Collage Gemeente - Vanderbijlpark

Collage Gemeente - Vanderbijlpark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Collage Gemeente - Vanderbijlpark, Church, H/v Siemensstraat en Hertz Boulevard, Vanderbijlpark.

2026-03-22 Lyding, heerlikheid en God se krag!? (week 12 - 5de Lydensweek)Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vander...
29/03/2026

2026-03-22 Lyding, heerlikheid en God se krag!? (week 12 - 5de Lydensweek)

Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 22 Maart 2026
Leraar: Ds. Chris Odendaal
Skrifgedeeltes: Romeine 8:18-30 en 1 Petrus 5:8-11

- Die lyding wat ons nou moet verduur!? ("duiwel se skuld" + eie begeertes, sonde, dood / Ons deel in Jesus se lyding en heerlikheid)
- Die skepping en ons lyding?! (Die ware Lig nie erken nie - Die skepping is gespanne - Het jy Jesus aangeneem? - Is jy weergebore? - Is jy gereed vir die wederkoms van die Here?)
- God se bestuur en die Gees as ons eerste Gawe!? (Hoe werk dit "ten goede"? - uitverkiesing is joune, Jesus = eerste Broer uit die dood opgestaan - "Ek is 'n kind van God" "Jesus is my Broer" - God het jou geroep, vrygespreek en verheerlik. Heilige Gees gee jou geloof, toegerus, bewoon ons met Sy volle wese, teenwoordig.)
- Die woede van die duiwel en ons waaksaamheid en beskerming! (Standvastig in geloof, staan hom tee - Jy het gesterf en opgestaan, nuwe mens - kort tydjie, van die skepping tot wederkoms, vergelyk met ewigheid)

2026-03-22 Lyding, heerlikheid en God se krag!? (week 12 - 5de Lydensweek)Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 22 Maart 2026Leraar: Ds. ...

So paar kiekies van ons décor op Palmsondag. Onthou Goeie Vrydag en Paasfees Sondag.Die feit dat ons nie soos ander mens...
29/03/2026

So paar kiekies van ons décor op Palmsondag. Onthou Goeie Vrydag en Paasfees Sondag.

Die feit dat ons nie soos ander mense nóu oppad hemel toe en na een fout weer oppad is hel toe is nie, is alles te danke aan die dinge wat Jesus vir ons in hierdie week gedoen het (en elke dag doen).

Voorspoed, gesondheid en seëninge, krag en guns word julle toegebid vir die nuwe week.

28/03/2026

Mense, vir die eerste keer in 30 jaar het ons weer krag in ons drade. Bid saam met ons dat dit sal aanbly, dan kan ons môre in styl die Here loof met die orrel en agterna kuier met koffie en tee. Geseënde naweek vir elke huis.

PS. Sal seker af en aan gaan soos daaraan gewerk word maar dit lyk belowend.

Send a message to learn more

25/03/2026

Ek het gisteraand vir die Here gesê Hy moet vat wat ek niks aan kan doen nie en dan sal ek doen wat ek kan.

Vraag is, wat kan ek en jy doen? Ek vermoed dis meer as wat ons d**k. Wou julle net herinner daaraan. Verder het Jesus gesê ons moet lief wees vir ons vyande.

Wie is ons vyande? Dit sal elke mens self moet vasstel maar ek d**k tog dit help om nie met haat te lewe nie. Dis soos 'n gif wat jy binne jou dra. Wat bereik mens daardeur?

Ook onthou ek, as jy kwaad is moenie sondig nie. Wat is sonde? Om jou doel in die lewe te mis. So eenvoudig. Moenie jouself van jou lewensroeping weghou deur versoekings van enige aard nie.

Dis tot jou beswil dat jy op die regte pad moet bly. Mooi dag, sterkte en voorspoed.

Send a message to learn more

Collage, nog 'n aand in die donker vir die ou dorp. Ek d**k net weer, soos al die batterye stadig leegloop...ons het see...
22/03/2026

Collage, nog 'n aand in die donker vir die ou dorp.

Ek d**k net weer, soos al die batterye stadig leegloop...ons het seer, ongemak, teespoed...

Hoe maklik is dit nie om ander te blameer nie. Niemand sal ons kwalik neem nie.

Maar is dit regtig die eerste reaksie wat die Here wil hê?

