07/09/2026
🎶 Ek het my bekeer, en in water laat doop, toe vul Hy my, met Sy Heilige Gees........... 🎶
Baie geluk aan die broers wat hulle laat doop het, en die stap van gehoorsaamheid geneem het.
Ons bid 🛐 die seën van die Here oor julle af, en bid dat die Here julle sal hou.
📖HANDELINGE 8:36-37 AFR53 📖
[36] En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? [37] Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.