NG Kerk Vrystaat

NG Kerk Vrystaat Welkom by die amptelike Facebook-blad van die NG Kerk Vrystaat! Ons bestaan uit 15 ringe en 154 gemeentes en ons kantoor is in Bloemfontein geleë.

Die Vrystaat Sinode van die NG Kerk is een van die tien sinodes van die NG Kerk se Algemene Sinode. ONS GEREFORMEERDE IDENTITEIT

• Ons glo dat die Bybel God se skrifgeworde Openbaring is. Ons bely daarom dat die Bybel God se Woord in mensetaal is wat deur die Heilige Gees geïnspireer is en God se norm vir ons lewe is. Die Bybel moet na sy aard en bedoeling vertolk en verklaar word, met die versta

an dat die Bybel Homself uitlê en dat elke gedeelte in sy verband uitgelê moet word. Ons glo dat ‘n lewende, persoonlike verhouding met God belangrik is vir die verstaan van die bedoeling van die Skrif.

• Ons erken dat die postmoderne tydsgees daartoe lei dat waarhede gerelativeer word. Ons het begrip dat dit tot identiteitskrisisse en tot onsekerheid kan lei. Daarom verklaar ons opnuut ons gehegtheid aan ons gereformeerde belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Ons aanvaar hierdie belydenisskrifte as bindend omdat dit ooreenstem met die Bybel as die Woord van God. Die inhoud van hierdie belydenisskrifte moet in ons harte leef. Ons vra leraars om die inhoud van die Belydenisskrifte weer op ‘n nuwe, vars manier in gemeentes bekend te stel.

• Ons sien ons eredienste as ontmoetings met die lewende God waar Hy deur sy Woord en Gees teenwoordig is. Hierdie waarheid maak dat elke byeenkoms gekenmerk word deur ‘n diepe respek vir God. Ons erken dat daar verskillende spiritualiteite in ons kerk is wat in die diversiteit van ons aanbidding sigbaar geword het. Ons verklaar egter dat daar geen plaasvervangers kan wees vir deeglik voorbereide eredienste waar Skrifgefundeerde prediking, die wet van God en die belydenis sy plek kry nie. Ons staan daarby dat daar sekere hoekstene is wat ons eredienste kenmerk maar erken dat daar op Skrifgetroue, verantwoordelike en stylvolle wyse met die boustene op daardie hoekstene gebou kan word.

• Ons verstaan ons roeping dat ons “Lig in die duisternis” is en ons is “Hier vir God, mekaar en die wêreld”. Ons glo dat die waarhede van die Bybel in ons konteks moet tuiskom. Daarom aanvaar ons die uitdaging om gestuurde gemeentes te wees; mense wat diep onder die indruk is dat ons uit genade gered is en nou uit dankbaarheid ‘n verskil wil gaan maak in die gebroke wêreld rondom ons. Die besinning oor gereformeerde identiteit is ‘n noodsaaklike en voortgaande gesprek; daarom onderneem ons om voortdurend hieraan aandag te gee. Die NG Kerk Vrystaat bestaan uit vyf eenhede wat ons visie en missie dryf, nl. Visionering, Bedieningsbegeleiding, Ondersteuning, Vennote in Getuienis en ENGO.

08/09/2026

Kom word deel van hierdie sing en luister.

🌿 ’n Einde aan ’n era: Ds De la Harpe le Roux neem afskeidNa jare van toegewyde diens breek ’n besondere oomblik van afs...
08/09/2026

🌿 ’n Einde aan ’n era: Ds De la Harpe le Roux neem afskeid

Na jare van toegewyde diens breek ’n besondere oomblik van afskeid aan.

Ds De la Harpe le Roux se pad getuig van ’n lewe van diensbaarheid, betrokkenheid en ’n diep verbintenis met die kerk en sy mense. Nou, aan die einde van hierdie hoofstuk, kyk ons met groot waardering terug op die spore wat hy oor baie jare gelaat het.

Ons sê dankie vir die pad wat saam gestap is, vir die mense wat geraak is en vir ’n bediening wat deel geword het van die verhaal van NG Kerk Vrystaat.

👉 Lees die volledige verhaal hier:
https://www.ngkerkvrystaat.co.za/n-einde-aan-n-era-ds-de-la-harpe-le-roux-neem-afskeid/

🤝 Wanneer ons hande vat, kan ons mekaar verder dra.Daar gebeur iets besonders wanneer kerke oor grense heen bymekaar kom...
08/09/2026

🤝 Wanneer ons hande vat, kan ons mekaar verder dra.

Daar gebeur iets besonders wanneer kerke oor grense heen bymekaar kom – nie net om te gee nie, maar ook om te leer, te luister en saam te groei.

In Mafeteng, Lesotho, het 50 kerkraadslede en Sondagskoolonderwysers van sewe NGKA-gemeentes onlangs bymekaargekom vir ’n besondere toerustingsnaweek. Die fokus was op iets wat ons almal na aan die hart lê: om mense toe te rus om die kerk en Koninkryk van God met groter sekerheid en vreugde te dien.

Van Bybelinterpretasie en evangelisasie tot huisbesoek, verhoudingsbou en kinderbediening – die naweek was ’n herinnering dat toerusting nie net kennis oordra nie. Dit bou mense op.

