Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm

Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm Metjan is 'n wildplaas gelee in Fochville en Carletonville omgewing, met oor die 14 spesies wild. S26.432800 E027.513640
26°25'58.1"S 27°30'49.1"E

Metjan Wildplaas/Jagplaas - Juweel tussen die Goudmyne van Fochville en Carletonville. Metjan is 700 Hektaar groot en is die tuiste van vele wildspesies en is ‘n welbekende jagplaas geleë 7km vanaf Fochville op die N12. Slegs 60km vanaf JHB/Potch/Vereeniging/Parys, naby genoeg aan die stede (JHB + Pretoria), maar tog weg van die stad se geraas. Wildspesies is o.a. Swartwildebees, Blesbok, Wit Bles

bok, Blouwildebees, Rooibok, Rooijakkals, Rooihartbees, Springbok, Kameelperd, Rooiribbok, Takbok, Waterbok, Koedoe, Volstuis, Sebra, Eland, Waaierstert Meerkat, Stokstert Meerkat, Witkwas Meerkat, Swartkwas Meerkat, Ystervark, Blouaap, Rooikat, Tierboskat en vele voëlspesies. Metjan is toegerus met verskillende boog skuilings, jag voertuie, wild slagpale, slaghuis en jagkamp. Metjan is gestig in 1991 met die samesmelting van verskeie landbou gronde, die omheining daarvan en vestiging van verskeie wildspesies. Die jagkamp is nuut gebou en met tyd uitgebrei met die onthaal saal, en later die Kerk op die berg. In 1999 is Metjan slaghuis op die N12 geopen, waar die lekkerste biltong gemaak word. Dit was die breinkind en droom van Jan en Mettie Botha wat ‘n realiteit geword het. Alhoewel daar al vroeg aansoek gedoen was by natuurbewaring vir ‘n vrystellings permit om te mag jag, het Jan Botha vir etlike jare sy “wilds-kinders” nie gejag nie. Sy liefde en respek vir die plaas en natuur kan in alles wat hy aangepak het gesien word. Mettie Botha se handewerk kan nog gesien word in elke chalet en die saal se gordyne. Die jagkamp bestaan uit 5 selfbediening chalets, net ‘n klipgooi afstand van pragtige plaasdamme. Die damme word gevoed deur ‘n natuurlike fontein waar daar karp en baber gevang kan word. Elke eenheid beskik oor slaapplek vir 4 persone (2 slaapkamer, 1 dubbel- en 2 enkelbeddens). Die bungelos is ten volle toegerus met beddegoed en breekware vir 4 persone. Die badkamer bestaan uit 'n wasbak, toilet en stort. Bring asb jou eie handdoeke, toiletware en eetgoeg. Elke eenheid beskik oor 220v krag, ‘n braai en kampvuur area. ‘n Groot binnenshuise swembad is ook beskikbaar. Indien u slegs vir ‘n dag wil kom jag (sonder om tuis te gaan), reël ons dit met graagte. Al die jagte word gekoördineer in samewerking met die eienaar. Die dagfooi sluit die volgende in: veldvoertuig, slagfooi, verkoeling, en sout van die trofee. Metjan is geleë in die gebied waar “Matabele krale” gebou was en huidiglik nog gesien kan word. Hier verstaan elkeen waar Kraalkop sy naam gekry het. Kom beleef die wild wat vrylik loop deur die jagkamp, en sien hoe wonderlik die natuur is!

Beplan jou jaareind funksie nou by Metjan net 7km buite FochvillePryse vir die huur van die saal en bungelos soos op ons...
02/09/2026

Beplan jou jaareind funksie nou by Metjan net 7km buite Fochville

Pryse vir die huur van die saal en bungelos soos op ons FB blad se pryslys.

Spitbraai en slaaie word op aanvraag verskaf.
Kontak Frieda Olivier 083 453 3377

PS. Ons het 'n venue vir troues ook.....

FOCHVILLE AREA - DAM VISVANG!5 Bungelos - slaap maksimum van 4 persone per bungelo. Ten volle toegerus. R920 per nag per...
05/08/2026

FOCHVILLE AREA - DAM VISVANG!

5 Bungelos - slaap maksimum van 4 persone per bungelo. Ten volle toegerus. R920 per nag per bungelo vir 'n minimum van 2 nagte. Breekdeposito van R700 per bungelo - terugbetaalbaar per eft.

Kontak Frieda Olivier 083 453 3377.

GEEN dagbesoekers of diere nie.

Onderdak swembad.

Trou venue beskikbaar 7 km van Fochville af.Klip kerk/kapel en saal.Kan ongeveer 80 gaste akkommodeer.Ons verskaf tafels...
27/07/2026

Trou venue beskikbaar 7 km van Fochville af.

Klip kerk/kapel en saal.

Kan ongeveer 80 gaste akkommodeer.
Ons verskaf tafels, stoele en breekware.

Jy doen jou eie tafeldoeke en versiering.
Maak self jou kos in ons kombuis OF smul aan ons spitbraai, slaaie en broodrolletjies.

Daar is oornag fasiliteite vir 20 persone (5 ten volle toegeruste bungelos wat 4 persone elk slaap.

Vir enige navrae kontak Frieda Olivier by 083 453 3377

Awsome Winter Wonderland at Metjan !!
06/06/2026

Awsome Winter Wonderland at Metjan !!

1 bungelo beskikbaar 24 - 27 Apr3 bungelos beskikbaar 1 - 3 Mei
23/04/2026

1 bungelo beskikbaar 24 - 27 Apr
3 bungelos beskikbaar 1 - 3 Mei

Wow 56 visse oor 2 nagte - Dylon Warner !!!!Fochville area.5 Bungelos beskikbaar (slaap 4 persone).Boek 'n minimum van 2...
16/04/2026

Wow 56 visse oor 2 nagte - Dylon Warner !!!!

Fochville area.

5 Bungelos beskikbaar (slaap 4 persone).
Boek 'n minimum van 2 nagte (geen dagbesoekers nie).
R920 per nag per bungelo (BTW ingesluit) plus 'n terugbetaalbare breekdeposito van R700 per bungelo.

Bungelos is ten volle toegerus.

Kontak Frieda Olivier 083 453 3377 vir besprekings.

Address

N12 S26. 432800 E027. 513640
Fochville
2515

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 17:00
Sunday 08:00 - 17:00

Telephone

+27828532349

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm:

Shortcuts

Share