Harmonie Gemeente

Harmonie Gemeente Ons glo dat ALLE mense 'n soeke na God het. Ons doel is om Jesus aan elkeen bekend te stel!

Ons leef in 'n wêreld vol redes om te kla, bekommerd te wees en moed te verloor.Maar wat as een van die kragtigste bewys...
03/09/2026

Ons leef in 'n wêreld vol redes om te kla, bekommerd te wees en moed te verloor.

Maar wat as een van die kragtigste bewyse van God se teenwoordigheid in jou lewe nie is wat jy sê nie, maar hoe dankbaar jy leef?

Hierdie Sondag kyk ons na 'n verrassende waarheid uit die Skrif wat my eie hart diep uitgedaag het. Dit het my laat besef dat dankbaarheid baie meer is as goeie maniere of positiewe denke.
Dit kan alles verander.
Kom ontdek saam waarom God se Woord soveel klem op dankbaarheid plaas.

Kom luister saam.
"Dankbaarheid verander alles"
Nagmaal word bedien, en almal is hartlik welkom.
Harmonie Gemeente, by Hoërskool Bellville, om 09:15 met Hartklop Kinderkerk en PolsSlag JEUG gelyklopend.

Sondag kuier ons ook na afloop van die Erediens. Ons het heerlike gebak, van allerlei aard – en ‘pre-loved’ items wat te koop ons. Kom ondersteun en kom geniet die dag saam met ons.

02/09/2026
Jy kan dalk uit ondervinding saam gesels oor hoe God al voorsien HET.  Maar wat gebeur wanneer jy NOU die wonderwerk nod...
27/08/2026

Jy kan dalk uit ondervinding saam gesels oor hoe God al voorsien HET. Maar wat gebeur wanneer jy NOU die wonderwerk nodig het? Want die herinnering aan gister se wonderwerk neem nie noodwendig vandag se nood weg nie.

Dis maklik om God by die oase te vertrou.
Dis in die wildernis waar vertroue getoets word.

En dis anders, as jy self in dit is!

Die Hebreër skrywer moedig ons aan om JUIS NIE ons geloofsvertroue deur ons vingers te laat glip nie.

Kom luister Sondag as Hugo Weich treffende Woord waarhede uit Eksodus 16 kom deel, om ons geloof en vertroue te versterk.

Hierdie Sondag by Harmonie Gemeente, 09:15 met Kinderkerk en Jeug gelyklopend.

Verlede Sondag het ons gepraat oor hoe ons moet “VERANDER” as ons meer van die heerlikheid van die Vader wil smaak. Hier...
20/08/2026

Verlede Sondag het ons gepraat oor hoe ons moet “VERANDER” as ons meer van die heerlikheid van die Vader wil smaak.

Hierdie Sondag vra ons: Is die “VERANDERING” wat Jesus bring, en wat gelowiges vir ander mense voorhou: Is dit net deur WAARHEID, wat vir ons presies sê wat reg en verkeerd is?

Of is dit net GENADE - wat meer ruimte vir meer mense gee en hulle gevoelens in ag neem? Of dalk ‘n ‘bietjie’ van beide?
Wat presies het ons vandag nodig?

Kom luister hierdie Sondag by Harmonie Gemeente.

23 Augustus | 09:15 | Hoërskool Bellville – met Kinderkerk en Jeug.

Jy is welkom.

Maar.... jy gaan beslis die WAARHEID hoor.

Alles kan in één oomblik VERANDER. Jou omstandighede, jou wêreld, jou sekerhede… enige iets. Maar die grootste veranderi...
13/08/2026

Alles kan in één oomblik VERANDER. Jou omstandighede, jou wêreld, jou sekerhede… enige iets. Maar die grootste verandering is nie wat rondom jou gebeur nie, dit is wat binne-in jou gebeur.

Jesus roep ons nie net om kerk toe te gaan en ’n bietjie meer te doen nie. Hy roep ons na ’n werklike verhouding met Hom. ’n Lewe wat verander omdat Hy in ons woon. Van lou na lewend. Van gemaklik na oorgegee. Van ‘ek weet van Jesus’ na ‘ek ken Hom.’

Die vraag is: Laat jy toe dat Jesus jóú verander?

Kom luister Sondag saam met ons by Harmonie Gemeente, met Kinderkerk & Jeug. Hierdie een gaan jou dalk ongemaklik maak… maar dalk is dit presies die verandering wat jy nodig het. 09:15 by Hoërskool Bellville. Almal is hartlik welkom.

Sondag is Vrouedag. Ons gaan dit vier, en kom bederf jouself by Harmonie Gemeente met ‘n heerlike oggend van saamkuier, ...
06/08/2026

Sondag is Vrouedag. Ons gaan dit vier, en kom bederf jouself by Harmonie Gemeente met ‘n heerlike oggend van saamkuier, koffie, koekies & tee en saam sing en wonderlike Woord – vir die hele gesin.

Sonja Goldberg is ons prediker by die spesiale geleentheid. Kom ontdek saam met ons hoe God ons lei om ons ‘kantoor’, ja ons hart – die plek waar ons menswees begin, so in te rig - dat dit die plek sal wees waar ander veilig by ons sal wees omdat hulle jou geloof in Jesus Christus raaksien.

Hierdie Sondag, 9 Augustus, by Harmonie Gemeente te Hoërskool Bellville, 09:15. Die plek om te wees.

Het jy al ooit vir God gevra: Hoekom? Of “Waar is Hy?” Of “Waarom gebeur dit met my?"Soms is die moeilikste geveg nie te...
30/07/2026

Het jy al ooit vir God gevra: Hoekom? Of “Waar is Hy?” Of “Waarom gebeur dit met my?"

Soms is die moeilikste geveg nie teen ons omstandighede nie... maar die worsteling met God self. Hierdie Sondag kyk ons na een van die mees aangrypende ontmoetings in die Bybel: Waar God opgedaag het en alles kom verander het, al was Hy onherkenbaar.

Wat as God nader is as wat jy d**k?
Wat as jy nie alleen deur jou donker nag gaan nie?
En wat as die ding wat jou vandag “so seer maak"... juis dit is wat jou naby aan God hou?

As jy deur 'n moeilike tyd gaan, as jy vrae het, of net nuwe hoop nodig het, kom luister saam. Ek glo God wil deur Sy Woord met ons praat.

Sondag se tema: "Ek sal U nie laat gaan nie!"

Ek sien uit om saam met jou die Here te ontmoet. Hierdie Sondag by Harmonie Gemeente, Hoërskool Bellville – Met Nagmaal, Kinderkerk en Jeug en ‘n baie spesiale kooruitvoering!

Address

Harmonie Gemeente Hou Dienste By Hoërskool Bellville, Sondae 09:15
Bellville
7550

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Sunday 08:00 - 00:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Harmonie Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Harmonie Gemeente:

Shortcuts

Share