NG Kerk Tamboerskloof

NG Kerk Tamboerskloof Leraar: Ds Hendrik Scott
Eredienste Sondae 10:00 en 18:00. Jeugbediening: Ds Karin Botes

TAMBOERSKLOOF SE 35STE WYNVEILING = WEER ’N GROOT SUKSES! Wat ’n aand! Wat ’n span! Wat ’n voorreg! Baie dankie aan Dirk...
04/09/2026

TAMBOERSKLOOF SE 35STE WYNVEILING = WEER ’N GROOT SUKSES!
Wat ’n aand! Wat ’n span! Wat ’n voorreg!
Baie dankie aan Dirk en sy fantastiese span, elke skenker, koper en almal wat gehelp, ondersteun én saam gebid het om ons 2026 Wynveiling só ’n groot sukses te maak.
Die finale syfers moet nog bevestig word, maar dit lyk of ons vanjaar tussen R290 000 en R300 000 vir die werk van die Here gaan insamel!
Ons harte loop oor van dankbaarheid. Aan ons Here Jesus kom al die eer — ons kan Hom nie genoeg dankie sê vir sy ryke seën nie!
DANKIE, TAMBOERSKLOOF! Julle is ongelooflik!

KOORFEES OP ONS KAMPUS HIER IN TAMBOERSKLOOF Woensdagaand, 2 September 2026, was ons kampus gevul met die besondere klan...
03/09/2026

KOORFEES OP ONS KAMPUS HIER IN TAMBOERSKLOOF
Woensdagaand, 2 September 2026, was ons kampus gevul met die besondere klanke van jong stemme uit Suid-Afrika én die Tsjeggiese Republiek.
Die Laerskool Jan van Riebeeck en Hoërskool Jan van Riebeeck het, onder leiding van die Laerskool se hoof, mnr. Beets, ’n besondere koorfees aangebied waaraan die Jiříky Children’s and Youth Choir van Mladá Boleslav in die Sentraal-Boheemse streek van die Tsjeggiese Republiek deelgeneem het.
Elke koor het die geleentheid gekry om op te tree, waarna die aand op ’n besonderse hoogtepunt afgesluit is toe almal saam as ’n massakoor gesing het.
Dit was vir ons ’n voorreg om hierdie talentvolle jongmense hier op ons kampus in Tamboerskloof te kon ontvang.
Mnr. Beets en almal wat hierdie besondere aand moontlik gemaak het – baie geluk! Dit was werklik iets besonders en vir die gemeente van Tamboerskloof ‘n besondere aand.

01/09/2026
01/09/2026

VEILING NUUS: Dirk Mostert aan die woord.
Donderdag, 3 Sept om 19:00
Via Whatsapp (Ons lewer af + epos faktuur)
👉 Klik hier om te registreer:
https://forms.gle/YZg6mCLfc5ziKfUb9

Kom aanbid Sondagoggend saam in die kerk of neem aanlyn deel deur hierdie skakel te volg https://www.youtube.com/live/dJ...
26/08/2026

Kom aanbid Sondagoggend saam in die kerk of neem aanlyn deel deur hierdie skakel te volg https://www.youtube.com/live/dJq3_yNdazY?si=setXiSbX04mlqGNI . Teksvers: Matteus 16:21-28. Tema: Om Christus in nederigheid te volg.

LERAAR: Ds Karin Botes, AFKONDIGINGS: Johan Pansegrouw, ORRELIS: ...

Address

17 Upper Union
Cape Town

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Tamboerskloof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share