Goeie Nuus

Goeie Nuus Ons glo die boodskap van Jesus Christus is GOEIE NUUS. Dienste en Kinderkerk is Sondae 9 uur

Jy word uitgenooi!
29/08/2026

Jy word uitgenooi!

GOEIE NUUS GEMEENTE SE NOTERAAI! 🎉Wat ’n heerlike aand van samesyn, lekker kuier, baie lag en kosbare herinneringe saam ...
09/08/2026

GOEIE NUUS GEMEENTE SE NOTERAAI! 🎉
Wat ’n heerlike aand van samesyn, lekker kuier, baie lag en kosbare herinneringe saam met wonderlike mense! ❤️

Ons harte is vol dankbaarheid wanneer ons terugkyk op ’n aand wat werklik besonders was. 🙏✨

’n Groot, groot dankie aan elke persoon wat bygedra het om ons Noteraai-aand so spesiaal te maak – aan elkeen wat gehelp het, deelgeneem het, saam gekuier het, kos voorberei het en sommer net daar was. Julle maak ons gemeente-familie besonders! ❤️

Die mooiste deel is dat ons nie net saam gekuier het nie, maar ook saam ’n verskil gemaak het. Die aand was ten bate van ons fondsinsameling vir sonkrag (solar) vir ons gemeente. ☀️⛪

Mag ons as gemeente aanhou om saam te staan, saam te lag, saam te dien en saam te bou aan iets groter as onsself.
Dankie vir elke glimlag, elke hand wat gehelp het en elke hart wat gegee het.
Ons waardeer elkeen van julle opreg! ❤️
Goeie Nuus Gemeente – waar geloof, liefde en samesyn hand aan hand loop! 🙏❤️☀️

🎉 Welkom by die Goeie Nuus-familie! ❤️Met groot dankbaarheid en opgewondenheid verwelkom ons ons nuwe herderspaar, Pasto...
02/08/2026

🎉 Welkom by die Goeie Nuus-familie! ❤️

Met groot dankbaarheid en opgewondenheid verwelkom ons ons nuwe herderspaar, Pastoor Jurie en Freda O'Connell, by Goeie Nuus Gemeente.

Dit was 'n heerlike dag van kuier, lekker eetgoed, warm geselskap en kosbare samesyn.

Dankie aan elkeen wat deel was van hierdie spesiale verwelkoming en gehelp het om hulle tuis te laat voel.

Ons sien met verwagting uit na die pad wat die Here vir ons as gemeente saam met Pastoor Jurie en Freda voorberei het. Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met God se leiding, liefde, eenheid en baie seën.

Welkom by die Goeie Nuus-familie! Ons is bly om julle deel van ons huis te noem. 💙🙏

21/07/2026

Liefste Goeie Nuus familie
Met harte vol dankbaarheid, nooi ons almal uit om saam met ons, ons nuwe Pastoorspaar Jurie en Freda O’Çonnell te verwelkom by ons kerkfamilie.
📅 Datum: Sondag, 2 Augustus 2026
🕒 Tyd: 9:00 VM Erediens, gevolg deur verversings
📍 Plek: Goeie Nuus Kerk
Ons glo dit sal ’n geseënde geleentheid wees om God se voorsiening te vier, ons liefde uit te brei en hierdie nuwe hoofstuk saam te begin. Kom ons vergader in eenheid, gebed en danksegging terwyl ons hulle met ope arms verwelkom.
Ons sien uit daarna om julle daar te sien!
Christus Liefde

✨ Met groot vreugde stel ons ons nuwe Herderspaar bekend! ✨Ons gemeente is baie opgewonde en dankbaar om Past. Jurie O'C...
23/06/2026

✨ Met groot vreugde stel ons ons nuwe Herderspaar bekend! ✨

Ons gemeente is baie opgewonde en dankbaar om Past. Jurie O'Connell en sy vrou, Freda O'Connell, as deel van ons geliefde Goeie Nuus Familie te verwelkom.
Ons sien met groot verwagting uit na die pad wat voorlê – 'n pad van geloof, liefde, groei en diens aan die Here. Ons bid dat hulle hier 'n geestelike tuiste sal vind en dat ons as gemeente saam met hulle sal groei in God se genade en liefde.