En miskien is dit die mooiste deel: hierdie is nie ’n eenmalige projek nie, maar die begin van ’n pad wat ons saam wil stap. Oor kultuurgrense heen, maar verenig in Christus. ❤️

Lees “Om hande te vat oor grense heen: Toerusting vir die NGKA in Lesotho”:

👉 https://www.ngkerkvrystaat.co.za/om-hande-te-vat-oor-grense-heen-toerusting-vir-die-ngka-in-lesotho/

💙 Elke asemteug is genade.Ons dink nie altyd daaroor nie, maar skoon lug is nie iets wat ons as vanselfsprekend kan aanv...
07/09/2026

💙 Elke asemteug is genade.

Ons dink nie altyd daaroor nie, maar skoon lug is nie iets wat ons as vanselfsprekend kan aanvaar nie. Ons deel immers almal dieselfde hemelruim – en die manier waarop ons met God se skepping omgaan, maak ’n verskil.

Op 7 September word die Internasionale Dag van Suiwer Lug vir ’n Blou Hemelruim gevier. Dit gee ons ’n geleentheid om weer te dink oor iets wat so alledaags is, maar eintlik so kosbaar: die lug wat ons elke dag inasem.

Van bome plant en minder afval tot eenvoudiger keuses in ons gemeentes – soms begin verandering by klein dinge wat ons saam doen.

Lees “’n Blouer hemelruim” en dink saam oor hoe ons as kerk met groter sorg vir God se skepping kan leef. 🌱💙

👉 https://www.ngkerkvrystaat.co.za/n-blouer-hemelruim/

😮‍💨 “Ek is moeg om moeg te wees.”Wie van ons het dit nie al gedink of selfs hardop gesê nie?Party dae is jy net moeg. Mo...
07/09/2026

😮‍💨 “Ek is moeg om moeg te wees.”

Wie van ons het dit nie al gedink of selfs hardop gesê nie?

Party dae is jy net moeg. Moeg vir alles wat gedoen moet word, moeg vir die gejaag en moeg daarvan om heeltyd te probeer sterk wees. En die vreemdste ding is: ons raak amper gewoond daaraan.

By PredikanteSAAMkoms2026 was daar ook ’n oomblik om hieroor te praat. Nie met maklike antwoorde nie, maar met eerlikheid. Om te erken dat predikante ook net mense is. Mense wat soms moeg word, soms swaarkry en soms self nodig het om net ’n bietjie asem te haal.

Kroniese Kronieke vertel van hierdie nuwe normaal en van die verhale wat dikwels agter die glimlagte en die mooi woorde skuil.

Lees “Kroniese Kronieke: Narratiewe van ’n nuwe normaal – Ek is moeg om moeg te wees” en kom lees saam.

👉 https://www.ngkerkvrystaat.co.za/kroniese-kronieke-narratiewe-van-n-nuwe-normaal-ek-is-moeg-om-moeg-te-wees/

✨ Vlamvat Maandag – God gee nuwe moed! 🌱Daar is ’n groot verskil tussen moeg wees en moed verloor. Jy mag dalk vandag mo...
07/09/2026

✨ Vlamvat Maandag – God gee nuwe moed! 🌱

Daar is ’n groot verskil tussen moeg wees en moed verloor. Jy mag dalk vandag moeg wees, maar dit beteken nie jy moet ophou nie. God gee nuwe krag wanneer ons voel ons eie krag is nie meer genoeg nie.

“Maar dié wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende.” — Jesaja 40:31 (AFR83)

Mag jy hierdie week weer asemhaal, weer hoop en weer moed kry vir dit wat voorlê. Jy hoef nie alles op een slag te hanteer nie — neem dit dag vir dag, saam met God. 🤍✨

06/09/2026

Biddag vir Dowes - God praat met elke hart

Vandag bring ons die dowe gemeenskap van Suid-Afrika voor die Here.
Ons bid vir insluiting, begrip en geleenthede - dat elke persoon die liefde van God, die ondersteuning van die gemeenskap en die waardigheid wat aan elke mens toekom, sal ervaar.

Ons dank God vir die unieke gawes, talente en perspektiewe wat dowe mense na ons gemeenskappe en kerke bring.

Mag ons leer om beter te luister - nie net met ons ore nie, maar ook met ons harte.
Jesus het mense gesien, verstaan en liefgehad. Hy het grense afgebreek en mense ingesluit wat dikwels deur ander misgekyk is.

Mag ons Sy voorbeeld volg deur ruimtes te skep waar almal welkom, gehoor en waardeer voel.

“Hy het alles goed gedoen; Hy laat selfs die dowes hoor en die stommes praat.” - Markus 7:37
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.” - Johannes 10:27
“Laat elke mens flink wees om te luister, stadig om te praat.” - Jakobus 1:19

Here, help ons om met liefde te luister en met genade te verstaan.

05/09/2026

Die nasionale Predikante SAAMkoms het van 24 tot 28 Augustus 2026 by Goudini in die Wes-Kaap plaasgevind en sowat 700 NG predikante van regoor Suid-Afrika bymekaargebring. Dit was die eerste geleentheid van sy soort in meer as twee dekades. Oor hierdie paar dae kon kollegas van die kerk aanbid, leer...

Address

20 Van Heerden Avenue, Willows
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Vrystaat posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Vrystaat:

Shortcuts

Share