04/09/2026
Kom geniet 'n heerlike Potjiekos Kuierdag saam met ons!
Begin jou Sondag saam met ons by die 09:00 buitelug-erediens in die binnehof. Daarna kuier ons rustig saam totdat die potjies gereed is. Vanaf ongeveer 12:30 bedien ons 'n verskeidenheid heerlike potjies wat deur ons potmakers voorberei word.
Indien die weer nie saamspeel nie, sal die erediens in die saal plaasvind. Potjies gaan voort op die stoepe.
🍽️🍷🍺Onthou om jou eie eetgerei en drinkgoed of wegneem-houers saam te bring