geleenthede word onder mekaar gereël en saam vertrek ons almal na Krugersdorp se plakkerskamp. Daar is sowat 500 baadjies met die kerk se embleem op wat uitgedeel gaan word op die dag. By die Plakkerskamp sal ons die mense bymekaar kry, ek sal 'n kort virwelkoming doen en gebed, daarna sal die gemeente onder die families en kinders kos en goedjies uitdeel en vir die mense daar bid, bedien en bietjie kuier. Ek het 'n kursus voorberei om mense hiervoor toeterus en voorteberei, maar God se Gees sal jou lei!

Kurses : Die Mens se hart [Sal PDF binnekort aflaaibaar maak op ons FB blad en Whatsapp Groep].

Donasies baie welkom ook, indien jy gelde wil skenk hiervoor, verwys asb na die kunswerk en gebruik die verwyssing "PLAKKERSKAMP".

Ons fokus te maklik op slegte goed, elkeen wat hier lees het baie om voor dankbaar te wees, die Here seën jou elke dag! Dit is ons eer om vir ander ook te seën met Sy liefde, omgee en barmhartigheid wat Hy elke liewe dag aan ons bewys.

Kontak my gerus indien jy enige vra het,
Share gerus die post!

In Sy Ewige Diens,
Past. Ruben van Straten.

[Meer Inligting : 0820522120]

Wat 'n pragtige en geseënde byeenkoms vanoggend!Baie dankie aan Pastoor Jacques Theron, ons streeksopsiener, wat die gem...
28/06/2026

Wat 'n pragtige en geseënde byeenkoms vanoggend!

Baie dankie aan Pastoor Jacques Theron, ons streeksopsiener, wat die gemeente kom besoek het en bemoedig het vanuit die Here se Woord.

Ook die enorme vooreg gehad om Reine-Grace Myburg inteseën. Reinhard en Janine, julle kind is KOSBAAR...

Mooi geseënde week vir almal, weet my gebede is met julle, julle geliefdes en hartsmense

Alle lof, eer en aanbidding kom die Here ons God toe!

In Sy Diens,
Past. Ruben van Straten
[Whatsapp : 0820522120]

Lieflike diens gehad vanoggend ter Ere van ons vaders in die Gemeente!Ook so dankbaar vir ons Hemelse Vader dat Hy Sy Se...
21/06/2026

Lieflike diens gehad vanoggend ter Ere van ons vaders in die Gemeente!

Ook so dankbaar vir ons Hemelse Vader dat Hy Sy Seun Jesus Christus vir ons gestuur het en dat Hy met ons is deur Sy kosbare Heilige Gees!

Mooi geseënde dag aan elke Vader, mag jy lekker bederf word vandag! Weet ons bid vir jou, jou familie en hartsmense!

In Sy Diens,
Past. Ruben van Straten.

Kom geniet die oggend saam ons terwyl ons, ons vaders in die gemeente eer!
18/06/2026

Kom geniet die oggend saam ons terwyl ons, ons vaders in die gemeente eer!

Dames, moet dit nie misloop nie!Daar sal ook Curry en Rys bedien word, kry gerus jou kaartjie by Irene! Julle sal hierdi...
15/06/2026

Dames, moet dit nie misloop nie!

Daar sal ook Curry en Rys bedien word, kry gerus jou kaartjie by Irene! Julle sal hierdie baie geniet en dit sal 'n groot seën wees!

Meer Inligting | Irene Labuschagne : 0828672063

Address

1, 14th Street, Delarey
Johannesburg
1709

Telephone

+27658149250

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VEK Delarey posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to VEK Delarey:

Shortcuts

Share