Doxa Deo Bloem Suid

Doxa Deo Bloem Suid We're one of many churches in the city wanting to see God glorified and people’s lives transformed by God’s power and grace.

We believe that we are called to make disciples who impact the city and the nations.

'SKYN' ALBUM LAUNCH //Sondag 13 September word Doxa Deo Worship se splinternuwe AFRIKAANSE Worship Album 'Skyn' bekend g...
08/09/2026

'SKYN' ALBUM LAUNCH //
Sondag 13 September word Doxa Deo Worship se splinternuwe AFRIKAANSE Worship Album 'Skyn' bekend gestel!

Enigiemand is welkom om die aand saam te kom geniet.
Daar kinderbediening tydens die geleentheid gefasiliteer word.
Jy kan ook biki vroeer kom en 'n geselligheid by ons kosstalletjies voor die tyd geniet.

Sondag 13 September
18:30
Kosstalletjies oop vanaf 17:30
Plek: Doxa Deo Bloemfontein North
Bloemendal Straat, Rayton

Toegang is gratis
Sien jou daar!

08/09/2026

Sondag 13 September word Doxa Deo Worship se splinternuwe AFRIKAANSE Worship Album 'Skyn' gelaunch!

Enigiemand is welkom om die aand saam te kom geniet, indien jy jou kinders wil saambring sal daar kinderbediening tydens die geleentheid gefasiliteer word.
Jy kan ook biki vroeer kom en 'n geselligheid by ons kosstalletjies voor die tyd geniet.

Skyn - Album Launch
Sondag 13 September
Plek: Doxa Deo Bloemfontein North
Bloemendal Straat, Rayton
Launch begin om 18:30
Kosstalletjies oop vanaf 17:30
Toegang is gratis!

Dissipelskap gebeur wanneer ons mense deel maak van ons stories en ander toelaat om ‘n na te pad met ons te stap soos on...
01/09/2026

Dissipelskap gebeur wanneer ons mense deel maak van ons stories en ander toelaat om ‘n na te pad met ons te stap soos ons in geloof groei.

31/08/2026

Maatjies, maak gereed om te sing, dans, leer en speel saam met Juffrou Linky! Oefen solank die woorde en danspassies van al jou gunsteling- Juffrou Linky-liedjies en maak gereed vir ’n uur van pret!

Manne van ons Afrikaanse diens het verlede naweek gaan kamp!Dit was 'n heerlike kans om weg te breek uit die alledaagse ...
31/08/2026

Manne van ons Afrikaanse diens het verlede naweek gaan kamp!
Dit was 'n heerlike kans om weg te breek uit die alledaagse roetine en net lekker saam te braai, kuier, aanbid en vriende maak.

Maak seker jy mis nie ons volgende een nie!

Coffee Cup Convos met Madz Deyzel het vanoggend plaasgevind by Doxa Deo Bloemfontein Suid! Ons het saam maniere geleer o...
29/08/2026

Coffee Cup Convos met Madz Deyzel het vanoggend plaasgevind by Doxa Deo
Bloemfontein Suid!

Ons het saam maniere geleer om beter, meer betekenisvolle gesprekke te voer – en hoe om mense se stories met deernis, begrip en wysheid te hanteer.

Ons is so dankbaar om deel te wees van ’n kerk wat in mense belê en ons toerus om te groei.

| | | |

Ons was baie geseënd om vanoggend Madz Deyzel by voltydse span te hê vir ‘n tyd van belegging. Met 20 jaar se ondervindi...
28/08/2026

Ons was baie geseënd om vanoggend Madz Deyzel by voltydse span te hê vir ‘n tyd van belegging.

Met 20 jaar se ondervinding in bediening agter die rug is dit ‘n groot voorreg om by haar te leer sodat ons toegerus kan wees om self gesond te kan lei en dien.

Ons is ook nou nog meer opgewonde oor vanaand se ouerskap belegging vir ouers van tieners & ‘pre-teens’ oor die onderwerp van “Behavior tells a story”.

Jou teenwoordigheid beteken meer as wat jy besef.Moenie die lewe alleen doen nie.Ons sal jou graag wil help om by 'n gro...
26/08/2026

Jou teenwoordigheid beteken meer as wat jy besef.

Moenie die lewe alleen doen nie.
Ons sal jou graag wil help om by 'n groep aan te gesluit!
Kontak ons of volg hierdie skakel:
https://www.doxadeo.org/bloemsouth/life_groups/

Hierdie week het die TREE-span die geleentheid gehad om saam met die Graad 6-leerders van Willem Postma Primêre Skool by...
21/08/2026

Hierdie week het die TREE-span die geleentheid gehad om saam met die Graad 6-leerders van Willem Postma Primêre Skool by Imla aan hul Buitelugskool-kamp deel te neem!

Hulle het die voorreg gehad om met die seuns en meisies te gesels oor hul identiteit in God — oor wie Hy sê hulle is en waarvoor Hy hulle geskep het.

Die dag is afgesluit met ’n besonderse aanbiddingsaand, waar ruimte geskep is vir die leerders om God te ontmoet.

Wat ’n voorreg om lewe en waarheid in die volgende generasie in te spreek! ❤️

Wat as liefde vir mense nie net iets was waaroor ons praat nie, maar iets wat ons uitleef?Hierdie Sondag skop ons af met...
15/08/2026

Wat as liefde vir mense nie net iets was waaroor ons praat nie, maar iets wat ons uitleef?

Hierdie Sondag skop ons af met Love Like This, ’n splinternuwe 6-week-reeks.

Saam gaan ons drie kragtige maniere ontdek waarop God se liefde die manier waarop ons leef, verander:
Compassion
Calling
Contribution

Ons begin hierdie Sondag | 16 Augustus
Kom wees deel van die reis! ❤️

As jy nog nie by ’n Life Group aangesluit het nie, skryf in deur hierdie skakel te volg: https://bit.ly/LoveLikeThis_GroupsSignup

Address

29 Van Iddekinge Avenue, Fichardtpark
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00
Sunday 08:30 - 10:00
10:10 - 11:40

Telephone

+27515224197

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doxa Deo Bloem Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Doxa Deo Bloem Suid:

Shortcuts

Share

Category