Tygerberg Gesinskerk

Tygerberg Gesinskerk Jou Gemeente, Jou Geestelike Tuiste! Kerk vir die hele gesin. Ek nooi jou graag om ons te kom besoek. Jy sal sommer dadelik tuis voel.
(1)

Ons is `n gemeente waar…
- jy vriende kan ontmoet
- jou kinders tuis gaan voel
- jy geestelik gaan groei
- jy jou lewensroeping kan uitleef

Gee my `n luitjie of kom kuier gerus die Sondag. Ons adres is:
Palm Grove Centre
Main road, Durbanville
2de Vloer

Dienstye:
Oggendienste is om 08:00 en 09:30. Ons gemeente is `n Baptiste gemeente wat lief is vir die Here, lief is vir mense en lief is vir die Skrif. Kom vind jou Geestelike Tuiste. Johan Delport
084 580 5740
www.gesinskerk.co.za

Jy kan jou drome bereik en steeds leeg voel.Johan Ferreira het sukses en status nagejaag. Hy het hard gewerk, geleenthed...
06/09/2026

Jy kan jou drome bereik en steeds leeg voel.

Johan Ferreira het sukses en status nagejaag. Hy het hard gewerk, geleenthede aangegryp en uiteindelik op televisie beland—maar diep binne hom was daar steeds ’n leë plek wat geen prestasie kon vul nie.

Sy verhaal herinner ons dat ware vervulling nie gevind word in wat ons bereik nie, maar in Wie ons ken.

Kyk sy volledige getuienis hier:
👉 https://youtu.be/ltWgPfjI_HY

Die diens begin 08:30El Shaddai: Hy kan wéér en Hy kan méér!By Hom is niks onmoontlik nie.
06/09/2026

Die diens begin 08:30

El Shaddai:
Hy kan wéér en Hy kan méér!
By Hom is niks onmoontlik nie.

Baie welkom by Tygerberg Gesinskerk, Durbanville!Indien jy Jesus ...

Soms verander alles met een oproep.Vir Johan Ferreira was dit die nuus dat sy pa skielik oorlede is. Sy lewe, sy planne ...
05/09/2026

Soms verander alles met een oproep.

Vir Johan Ferreira was dit die nuus dat sy pa skielik oorlede is. Sy lewe, sy planne en selfs sy siening van God het daarna verander. Hy was kwaad, gebroke en het nie geweet hoe om vorentoe te gaan nie.

Maar sy donkerste plek was nie die einde van sy verhaal nie.

Kyk dit op ons Youtube kanaal die Sondag.

    :  Môreoggend, 6 September, praat ds. Johan met ons oor Wie El Shadai is.
05/09/2026

: Môreoggend, 6 September, praat ds. Johan met ons oor Wie El Shadai is.

“Ek was kwaad vir God ná my pa se dood.”Ná die skielike verlies van sy pa het Johan Ferreira se wêreld uitmekaargeval. H...
04/09/2026

“Ek was kwaad vir God ná my pa se dood.”

Ná die skielike verlies van sy pa het Johan Ferreira se wêreld uitmekaargeval. Hy het met woede, hartseer en vrae geworstel—en uiteindelik op een van die donkerste plekke van sy lewe beland.

In hierdie eerlike getuienis vertel Johan hoe God hom nie in sy gebrokenheid gelos het nie.

Kyk dit op ons Youtube kanaal die Sondag.

Address

21 Main Road
Durbanville
7550

Opening Hours

Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00
Sunday 09:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tygerberg Gesinskerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Tygerberg Gesinskerk:

Shortcuts

Share