CWTLM Christus die Weg, Waarheid en Lewe bediening is ‘n bediening waar Christus die middelpunt is waarom die bediening funksioneer.

Die bediening is geskoei op Johannes 14:6 waar Jesus aan die dissipels sê dat Hy die Weg die Waarheid en die Lewe is en dat niemand na die Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Ons staan vas op die Woord en glo dat Jesus Christus die enigste manier is om by die Vader YHWH uit te kom. Die bediening het ontstaan nadat ek deur die Heilige Gees geroep is om ‘n bediening te vestig waar ons net weer na Go

d se waarheid sal terugkeer. Waar ons Hom in gees en in waarheid sal dien, en slegs die Woord as maatstaf vir ons lewens sal gebruik. Ons, poog om ‘n plek sal skep waar mense werklik die liefde van Christus sal ervaar en welkom sal voel tussen mede gelowiges. Waar ons as die kerk Hom sal dien, loof en eer. Ons gebed is dat hierdie bediening ‘n plek sal wees waar ons die werking van die Heilige Gees sal ervaar en niks sal doen as ons God nie eers in elke saak ken nie.

07/11/2025
16/10/2025

CWTLM Living Waters – Mosselbaai

Huwelikseminaar: GOD se doel met die huwelik 💍

Kom ontdek saam met Ps. Chris van Niekerk wat God se oorspronklike plan vir die huwelik is — hoe om Sy doel te verstaan, Sy seën te beleef, en ’n verhouding te bou wat op die Woord gefundeer is.

📅 Datum: Saterdag, 1 November
🕘 Tyd: 09:00 – 13:00
📍 Plek: 5 Carissa Unit 23, Via Appie, Voorbaai, Mosselbaai

☕ Koffie & tee word voorsien
🍰 Bring asseblief ’n bordjie eetgoed saam om te deel
💒 Almal is welkom | Gratis toegang (sitplek is beperk)

👉 Bespreek jou plek aanlyn:
🔗 https://cwtlmseminaarbymosselbay.rsvpify.com

📞 Kontak: Ian & Alida – 082 440 4334

Kom versterk jou huwelik en herontdek God se plan vir liefde, eenheid en verbond. ❤️

Feast of Double Thanksgiving || 5 Oktober 2025
05/10/2025

Feast of Double Thanksgiving || 5 Oktober 2025

Chris Van Niekerk is delivering the message

SUKKOT / FEES VAN TABERNAKELS Shalom gemeente,Ons nooi julle hartlik uit na die Sukkot / Fees van Tabernakels-week wat p...
02/10/2025

SUKKOT / FEES VAN TABERNAKELS

Shalom gemeente,

Ons nooi julle hartlik uit na die Sukkot / Fees van Tabernakels-week wat plaasvind van 6 – 13 Oktober.

📍 Plek: Die Fabriek
🕖 Tyd: Elke aand om 19:00

Elke aand gaan ons saamkom om die pad van heiligmaking te illustreer met behulp van die meublement van die Tabernakel. Elke aand se diens sal ’n spesifieke tema hê wat aansluit by een van die meubelstukke.

👉 Let wel:

Op Sondag 12 Oktober is daar net ’n oggenddiens, geen aanddiens nie.

Die aanddienste sal kort en kragtig wees (nie langer as ’n uur nie).

📅 ’n Volledige tabel met die meubelstukke, temas en datums is aangeheg.

Ons sien met groot verwagting uit om hierdie wonderlike Feesgety saam met julle te vier. 🎉

“En julle moet julle verheug voor die aangesig van die HERE julle God sewe dae lank...” – Lev. 23:40

Shalom

30/09/2025

🕊️ Shalom geliefde gemeente

Ons nooi julle van harte uit na ’n spesiale Yom Kippur diens, een van die feesdae van Yahweh, waar ons saam die Verbondsmaal gaan neem.

📖 Yom Kippur, ook bekend as die Groot Versoendag, herinner ons daaraan dat Yahweh Sy volk roep tot bekering, vergifnis en ’n Heilige wandel voor Hom. Hierdie dag wys profeties heen na die volmaakte versoening wat ons in Yeshua, ons Messias, ontvang het.

📅 Woensdagaand, 1 Oktober
🕖 19:00

Kom ons kom as familie van geloof bymekaar om Abba Vader die eer en lof te bring wat Hom toekom. Ons sien daarna uit om saam met julle hierdie heilige en profetiese tyd te beleef.

🕊️ Shalom en seën

💍 Liewe Egpaar,Jy en jou huweliksmaat word hartlik uitgenooi na ’n lewensveranderende seminaar naweek, spesiaal ontwerp ...
25/08/2025

💍 Liewe Egpaar,

Jy en jou huweliksmaat word hartlik uitgenooi na ’n lewensveranderende seminaar naweek, spesiaal ontwerp om jou huwelik te versterk, te verdiep en weer te verbind met Vader se oorspronklike ontwerp en bedoeling vir die huweliksverbond.

Die Ontwerpershuwelikseminaar is nie net ‘n geleentheid om tyd saam te spandeer nie, maar ‘n gesalfde uitnodiging om julle liefde te verdiep, kommunikasie te verbeter en Vader weer sentraal te stel in julle verhouding.

Wat om te verwag:
• Bybelse insigte vir die huwelik soos deur die Meesterontwerper beplan
• Praktiese sessies en verwerkings
• Tyd vir gebed en refleksie
• Romantiese oomblikke

👫 Of julle verloof, pas getroud is of al jare saamstap – hierdie naweek is vir julle!

RSVP teen *5 September 2025*
Kontak: *Celine 072 529 2401*

Laat Vader toe om julle huwelik te vorm volgens Sy meesterlike ontwerp.
Ons sien uit daarna om saam met julle op hierdie reis te stap!

Oorvloedige liefde en vrede in Christus,

Christus, die Weg, die Waarheid en Lewe Bedienning.

04/05/2025

🔥 MANNEKAMP 2025: MANNE VAN OUTORITEIT 🔥

- Volg jy My? -

Jy is geroep tot outoriteit! Kom ervaar ‘n kragtige naweek van toerusting, identiteit en geestelike groei. 🌿📖

📅 Datum: 9 - 11 Mei 2025
📍 Plek: EG Kerk - Eden Kamptterrein
💰 Koste: R250 (Verblyf & etes ingesluit)
⏰ Tyd:🔸 Vrydag 9 Mei – 18:00🔸 Sondag 11 Mei – 12:00

🔹 Hoofteks:
"Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie."– Lukas 10:19

🔥 LESINGS: 🔥
✅ Volg jy My
✅ Seksualiteit & Geslagverwarring
✅ Behoefte aan Liefde en Identiteit
✅ Wat is Liefde?
✅ Man van Integriteit

👑 Ontdek jou ware identiteit en die outoriteit wat aan jou gegee is!

📌 REGISTRASIE:
📲 WhatsApp: 076 884 3011
📧 E-pos: Karin by [email protected]

Wees deel van hierdie lewensveranderende naweek! Moenie uitmis nie! 💥🔥

Address

Dirk Smit Industriële Park, Eenheid 25, Jakaranda Straat 14, Hennopspark X35
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27768843011

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CWTLM posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to CWTLM:

Share