🤍 Kom ons maak hulle deel van ons familie en ontvang hulle met oop harte en oop arms!
Ons nooi elkeen hartlik uit om Past. Jurie en Freda te kom ontmoet en saam met ons hierdie besondere geleentheid te vier.

📅 2 Augustus 2026
⏰ 09:00
📍 Tydens ons Oggenddiens

"Daar is 'n tyd vir nuwe beginne, nuwe seisoene en nuwe seëninge. Ons glo God het iets besonders vir ons gemeente voorberei."
Welkom by die Goeie Nuus Familie, Past. Jurie en Freda!
Mag julle hier tuiskom, geliefd wees en ryklik deur God geseën word. Ons sien uit daarna om saam met julle die Here te dien en hierdie nuwe hoofstuk met vreugde aan te pak. 🌿✨

Hou gerus ons blad dop vir verdere besonderhede wat nader aan die tyd bekend gemaak sal word. Ons kan nie wag om saam met julle ons nuwe Herderspaar met liefde en vreugde te ontvang nie! 🤍

✨🌷 Vrou met Visie Damesoggend 🌷✨Wat 'n ongelooflike geseënde oggend wat nog lank in baie vroue se harte sal voortleef. D...
21/06/2026

✨🌷 Vrou met Visie Damesoggend 🌷✨

Wat 'n ongelooflike geseënde oggend wat nog lank in baie vroue se harte sal voortleef. Daar was heerlike lag, trane van genesing, opregte gesprekke en oomblikke waar harte diep aangeraak is.

Ons het saam besef dat 'n vrou met visie nie net vir haarself leef nie, maar opstaan om liefde, hoop en lewe oor te dra na die volgende generasie. Elke vrou dra 'n unieke roeping, en vandag het ons weer gekies om met geloof, moed en liefde vorentoe te stap.

Tussen die heerlike sop, vars broodjies en kosbare geselskap het nuwe vriendskappe geblom en ou harte weer nuwe moed gekry. Ons is dankbaar vir elke vrou wat deel was van hierdie besondere dag.
Mag die saad wat vandag gesaai is, groei en vrug dra in ons huise, ons gemeenskap en die lewens van ons kinders. 💕🌸
"Sy is met krag en waardigheid beklee, en sy lag vir die dag van môre." – The Bible 31:25

Geseēnde Vadersdagdiens by Goeie Nuus Gemeente.  Dankie aan Jan Curtin wat ons kom bedien het met ń kragtige boodskap.  ...
21/06/2026

Geseēnde Vadersdagdiens by Goeie Nuus Gemeente. Dankie aan Jan Curtin wat ons kom bedien het met ń kragtige boodskap. Bedink die dinge van daar bo!

20/06/2026

VRYDAGAAND BY DIE JEUG WAS NET TE LEKKER! 🤩🔥
Wat 'n voorreg om saam te lag, pret te hê, nuwe vriendskappe te bou en bo alles ons verhouding met God te verdiep. Elke Vrydagaand sien ons hoe jongmense groei, nie net in hulle vriendskappe nie, maar ook in hulle geloof en liefde vir die Here. 🙌❤️
Ons is só dankbaar vir alles wat God in ons gemeente doen. Hy is getrou, Hy voorsien en Hy werk kragtig in die lewens van ons jeug! Hoe ongelooflik amazing is die Here nie! 👏✨
"Laat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in geloof en in reinheid." – 1 Timothy 4:12

Ons herinner almal aan ons spesiale diens môre 21 Junie, waar Jan Curtin en sy span ons gaan bedien! Moenie dit mis nie ...
20/06/2026

Ons herinner almal aan ons spesiale diens môre 21 Junie, waar Jan Curtin en sy span ons gaan bedien! Moenie dit mis nie dit beloof om geseēnd te wees!

18/06/2026

Mamma en dogter funksie by Goeie Nuus Gemeente! Wat ń heerlike dag vol lag, kreatiwiteit en goeie geselskap!

Address

Kliprivier Rylaan
Vereeniging
1929

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Goeie Nuus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Goeie Nuus:

Shortcuts

Share