Moederkerk

Moederkerk NG Moederkerk Stellenbosch is die tweede oudste kerk in Suid-Afrika.

Moederkerk se erediens is op Sondae om 09:30.
'n Meer informele diens word gehou in die Hofmeyrsaal om 09:30 en vir studente by Kruiskerk in die aand om 18:00. Ons Stellenbosch Moedergemeente wil in afhanklikheid van God 'n Rivier van Lewende Water wees. Ons bely dat Jesus Christus die lewende water God die Vader die oorsprong en die Heilige Gees die vernuwende krag is Ons bid dat hierdie lewende

water soos 'n bruisende stroom deur ons gemeente sal vloei en wyd sal vertak om die gemeenskap en die wêreld te reinig, lewe te gee, en hoop te bring.

07/09/2026

Een eenvoudige “ja” word deel van ’n veel groter verhaal… By die put ontmoet ons vir Rebekka: gasvry, oop, bereid om te gaan. En deur haar gewone gehoorsaamheid ontvou God se belofte verder.

Fourie Rossouw herinner ons uit Genesis 24 dat die koninkryk van God soms bloot begin met ’n mens wat eenvoudig sê: “Ja, ek sal gaan.”

e-Nuus van Moederkerk -
04/09/2026

e-Nuus van Moederkerk -

Genesis 24 is die langste hoofstuk in Genesis — en een van die mooiste. Dit lees dit soos ’n Homeriese verhaal. Eerskomende Sondag word ons genooi om te gaan sit saam met die naamlose dienskneg by die fontein en na te dink oor wat dit beteken om mens te wees. Mens wat verlang, mense wat belowe, ...

04/09/2026

Hierdie Sondag staan ons in ons Wees Mens-reeks stil by Genesis 24, ’n verhaal van ’n lang reis, ’n ontmoeting by ’n put, tien dors kamele, ’n vrou wat heen en weer loop om vir hulle water te gee, en God se trou wat op verrassende maniere sigbaar word.

Fourie Rossouw gee ’n bietjie agtergrond tot die verhaal. Kom lees en luister Sondag saam!

Hierdie week staan ons stil by Genesis 24 waar ons sien hoe God aanhou om sy belofte aan Abraham uit te bou (selfs na Sa...
02/09/2026

Hierdie week staan ons stil by Genesis 24 waar ons sien hoe God aanhou om sy belofte aan Abraham uit te bou (selfs na Sara se dood) met die besondere verhaal van Rebekka en Isak. Dit is ‘n verhaal wat ons opnuut uitnooi om ook oor ons eie lewens na te dink as die plek waar God aanhou om hierdie belofte ook vir ons waar te maak…

Na ploegtyd en na saaityd,na onvermoeide vlyt,kom steeds die blye oestyddeur u goedgunstigheid.U stuur na koue winterwee...
01/09/2026

Na ploegtyd en na saaityd,
na onvermoeide vlyt,
kom steeds die blye oestyd
deur u goedgunstigheid.
U stuur na koue winter
weer lente met sy bloei,
die winde en die reën
en sonskyn wat laat groei.
Alle goeie gawes kom van die Hemelheer.
Ons dank U, Heer, ja, dank U, Heer,
en wil U daarvoor eer.

–Lied 461 vers 1

31/08/2026
31/08/2026

Gasvryheid is méér as om net die deur oop te maak. Dit is om ruimte te skep waarin iets nuuts kan gebeur. Soos Henri Nouwen skryf: nie om mense te verander nie, maar om ruimte te bied waar verandering moontlik word.

Johan gesels uit Genesis 18 oor gasvryheid as ruimte om weer mens te wees. Luister gerus na sy preek op ons YouTube-kanaal.

Ontvang God in die gewone mooi van elke oomblik.Maak plek, maak nes, skuif op en klouter oor.Hang ‘n swaai aan die boom ...
30/08/2026

Ontvang God in die gewone
mooi van elke oomblik.
Maak plek, maak nes,
skuif op en klouter oor.
Hang ‘n swaai
aan die boom van Psalm 1
En luister hoe die wilde voëls,
moeg gevlieg van heinde ver,
jou vertel van die reikwydte
van sy hemelse ryk.

e-Nuus van Moederkerk -
28/08/2026

e-Nuus van Moederkerk -

God is geneig om so in ons periferale visie te verskyn.  So onopvallend. Omdat hy ons juis wil uitnooi om deel van sy storie te word.  Hier by Mamre sit Abraham in ongemak, allermins gereed om besoekers te ontvang.  En dan loop 'n paar gaste verby.  Abraham skep die ruimte waar dinge kan gebeur ...

Address

2 Drostdystraat
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27218833458

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moederkerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Moederkerk:

Shortcuts

Share