Undivided Purpose

Undivided Purpose Die Generasie van Nou.

20/08/2026

Gister was ons laaste oefening saam met jou Ceanan Ryan Claasen en ons harte is vol. Dankie vir alles wat jy in ons belê het - jou tyd, jou geduld, jou talent en jou liefde vir die Here. Jy het ons nie net beter sangers gemaak nie, maar ook nader aan God gebring. Ons gaan jou leiding en jou lag baie mis, maar ons neem alles wat jy ons geleer het saam. Mag God jou oorvloedig seën op jou volgende pad. Ons bid dat God jou sal lei en beskerm op jou nuwe reis.

“MyLeier” 🥹❤️‍🩹

Vandag sluit ons nie net 'n hoofstuk af nie – ons vier 'n nalatenskap.Ceanan Ryan Claasen, dankie, baie dankie vir alles...
19/08/2026

Vandag sluit ons nie net 'n hoofstuk af nie – ons vier 'n nalatenskap.

Ceanan Ryan Claasen, dankie, baie dankie vir alles wat jy in Undivided Purpose belê het. Dankie vir die ure van begeleiding, die vokale ontwikkeling, die musikale groei, die leiding, die geloofswaardes en die passie waarmee jy ons gevorm het.
Jy het nie net liedere geleer nie; jy het mense gevorm.

Soos jy hierdie nuwe seisoen as solo-kunstenaar weer betree, bid ons dat God elke deur sal oopmaak wat Hy vir jou bestem het. Mag jou bediening nog verder strek en mag jy aanhou om harte deur musiek aan te raak.

Ons belowe om die klank, visie en waardes van Undivided Purpose voort te dra. Ons sal aanhou groei, sterker word en jou trots maak, sodat jy altyd met vreugde kan terugkyk en sien wat God deur jou hande opgebou het.

Ons wens jou net die beste toe vir hierdie nuwe reis. Jy sal altyd deel wees van die UP-familie.

*"Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak."* – Spreuke 3:5-6

Met groot waardering en soveel baie liefde!! Ons sal jou verseker mis.

09/08/2026

Dit was vir ons as Undivided Purpose 'n groot voorreg om gister Ceanan Ryan Claasen en sy familie te ondersteun tydens die afskeidsdiens van hul geliefde moeder.
Met lofprysing, aanbidding en 'n spesiale lied het ons, ons dankbaarheid aan God gebring en ons medelye betoon aan die familie in hierdie moeilike tyd.
Ons bid dat die Here julle sal vertroos, versterk en omring met Sy vrede en liefde in die dae wat voorlê.
"Die Here is naby die gebrokenes van hart en Hy verlos die wat verslae is van gees." – Psalm 34:19
Ons opregte meegevoel aan die familie. Julle bly in ons gebede.

*We do not own rights to this song*

27/07/2026

Wil jy nie kom aansluit en ‘n stryder wees 🙌🏽🔥

27/07/2026

Come and lay down
The burdens you have carried
God is here. 🙌🏽😇

👩‍🎓👩‍🎓👩‍🎓GRADUATION POST👩‍🎓👩‍🎓👩‍🎓Baie geluk, Marion Seroot , met jou graduasie! 🎓✨Ons is ongelooflik trots op jou en hie...
26/06/2026

👩‍🎓👩‍🎓👩‍🎓GRADUATION POST👩‍🎓👩‍🎓👩‍🎓

Baie geluk, Marion Seroot , met jou graduasie! 🎓✨
Ons is ongelooflik trots op jou en hierdie besondere mylpaal wat jy bereik het. Mag hierdie prestasie net die begin wees van baie sukses en seëninge wat nog voorlê. Geniet elke oomblik van hierdie welverdiende prestasie! 🌷

Liefde en beste wense van jou Undivided Purpose familie🎶💐

Geseënde Sondag Familie❤
24/05/2026

Geseënde Sondag Familie❤

Hier is waarmee ons die afgelope tyd besig was. Studio @ LD Media House  en ons het meer opwindende nuus om saam julle t...
21/05/2026

Hier is waarmee ons die afgelope tyd besig was. Studio @ LD Media House en ons het meer opwindende nuus om saam julle te deel in die nabye toekoms.

Vir nou wees op afwagting vir die lang verwagte enkel-snit "Vrywilligers" wat binnekort op alle platforms beskikbaar Sal wees. Nes julle nie kan wag,kan ons ook nie😁😁😁

28/04/2026

Die afgelope tyd was woes
vanaf Recordings, tot voorbereiding vir ons Konsert in Vredenburg Sondag wat verby is.
Toe moes ons 'n week terug verneem van die dood van Devon wat ons heeltemal verslae het, ons moes, nie uit dwang, maar uit menslikheid al ons take kanseleer op daardie Saterdag na Devon se sterfte, omdat sy dood ons heeltemal geruk het.

Devon, het ons vir die afgelope 2-3 jaar ooral vervoer waar ons uitgenooi was, selfs oorgeslaap ook wanneer hy moes. Hy was nie net ons driver nie, hy was 'n UP lid. Hy het altyd seker gemaak ons kom veilig by ons bestemming aan. Sy sagtheid en menswees sal ons altyd by bly. Ja, ons harte is stukkend, en ons dink veral aan ons lid Jadene Krotz, wat haar lewens-maat verloor het. Ons weet die pad na herstel le lank voor jou uit,maar met die Here sal jy weer lag. Die Here sal jou weer bou.

Onderaan is 'n video hoe ons Devon se lewe gevier het. Sy Ma, sis Libby...wat 'n sterk vrou. Staande Rots was Devon se gunsteling koortjie en u het dit met volle bors saam ons kom sing, om hom vir oulaas te eer. Die Hartseer van 'n moeder ken ons nie,maar soos die koortjie verklaar " Hy is my staande Rots" bid ons dat die Here in hierdie tyd van rou, u Staande Rots sal bly.

Rus in Vrede Devon. Ons gaan jou vreeslik baie mis

Ons is hier vanaand😁
24/04/2026

Ons is hier vanaand😁

Address

Ceres

Telephone

+27780470033

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Undivided Purpose posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Undivided Purpose:

Share