NG Kerk Wellington-Oos

NG Kerk Wellington-Oos 'n Geesgevulde gemeente wat, saam met ander, vir Jesus in die wêreld volg. Somer eredienstye: 09:00
Winter eredienstye: 09:30

07/09/2026
Die week se Tema is GETUIG. N Kort samevatting: "Om te getuig is om met vrymoedigheid te vertel van Jesus wat ons verand...
24/08/2026

Die week se Tema is GETUIG.
N Kort samevatting:

"Om te getuig is om met vrymoedigheid te vertel van Jesus wat ons verander het, en om aan te hou om Sy evangelie bekend te maak, waar God ons ook al plaas"

40 DAE 2026 // 6 Waardes vir Gesonde GelowigesHierdie week is WEEK 2 van die 40 Dae.Christus voor my, Christus agter my,...
16/08/2026

40 DAE 2026 // 6 Waardes vir Gesonde Gelowiges

Hierdie week is WEEK 2 van die 40 Dae.

Christus voor my, Christus agter my, Christus onder my, Christus bo my. Christus in die hart van elkeen wat aan my d**k, Christus in die mond van elkeen wat van my praat, Christus in elke oog wat my sien, Christus in elke oor wat my hoor. Ons getuig nie van onsself nie, maar van Sy vryheid in ons. Amen.

GRAAD 1-6 BYBELSKOOL28-30 SeptemberNG Wellington-Oos se Sentrum08:30-12:30R360 per kindVir enige navrae kontak Ds Lisa v...
12/08/2026

GRAAD 1-6 BYBELSKOOL

28-30 September
NG Wellington-Oos se Sentrum
08:30-12:30
R360 per kind

Vir enige navrae kontak Ds Lisa vd Merwe 073 884 8060
Inskrywings sluit 14 September 2026.

40 DAE 2026 // 6 Waardes vir Gesonde GelowigesHierdie week is WEEK 1 van die 40 Dae.HOE WERK DIT?* Jy kry 'n boekie by d...
12/08/2026

40 DAE 2026 // 6 Waardes vir Gesonde Gelowiges

Hierdie week is WEEK 1 van die 40 Dae.

HOE WERK DIT?

* Jy kry 'n boekie by die kerkkantoor of digitaal as pdf wat bedoel is om as reisjoernaal gebruik te word. Die boekie bevat die tekste van die week, besprekingsvrae en ruimte om notes te maak.

* Op SONDAE rondom 12 uur stel ons 'n besprekingsvideo vry wat jy kan kyk om die week se tema in te lei. Ons stuur saam met dit ook 'n dokument uit wat families kan gebruik.

* Skakel in by 'n kleingroep DEUR DIE WEEK indien vir jou moontlik.
-Jong Volwassenes, Dinsdae 19:00 in die Sentrum
-Mannegroep, Vrydae 05:00 in die Sentrum

* Die volgende groep is ‘n oop ruimte waartydens jy vir die 6 weke kan inslakel:
-17:30 Sondae by AMSS meditatiewe nadenke oor die tema en teks van die week.
-10:00 Dinsdae by AMSS meditatiewe nadenke oor die tema en teks van die week.
-10:00 Dinsdae in die kerk se konsistorie

* Op VRYDAE stuur ons die gesamentlike digidiens van al die kerke uit wat as opsomming dien van die week se gesprekke.

* Op SONDAE kom die gemeente saam by die erediens om te vier wat ons in die week by God en mekaar gehoor het.

Ons gebed is dat hierdie vir ons as gemeenskap 'n tyd van geloofsverdieping sal wees.

“Hemelse Vader, U is die Een wat ons gemaak het, en ons harte is onrustig todat dit rus vind in U alleen. Skenk ons die geloof om U te soek, die vrymoedigheid om U te loof, en die liefde om U te aanbid. Amen”

GRAAD 1-3 KAMP11-12 September 2026NG Wellington-Oos se SentrumVrydag 17:00 - Saterdag 08:30R150 per kindVir enige navrae...
11/08/2026

GRAAD 1-3 KAMP

11-12 September 2026
NG Wellington-Oos se Sentrum
Vrydag 17:00 - Saterdag 08:30
R150 per kind

Vir enige navrae kontak Ds Lisa vd Merwe 073 884 8060
Inskrywings sluit 4 September 2026.

Address

H/v Cumming/en Barlinkastraat
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27786655481

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Wellington-Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Wellington-Oos:

Shortcuts

Share