Kom die duiwel ooit reguit op jou af om jou skade aan te doen? Nee, hy gebruik mense wat hulleself beskikbaar stel om sy dade uit te voer.

Is ons stryd dan teen blinde slawe van sonde of baklei ons teen die verraaier wat agter hulle besig is?

Wat moet ons dan eerste doen? Bid. Bid vir gedult.

Bid vir die helderheid van verstand om nie soos die verkeerde boorpunt te wees en jouself uit te brand teen 'n klip nie.

Bid vir die krag en die toerusting om te verander wat daar is om te verander. Bid vir die geduld om intussen te kan uithou en aanhou.

Bid vir die vrede om jou verwagtinge as 'n offer te gee. Is dit nie dalk wat ons tot die punt gebring het nie?

Kan ons dalk die offer van vertroue en geloof weer 'n slag vir ons Skepper en Behouer gee? Hoe doen jy as mens op die stadium? Nie te goed nie?

So in hierdie tyd wat die wêreld soos 'n vlenters jammerlappie lyk, en die week soos 'n vrot rookwolk op die horison aankom...kom ons gee dit vir die Here. Kom ons kyk wat kan Hy daarmee maak. Staan jy net gereed om jou deel te doen.

Vrede vir julle elkeen.

Ek stuur die namens NG Wes. Gaan loer in die 21ste Maart.
19/03/2026

Ek stuur die namens NG Wes. Gaan loer in die 21ste Maart.

2026-03-15 Ons wapenrusting (week 11 - 4de Lydensweek)Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 15 Maart...
19/03/2026

2026-03-15 Ons wapenrusting (week 11 - 4de Lydensweek)

Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 15 Maart 2026
Leraar: Ds. Chris Odendaal
Skrifgedeeltes: Efesiërs 2:4-10 en Efesiërs 6:10-20)

- Ons nuwe lewe!?
- Die Here is ons lewe en ons krag!
- Ons stryd is teen die duiwel en sy trawante!
- Ons wapenrusting is die waarheid!
- Vryspraak: die sekerheid van verlossing!
- Die bereidheid om die evangelie te verkondig!
- Die Woord van God!
- Gebed!

2026-03-15 Ons wapenrusting (week 11 - 4de Lydensweek)Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 15 Maart 2026Leraar: Ds. Chris OdendaalSkrifg...

19/03/2026

Ek lees gisteraand hierdie raak:

Johannes 12:23 "Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God."

Kyk gerus na die konteks om hierdie hoofstuk wat vir my soos die knoop is wat die hele boek van Johannes bymekaarbring.

Ek gaan niks sê nie behalwe die vraag: As mense nie kan agterkom jy glo nie, glo jy regtig?

Die preek is oppad, moes net eers dit van my gemoed af kry.

Send a message to learn more

2026-03-08 Jesus se lyding en hoe dit ons raak?! (Matt 11:18-25, Op 12:1-18,1 Pet 1:3-9) (week 10 - 3de Lydensweek)Gepre...
09/03/2026

2026-03-08 Jesus se lyding en hoe dit ons raak?! (Matt 11:18-25, Op 12:1-18,1 Pet 1:3-9) (week 10 - 3de Lydensweek)

Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 1 Maart 2026
Leraar: Ds. Chris Odendaal
Skrifgedeeltes: Matteus 11:18-25, Openbaring 12:1-18, 1 Petrus 1:3-9)

- Jesus se lyding sy hele aardse lewe lank!?
- God se beskerming vir Jesus en die kerk!
- Ons onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel wag!
- Ons keuse!?

2026-03-08 Jesus se lyding en hoe dit ons raak?! (,,1Pet1v3-9 (week 10 - 3de Lydensweek)Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 1 Maart 202...

06/03/2026
06/03/2026

Liewe broer/suster, lees gerus Matteus 1:18-25 oor die geboorte van Jesus, die beskrywing in Openbaring 12:1-18 van die geboorte van in simbolies/eskatologiese taal en 1 Petrus 1:3-9 oor wat God reeds aan ons geskenk het om ons op hierdie aarde te bewaar. Hoop om jou Sondag by die erediens te sien!

Send a message to learn more

Address

H/v Siemensstraat En Hertz Boulevard
Vanderbijlpark
1911

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Collage Gemeente - Vanderbijlpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Collage Gemeente - Vanderbijlpark:

Share

Category