Agter-Paarl Gemeente

Agter-Paarl Gemeente Ons is 'n geloofsgemeenskap by Windmeul, Agter-Paarl. Ons glo dat ons aan God behoort, aan mekaar verbind is en geroep word om soos Jesus te leef

15/05/2026
VergenoegdheidDis die einde van die eerste kwartaal en ons is dankbaar. Aan die begin van die jaar het ons gewonder hoe ...
27/03/2026

Vergenoegdheid

Dis die einde van die eerste kwartaal en ons is dankbaar. Aan die begin van die jaar het ons gewonder hoe ons al die b***e in die lug gaan hou, maar hier waar ons nou staan, het ons die rustigheid van mense wat gedra is. Ons het ‘n paar b***e laat val, maar ons het ook ‘n paar in die lug kon hou. En deur dit alles was daar oorgenoeg genade en ondersteuning.

Ons het almal soms tye wat ons oorweldig voel. Want die lys van goed wat ons moet doen en wil doen, is soms so lank. En as jy te diep kyk, weet jy daar is ‘n paar kaste wat uitgepak moet word. Daar is speelgoedhouers met meer stof as speelgoed en dele van die tuin waar daar meer bossies as plante groei. En dan is daar sommer net goed wat al so lank op die lysie is … die drafsessie, die familie, die tandartsafspraak.

Ek weet in tye wat ek effe uit balans uit voel, ek oorbewus is van die areas in my lewe wat meer aandag nodig het. Dat ek so ‘n knaende gevoel kry dat ek nooit by alles gaan uitkom nie. Dat niks ooit klaar gaan wees nie en dat ek nooit gaan uitkom waar ek wil uitkom nie.

Maar die afgelope paar weke is daar ‘n stuk rustigheid in my lyf. Asof ek weer helder genoeg kan sien om te fokus op dit wat ek wel klaargemaak het en die res so bietjie te laat gaan. Dat ek kan vrede maak met die goed wat nog in proses is. En natuurlik ook die goed wat vandag skoongemaak is en môre weer skoongemaak moet word.

En skielik is dit asof klein dingetjies weer in fokus kom … die lekkerte van die skottelgoedseep wat skuim in die water, die gevoel van genoegdoening wanneer ek een laai reggepak het. Die vreugde van ‘n skryfstuk waarvan die woorde net so mooi bymekaargekom het en die ligtheid in iemand se gesig na ‘n sinvolle gesprek. Die hoendervleis oomblik wanneer ons musiek maak en dit voel of die engele begin saamsing. En die skoonheid van sonstrale wat jou dogtertjie se vlegsel laat blink in die son.

Mag jy die oë hê om mooi te sien. Mag jy die vermoë hê om vrede te maak met die wonderlike chaos van ons lewens. En mag jy vergenoegd voel in hierdie Paastyd.

Vrede!
Marina

So dankbaar vir 'n baie geseënde werkswinkel saam met ons gesinne gister!
02/03/2026

So dankbaar vir 'n baie geseënde werkswinkel saam met ons gesinne gister!

Address

Noord Agter Paarl Road
Paarl
7630

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Agter-Paarl Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share